Search This Blog

Tuesday, August 2, 2011

Elektriese traaisiekul

Mense met minstens 40 somers agter die rug sal die niks-nonsiens elektries-gedrewe, driewielfiets waardeer. 
Met die agteras toegeklik, ry die Biquattro soos 'n tweewielfiets, alhoewel 'n battery-gedrewe motor die trapwerk namens jou teen 22km/h vir tot 30 km ver kan doen - vermoedelik oor plat aarde. 
Wanneer die battery pap is, kan die fietsie ook getrap word tot by 'n normale 230 V muurprop. 
Aldus die ontwerper, Valentin Vodev van Pixstudio, in Vienna, laai die battery in drie ure
By die winkel gekom, vou die agteras uit om 'n 150 liter laaibak te ontbloot - dis grootter as meeste klein motors s'n!

Dis nou slim, nê?