Reuse geel masjiene wat self in ’n steengroefmyn rondry klink
soos iets uit ’n Transformers fliek, maar talle sulke lorries werk al vyf jaar
by ’n Rio Tinto myn in die Weste van Australïe en selfs langer in die dun lug
van ’n koper-steengroef in Chile.
Komatsu het die robot trokke saam met Rio Tinto ontwikkel en noem dit
hul FrontRunner stelsel.
Die 15-meter lange robot trokke weeg elk 210 ton en kan ’n
loonvrag van 320 ton skuif.
By Rio Tinto het die robot trokke sedert Desember 2008 al
meer as 100 miljoen ton klip geskuif.
Elke robot trok word deur elektriese motors aangedryf. Stootskrapers stort
ongeveer 290 ton op ’n slag in die trokke se reuse laaibakke.
Die robot trokke gebruik dan presiese satelliet navigasie om die vrag
klippe deur die doolhof wat enige steengroefmyn is, te vervoer – als sonder ’n
bestuurder.
Om die stelsel self meer na wetenskapfiksie te laat klink, sit die
operateur wat die hele spul dophou meer as
’n 1000 km ver in Perth. Nie dat die operateur veel doen nie, want die hele
stelsel word automaties deur ’n kragtige rekenaar beheer, van die oplaai onder
in die myn tot die aflaai.
Rio Tinto mik om oor twee jaar 150 van die robot trokke op hul myne in
te span.
In Robotic Review sê James Petty, leier van Rio Tinto se Toekomsmyn projek, dat robottrokke die enigste uitweg vir hulle was omdat hulle projeksies gewys het dat Australïe binnekort nie genoeg ekstra-swaar trok bestuurders sou hê nie en dat die bestuurders boonop salarisse van A$120000 (Meer as R1.2 miljoen) vra.
In Robotic Review sê James Petty, leier van Rio Tinto se Toekomsmyn projek, dat robottrokke die enigste uitweg vir hulle was omdat hulle projeksies gewys het dat Australïe binnekort nie genoeg ekstra-swaar trok bestuurders sou hê nie en dat die bestuurders boonop salarisse van A$120000 (Meer as R1.2 miljoen) vra.
Petty sê dit kos Rio Tinto reeds meer as A$1 miljoen om ’n span bestuurders
van net een reuse trok te betaal, sonder om ekstra kostes soos behuising,
opleiding en vervoer na die afgeleë myne by te reken. Boonop wys die syfers van die afgelope vyf jaar dat
die robot trokke baie harder, veiliger en goedkoper as mense werk.
John Meech,
professor van mynbou by die Universiteit van British Columbia, maan egter dat
sulke sente omdraai nie die grootste dryfveer is om robot werkers aan te stel nie.
“Veiligheid is
die hoof rede. Tot vier bestuurders van die reuse trokke sterf jaarliks omdat
hulle agter die stuur aan die slaap raak.
Dit is ’n vervelige en daarom gevaarlike werk wat liefs deur robotte gedoen kan
word.
“Die robotte
werk ook tot drie ure langer per dag, wat produktiwiteit opstoot,” het Meech
aan Robotic review vertel.
Komatsu sê hulle stelsel verhoed botsings met ander voertuie – iets wat
verassend baie op steengroewe gebeur – en die robotte kan in omstandighede werk
waar mense dit nie kan hou nie, of dit nou in Chile se dun lug of Australïe se bakkende
woestyne is. (Published in Die Beeld and Die Burger during September)