Search This Blog

Wednesday, February 5, 2014

Sakpas taxi trio

Toyota's Sesfikile rules the streets, but now
faces a tag team of taxi-busses from China.
Sakpas taxi trio
Danksy stellings soos “spaar R100,000 op ’n soortgelyke taxi”, kyk al hoe meer mense met nuwe oë na die Sjinese minibussies.
As dit by mense skuif kom, sê taxi base algar dat die Toyota Sesfikile al die standaarde stel, beide met hul diesel en petrol enjins.
Maar is die Toyota bussie, wat deesdae in Prospecton, KwaZulu-Natal aanmekaar gebout word, regtig soveel beter as die Sjinese nuwelinge?
Die Burger het sy lyf taxi-koper gehou en gaan wiele skop om uit te vind.

Die mededingers
Twee Sjinese 16-sitplek minibussues baklei tans die hardste om kopers van die twee Sesfikile modelle af te rokkel. Hulle is Bejing Auto Works (BAW) se Springs-saamgevoegde Sasuka 2,7 petrol; en Maxus se volledig ingevoerde V80 2,5 turbodiesel.

Hulle pryse
Toyota vra R312,100 vir die 2,7 VVT Sesfikile petrol model, en vanaf R15,500 meer vir die bewese 2,5 D-4D diesel enjin.
Die BAW se 2,7 Sasuka kos R299,990, en die Maxus V80 2,5D kos R329,900.
BAW handelaars roem dat hul Sasuka egter met “R70,000 se standaard ekstras” kom en alhoewel die BAW diesel effens duurder as Toyota se D-4D taxi is, het die Sjinees meer krag en spasie.

Enjins
Al drie taxi het vyfgangratkaste, maar die BAW het die sterkste enjin onder die trio taxis, met ’n diesel wat 100 kW teen 3,800 rpm en 330 Nm vanaf 1,800 rpm maak.
Hiertoonoor maak Toyota se diesel 75 kW teen 3,600 rpm en 260 Nm tussen 1,600 en 2,400 rpm.
Tussen die twee petrol enjins gee Toyota se palwisselende kleppe meer krag teen laer toere as Beijing se effens outydse vier-silinder. Die Japanees maak wat 111 kW teen 4,800 rpm en 241 Nm teen 3,800 rpm gee en die Sjinees maak 110 kW teen 5,200 rpm en 235 Nm teen 4,000 rpm maak.

Waarborge en dienste
Op die oog af bied BAW die beste pakket, met ’n twee-jaar/100,000km waarborg en ’n twee-jaar/200,000km diensplan.
Taxi base weet egter dat vervaardigers se diensplanne duur is, en verkies daarom om self hulle taxis goedkoper te diens. Dus bied Toyota net ’n drie-jaar/100,000km waarborg.
BAW se waarborg dek die kortste afstand, twee-jaar/60,000km waarborg. Al drie taxis het 10,000 km diensintervalle.

Ekstras
Lankal verby is die dae toe Toyota nog naam moes maak met allerhande ekstras. Deesdae lys Toyota trouens dinge soos ’n waaier, sigaretaansteker en spaarwiel. Hierteenoor het die Maxus onder andere lugreëling, ’n MP3/radio, LED dagligte en elektriese vensters voor.
Die Maxus is egter amper spartaans ingeklee teenoor die Sasuka, wat met ’n satelliet-opspoorder kom ,’n GPS vir die bestuurder bied, en as die ses-luidspreker klankstelsel nie genoeg klank bied nie, is daar ’n DVD speler met ’n 15,4-duim skerm vir die passasiers.

Die toetsrit
Om ’n Sesfikile op die pad te ervaar is so maklik as om vinger in die lug langs die pad te staan, in die eerste Sesfilile wat stop te klim en dan die bestuurder te vra hoe gelukkig hy of sy met die wa is.
Vir ’n BAW moet mens bietjie meer soek – die minibus word wel landwyd deur meer as 40 handelaars verkoop, maar die handelaar is ook tipies die dorp se top tweedehandse-voertuigverkopers wat ingestem om die bussie aan te koop. Omdat top verkopers weet wat klante soek, is daar geen probleme as jy ’n toetsrit wil maak nie.
Maxus verkoop deur 12 Mandarin Motor handelaars wat elk soos Sasuka verkopers ook verskeie ander voertuie verkoop, maar daar eindig die ooreenkomste. Ons kon oor drie weke in Desember nie daarin slaag om meer te doen as om net in die Maxus te sit nie.Dalk was dit net die vakansie-naafgeit, maar ten spyte van afsprake namens die koerant gemaak, was die Maxus se verkopers telkens onvoorbereid om die bussie op die pad te vat. As verkoopsbaas het Spaull self sederdien beloof om werk te maak van sulke swak diens by Maxus se herverkopers.

Watter een om te kies?
In Suid-Afrika is daar net twee soorte bakkiebestuurders, die in ’n Hilux en die in “ander bakkies”. As jy onder eersgenoemde groep val, is die Sesfikile al taxi vir jou. Die aandryfstelsels is nie die kragsitgste nie, maar jy kan gerus wees in die wete dat nie eers Santaco se manne dit oor milijoene kilometers se daaglikse harde ry kan breek nie.
As jy meer ruimte en krag soek, kies die Maxus – mits jy natuurlik ’n handelaar kan vind wat een aan jou wil verkoop.
Vir mense wat ’n saamryklub wil begin, wyl brandstof nou al R14/liter draai, is die Sasuka al opsie, met vermaak vir die pendelaars klaar ingebou.

Die stryd vir taxi base se harte
In die geveg vir die taxi base se beursies hou die taxi bemarkers niks terug nie.
Nadat taxi base gekla het die ou, 14-sitplek Sesfikile het twee sitplekke te min, het Toyota Suid-Afrika dit reggekry om Japan in rekord-tyd twee esktra sitplekke te laat inbou sonder om veiligheid in te boet en boonop die materiaal bekleedsel met meer duursame plastiek vervang.
In die proses kan die 16-sitplek Sesfikele se agterste bank nie meer platslaan nie en die kopstutte het in die slag gebly, “maar beide is onnodig in ’n minibus toepassing” het Andrew Kirby, Toyota se senior visie-president van verkope en bemarking in 2012 gesê.
Kort na die nuus het die SA Nasionale Taxi Raad (Santaco) se hoofuitvoerende beampte Nkuleleko Buthelezi aan sisterkoerant die Witness vertel dat hy Santaco se lede aangeraai het om nie die Sasuka te koop totdat daar waarborge is oor die bougehalte en beskikbaarheid van onderdele nie.
Omdat nege uit 10 taxi base in SA aan Santaco behoort was daar selfs berigte dat die Sasuka nie meer in Springs gebou sou word nie.
John Jessup, BAW se hoof van verkope en bemarking, moes vinnig vure doodslaan om die versekering te gee dat die planne om die Sasuka in Springs te bou, voortgaan, en dat die wa steeds met baie standaard ekstras kom, soos DVD speler en ’n GPS.
Dit als in ag genome, het Maxus & Maxus SA laasjaar sommer van meet af alles ingegooi om Santaco te imponeer.
Marc Spaull, handelsnaambestuurder vir Maxus, het TaxiChoice se hele uitvoerende kommitee Sjina toe gevlieg sodat hulle self kan sien hoe die eertydse Engelse handelsnaam aanmekaar gesit word. TaxiChoice word besit deur die trusts van Santaco se eienaars en werknemers en die besigheid se mandaat is om ’n lys van voertuie en handelaars vir die taxi base aan te beveel “om die verbruiker te beskerm”.
"Ons het die uitvoerende kommitee vir vyf dae Sjina toe gevat en die Maxus se produksie asook enjin fabrieke by Shanghai Maxus Commercial Vehicles te wys,” vertel Spaull.
Hy vertel die Taxi Choice se uitvoerende kommitee was rerig beïndruk met die moderne monteerlyne. "Shanghai maak meer as vier miljoen voertuie ’n jaar. Die maatskappy word 100 % deur die regering besit en het ook ’n 50%-aandeel in General Motors en Volkswagen se plaaslike groepe,” sê Spaull.


Published in Die Burger motoring supplement 30 Janaury 2013