Search This Blog

Tuesday, February 25, 2014

Transcript Radio Overberg 26 Feb

A different type of roofed scooter design in China
The weekly Wheels talk covered 
Chinese vehicles: 
- how cars that are high powered on paper still turns out to be low powered on tar, like Nissan used to do with their marketing in the 80s 
- the good bakkies from GWM, good small lorries from JMC and the really impressive Thunda bakkie from Foton;
- the nicely priced big trucks from FAW and their horrible little 20-seater bus, which had the A pillar in the middle of the driver's door, forcing the driver to contort like a pole dancer to get in; 
- The petrol price going up again, and the pros and cons of liftclubs vs riding a bike;
- The safest bike being BMW's discontinued C1 and why BMW stopped making it;
- Lotus's new C01 steampunk superbike; 
- Steampunk design;
- and finally, how the Biblical "all that is, was before" is also true in transport, especially for automated driving - remember how the horses found their own way home - pulling the spyder?
Music for the weekly show was Sunida De Beer's 'Moenie My Laat Wag Nie' (don't make me wait) and Lenny Kravitz's 'Black Velveteen'. 


Ons praat vandag oor Sjinese karre, 
- die petrol prys
- nuwe motorfietse van... Lotus nogal? en, 
- hoe als wat nuut is, al was in die kar wêreld.
Alwyn, die Sjinese karre, kan mens dit al waag om een te koop?

More sê aan almal, die wat kan.
Oor Sjinese, as jy van van spoed hou, dan liewes nie.
Hou jy meer van spaar as spoed, dan verseker ja.
Dan is die vraag, soek jy kar of soek jy dubbelkajuit?
Twee van die Sjinese bakkies kan ek met 'n geruste hart aanbeveel
en een begin my beindruk
Hulle is:
Great Wall Motors;
Foton;
en JMC
Die GWM en Foton is die bakkies wat ek met ‘n geruste hart kan aanbeveel. 
Oor Great Wall se nutswaens, die H5 en H6 turbo diesels, is ek egter nog neutraal.
Die kajuite het als, maar die turbo se stutrempel is so hoog soos in ‘n Navara, en vir julle wat nie goeie Afrikaans ken nie – dis erge turbo lag daai.
Maar GWM het wel hulle eie handelaars regoor SA, en dis wat mens wil sien as jy by ‘n groep ‘n kar wil koop.
Foton het nie hulle eie handelaar nie,  maar die Thunda bakkie met sy Cummins enjins is ‘n MENEER bakkie hoor.
Cummins is Amerikaanse turbo diesel kundiges, ek het hom getoets op Bosch se dinamometer en die wa maak meer krag as wat sy papiere vertel.
Dan die bakkies en klein lorries wat my al hoe meer beindruk die van Jee eM Cee.
Die ouens verkoop ook nie uit hul eie winkels nie, maar hulle handelaars is meestal die beste tweedehandse kar verkopers in die dorp en hulle maak goeie pryse op die nuwe JMCs.
Vragskuiwers kan gerus ook na JMC se klein lorries kyk, veral hul tippertjies - dit het die grootste turbo diesel onder die vier platbak lorries van Tata, Daihatsu, Kia en Hyundai, en die mense vertel goeie dinge.
Al die Sjinese volg natuurlik in die spoor van First Automotive Works, of dan Eff Aah Wee, hulle bou binnerkort doer onder in Kuga van baie lekker voorhakkers teen lae pryse, tot die goorste bussies wat ek nog poog inklim het.

Vertel bietjie meer van FAW se goor bussie?
Man Carike, ja.
Ek het op 'n stadium'n 20-siplek FAW bussie gery en die ding se B-pilaar is in die MIDDEL van die bestuurder se taamlike hoë deur, met net so 'n voet se spasie aan weerskante. Mens kan van binne af oor die enjin huls na die bestuurder se stoel kruip, maar as die enjin mos warm gery is, brand dit. 
Dan moet mens moet maar buite op die trappie klim om jou bene en bolyf behoorlik soos 'n paaldanser om daai A pilaar te vou om verby die versperring te wikkel.

Ek sidder as ek dink jy hou jou lyf paaldanser, so ek wil jou eerder terug bring na die passasiers motors. As ek die pryse en specs so kyk, bied die Sjinese darem baie gadgets en knoppies vir die prys, maar gaan die motor hou as ek hom koop?
Mense wat krag uit 'n enjin soek moet liefs verby hou.
Wat die karre betref, lyk die Newtons en kilo-Watts baie indrukwekkend op papier,
maar op die dinamometer sien mens heelwat minder daarvan.
Dis omdat die Sjinese dieselfde bemarkings truuk trek as wat Nissan in die jare tagtigs getrek het, hulle toets die enjin se krag op die vliegwiel as hy daar in die fabriek op die toetstafel gemonteer staan. 
In die motor self is daar baie meganiese verliese tussen vliegwiel en die wiele op pad,
en ek moet nog in 'n Sjinese passasiersmotor ry wat voel of hy die krag het wat die papiere beweer.
Maar as die tipe mens is wat NIE elke week regsit om na ons twee op die Wiele program te luister nie, is die Sjinese passasiers motors allig 'n goeie aankoop vir jou.
As jy egter die tipe luisteraar is wat weet daar is 'n nuwe Golf R en boonop waarvoor die R staan, gaan die Sjinese passasiersmotors jou nie laat glimlag nie.
Ek meen hulle bou tans karre vir die 8 uit 10 voertuigkopers wat net in redelike gemaklik tot by punt B wil kom.
Dis nie petrolkoppe se karre die nie.

Gepraat van petrolkoppe, wat wil jy vertel oor petrol ... en sê asseblief die prys kom af?
Jammer om die draer van slegte nuus te wees, maar die AA waarsku dat die wisselkoers en die winter in Amerika sal maak dat ons volgende maand allig, stellig, en wellig weer 'n paar sent meer gaan betaal.
Teen die pas gaan ons vanjaar vroeër as wat selfs ek in my doem professïe voorspel het, R14 'n liter betaal.
Dit beteken natuurlik nog duurder vir ons wat hier ver van alles af woon,
want die petrol prys word in die hawe bepaal
en klim dan elke paar 100 km 'n paar sent om te betaal vir die lorries wat te moet aanry.

R14 'n liter - ek dink al ons luisteraars het nou dieselfde vraag, hoe gebruik mens minder brandstof?
Man, dis amper soos die 12 steps van die ander AA, dis nou Alcoholics Anonymous, nie die Automobiel Assosiasie nie, nê?
as jy minder brandstof wil gebruik, is die eerste stap om te erken dat ons is, as 'n samelewing, verslaaf aan brandstof.
Ons kan letterlik nie ons huidige lewenstyle sonder brandstof leef nie.
Nou kan jy soos 'n funksionele alkolis vrede maak daarmee en elke dag vir jou paar liter betaal, dis immers nog baie goedkoper as koffie en whiskey.
Of jy kan jouself aan 'n groep mense met dieselfde probleem gaan voorstel en plan maak om 'n saamry klub te stig.
Veral mense wat in ons buurdorpe werk, kan gerus die voorbeeld van een van my neefs doer in Heidleberg volg.
Hy bly so 60 km van sy kantoorjob af, en het lank terug nie net 'n saamryklub begin, maar 'n beslote korporasie gestig, 'n taxi gekoop, en vir die versekering het elke lid die openbare bestuurspermit gekry.
Die sitplekke op die bussie is die klein besighied se "aandele", en daar is trouens vandag lede van die klub wat meer as een sitplek besit en dan uithuur aan ander passasiers.
Die grootste probleem van saamryklubs is dat die bussie vir niemand kan wag nie - en daar is elke week iemand wat laat is. 
Die laatkommery en gewag maak verskriklike onmin tussen mense, so my persoonlike aanbeveling is eenvoudig, bly onafhanklik en ry motorfiets.

Kom ons maak bietjie musiek, wat het jy saamgebring?
'n Lang been sangeres doer uit Pretoria wat sover ek weet net een kompaklaserskyf bekgendgestel het. Sy is Sunida en sing in sing: "Moenie My Laat Wag Nie". Spesiaal vir vir almal wat al ooit in ‘n saamryklub vir ‘n lid moes wag.

Dit was Sunida se "Moenie My Laat Wag Nie", ons gesels met Alwyn Viljoen oor saamryklubs en hoe die gewag vir mense onmin kan maak as mense langer moet werk. Met my werksure kan ek nie saam klub nie en is 'n motorfiets dalk nog my voorland. Het BMW nog daai motorfiets met die dak oor?
Die C1? Nee, hulle verkoop hom nie meer nie. Maar jys reg, as mens vir die Kaapse winter 'n motorfiets moet koop, is die C1 die regte fiets.
Nie net het die motorfiets 'n dak nie, daar's 'n windskerm met 'n ruitveer en 'n soort van 'n rolraam met 'n sitplek gordel. BWM het met die bekendstelling vertel die C1 is so veilig soos 'n motorkar in 'n botsing. 
Maar dis SONDER 'n helmet op nê?, want mens wil nie 'n swaar kletterpet om mens se kop dra terwyl mens se bolyf deur 'n sitplekgordel vasgehou word in 'n botsing nie. Met genoeg momentum kan die helmet se gewig alleen mens se nek afruk.
Maar sonder 'n helmet is BMW se gedakte skoeter verseker die veiligste motorfiets.

Nou hoekom het BMW opgehou om die C1 te verkoop?
Die goeie nuus vir jou is daar is nog heelwat van die C1 te koop in die Kaap,en teen tweedehandse pryse. 
Maar nuut was die C1 motorfiets eenvoudig te duur vir die nie-tradisionele motorfietskopers op wie die C1 gemik was,
en die tradisionele motorfietsryers het nie belangestel in wat hulle as 'n veilige skoeter met 'n gomma-gomma sitplek beskou het nie. 
Die hardebaard manne met die dik leerbaadjise wil mos koel wees in murg en been,
en sal eerder “organ donors on superbikes” genoem word, as om lewend op 'n skoeter gesien te wees.

So praat 'n man wat 'n elektriese skoetertie ry - maar jy het vroeër genoem Lotus - van alle name - het nou ook 'n motorfiets?

Hun baaaja mooi ene ja. Dis 'n sogenaamde superbike waarvan die hardebaard ouens met die dik leerbaadjies baie sal hou.
En net om dinge te verwar is die superfiets se naam die C nul 1, amper soos BMW se C1
Maar die koel fiets het niks ooreenkomste met BMW se gedakte skoeter nie. 
Dit kom met 'n honderd-nege-en-veertig kilo-Watt, V-twin enjin en op die oog het die fiets rerig lieflike moderne interpretasies van outydse lyne wat deur die een van die fliekwêreld se top Steampunk ontwerpers,
'n man met die naam Daniel Simon, ontwerp is.  
Lotus gaan egter net 100 van die superfietse maak, en mik om dit net aan versamelaars te verkoop.
Die pryse is nog nie bekend is nie, maar dit gaan verseker die oge laat traan. 

Ek sal maar vir BMW se tweedehandse C1 uitkyk dankie, maar wat op aarde is Steampunk?
Dis 'n fees op die oog manier om iets wat nuttig is, ook outyds-mooi te verpak. 
Steampunk-ontwerp dek als, van kombuistoerustig tot bolyfiesr tot, wel, Lotus se nuwe motorfiets.
My gunsteling Steampunk ontwerp is 'n kerkorrel wat in 'n rekenaar omskep is,  
want in wese mik Steampunk aanhangers om vandag se digitale toerusting te verpak in Victoriaanse materiale,soos koper, rare houte, leer, ivoor en selfs kant. 

Ek onthou in my jeug toe punk hare in was. Om te dink ons het met kos-kleursel ons hare blou gemaak en dan met suiker laat regop staan. Wys jou net, soos die Bybel seg "als wat is, was al gewees". Is DIE Bybelse waarheid ook op karre van toepassing?

Dis VERAL op karre van toepassing. 
Ferdinand Porsche se eerste kar was elektries, en hy het die honderd en sestien jaar terug gebou.
Die wa staan nou na baie dekades in 'n skuur in Austria weer in Porsche se museum.
Hul spog dat baie van die agtien-ag-en-neentig tegnologie in die eerste Porsche nog steeds modern is.
Maar dis 'n feit, daar was in die einde van die 18e eeu meer elektriese karre as voertuie met binnebrand enjins.
En na die tweede wêreld oorlog het almal pieklein karretjies gebou met 1 liter enjins gebou, soos wat nou weer gebeur.
En natuurlik was vinniger sterker motorfietse nog nooit uit die mode nie.

Nou gaan ek jou uitvang - karre wat hulself bestuur - die is sekerlik nuut?
Ha, ek het twee woorde vir jou - ou perd.
Ek meen nie jy nie, ou perd, maar 'n rerige ou perd.
Ons grootjies kon 'n ou perd aan 'n spider perdekar hak, dorp toe gaan en dan die perd self laat terug loop huis toe.
En as die grootjie 'n vaste roetinie gehad het, het die perd gou geleer waar om te stop en hoe laat om weer aan te gaan.
So ja, daai Bybelse vers oor als wat is wat al was gewees,  is ook waar vir tot perdekarre.

So praat Alwyn Viljoen, ons trokdrywer en nou teologiese skrywersvriend, soos altyd met unieke wiele nuus wat jy net hier op Overberg sal hoor. Alwyn, met watse wiele-lied speel ons uit?

Ek bring graag hulde aan Lotus se Steampunk motorfiets, en mynsinsiens is daar net een lied wat by die motorfiets EN op Overberg se lekker speellys pas: Lenny Kravitz se "Black Velveteen". Die man speel mos al sy intrumente self en skryf sommer sy eie woorde ook en meng dan alles digitaal saam in polsende lekker klanke. Luister net hoe hy vertel die satyn-swart mean masjien is altyd reg om te dans.