Eerste indrukke is blywend en jou wiele sê als oor jou, maar laaste indrukke hou langer, en jou wiele sê dan als oor jou familie… Alwyn Viljoen betree die lewendige mark vir lykswaens
In Afrika is die laaste rit groot besigheid. In Ghana kerf lyksbesorgers op halwe skaal nabootsings van duur motors uit reuse stompe, en verf dit dan lewensgetrou voor die afgestorwene daarin geplaas word en met groot gejubel ter aarde bestel word.
Dit staan in stille kontras met Kroasië, wat in hul armer verlede onder kommunisme dikwels die nederige Renault Type 2 ingespan het om die ingebondelde oorlede party by die lykshuis te kry.
Nêrens is die laaste rit egter so winsgewend of mededingend as in Suid-Afrika nie – tot Venter sleepwaens het ‘n lang-as waentjie om ‘n doodskis mee te vervoer.
Onder lyksbesorgers geniet SsangYong egter nog die grootste markaandeel, danksy die
Stavic se lyne wat skynbaar doelgemaak is om ‘n somber, dog stylvolle laaste-indruk by
begrafplase te los.
Hennie Bekker, die baas by SsangYong SA, vertel die groep sit elke maand met ‘n hoop
Stavic stoele wat nie deur die kliënte gesoek word nie, want dis in die pad van die kis.
Die Stavic kos met al die stoele in plek R274900, maar die prys koop ook ‘n uitstekende
veelskakel agteras-opset en goeie diesel enjin wat enige dooie gewig familielid kan
verplaas.
In die Great Wall Motors-stal het Henri Meister, die baas daar, egter planne om die
Stavic met sy doelgemaakde Steed-lykswa by die begrafplaas te ontroon.
Teenoor die Stavic kos die GWM Steed lykswa ‘n skamele R149,990. Die prys koop wel
net GWM se 2.2 petrol enjin, maar agter in netjiese kajuit is gordyne en ‘n doel-geboude
vloer met rategedrewe rollers waarop die kis rus. ‘n Silwer handslinger draai die rollers
met hake aan die bakwerk vir ‘n ratelvastrekband om die kis in plek te hou.
Alle winsgewinde nismarkte bied lewendige kompetiese en die mark vir lykswaens is
geen uitsondering nie. Beide Stavic en Steed se styfste kompetiese is in die vorm van
gerekte onderstelle met dubbelasse. Lyksbesorgers koop enige model, maak nie saak of
die kajuit voor aan ‘n bakkie of ‘n limousine behoort het nie.
WerksWiele het met ‘n begrafnisondernemer wat anoniem wil bly gesels om te hoor
watter eienskappe in ‘n lykswa gesoek word.
Die Safas man het sonder aarseling geantwoord dat hy ‘n lang, lae bak en uitstekende
hantering vereis.
Die lang, lae bak kon ons verstaan, maar "uitstekende hantering" vir ‘n lykswa?
Die Safas man vertel toe hoe hy onlangs ‘n lyk uit Johannesburg in die Kaap moes
aflewer: “Dit was ‘n Moslem begrafnis en ons moes na ‘n lang dag se werk deurnag ry
om betyds in die Kaap te kom.
“Ek het die eerste skof tot net buite Bloemfontein gevat en my maat het geslaap.
“Ons het skaars sitplekke geruil toe slaap ek al. Intussen loop splash en dash my maat en doer in die badkamers plein ‘n jong Stellenbosch-student om saam te ry, hy gee nie om waar hy sit nie, al is dit
ook bo op die kis.
“By Beaufort gekom maak ons weer vol en ruil om.
"Nou weet ek mos nie van die student doer agter nie, al hoor ek sulke aardige snorke agter die gordyn.
“Ek steur my nie te veel daaraan nie, lyke is vol gas en ons almal poep nog lank na diedood.
"Maar hoe verder hoe aardiger, dit smaak my naderhand die man haal amper asem.
“Ek sit toe maar die radio aan en luister na Siele op Wiele en toe na Renske Jacobs se
spookstories. RSG is mos al wat mens in deur die Moordenaarskaroo opvang.
“Dit was net na sonop en ek was self half aan die slaap oppad deur die Huguenot-tonnel
toe daai verdomme student sy hand deur die gordyn op my skouer slaan en ‘n skor-
geslaapde stem vra, ‘Meneer, is ons al naby Helshoogte?’
“Ek het so geskrik ek kon nooit weer daai onderbroek aantrek nie en in die skrik het ek
so geswenk dat dit net Godsgenade was dat daai lykswa nie omgeslaan het of soos Lady
Di bloedstrepe teen altwee daai tonnel se mure gelos het nie.
"Lat altwee lewendige passasiers toe hardgenoeg gil om die dooie wakker te maak, had ook nie gehelp met my counter-steering nie.
“Toe ons uiteindelik ophou tol het daai lykswa se neus weer terug Johannesburg se kant toe gekyk. "Die laaste geluid was ‘n lang, onaardse kreun uit die kis.
"Wat opnuut niks goed vir die situasie in enige van die lewendiges in daai wa se onderbroeke gedoen het nie. Dís hoekom ek aandring op goeie hantering in ‘n lykswa… jy weet nooit wat gaan die verdomme passasiers aanvang nie.”
(First Published in Wiel magazine in 2008)