Search This Blog

Tuesday, May 13, 2014

Radio Overberg précis

Lockhead Martin's trailer-based high energy laser
that can take missiles out of the sky and ships out of waves.
The talk covered
- French 5-year study showing correlations between 15hr/month cellphone use and cancers;
- laser lights and laser defence systems, from Audi, BWM and Lockhead Martin;
- a call to strictly regualte 4x4s in conservations areas based on findings of a new study; and
- the weekend's racing at Knysna hillclimb with Evo vs GT-R and in Mpu at the crosscountry around Malalane, the Rangers vs Hilux.

Harlike hallo -- daai Abba liedjie se "hasta manjane" beteken mos "sien jou môre", en ek is so laat vandag amper het julle my ook eers môre gesien.


Ja ons bel en soek op al wat 'n foon is en dog jy is vandag MIA.
Man, lees ek mos gister 'n nuwe Franse 5-jaar studie wat korrelasies gevind het tussen mense wat 15 of meer ure 'n maand op hul foon is, en allerhande brein kankers en groeisels, en toe vergeet ek terstond my net daar. So foonloos is mens mos baie gesonder.

Maar hier is jy nou, so, Alwyn, vertel wat maak jou so opgewonde oor laserligte, die goed is mos lankal in discos?
Mense wat voor die lorrie insny en dan briek, kyk...
Audi se R8 het nuwe laser ligte, 
BMW was eerste met die, al in 2009 begin en laasjaar ingesit.
Maar Lockhead Martin se Adam laser wat op die Hel stelsel gebaseer is, daaars die ding wat ek soek.
Staan vir Area Defense Anti-Munitions and is Lockheed Martin’s high-energy laser (HEL) system

Nee dit klink nou iets uit 'n Star Wars fliek die - is daar regtig 'n sulke laser? 
Lockhead het laas week gewys doer in die Stille Oseaan gewys hoe die lasers 'n skip uit die water blaas, en laasjaar hoe Adam 'n missiel uithaal. Die lasers kan tot 'n klomp koeëls uit die lig skiet, want onthou, hoë-kaliber koeëls beweeg maar net so twee keer die spoed van klank, maar lasers beweeg meer as agthonderd ses en sewntig HONDERD duisend keer vinniger as klank, so die lasers het baaie tyd om al daai stadige koeëls uit die lug te blaas.

Kom ons raak vreedsaam en gesels oor die blomme en plante - wat is die nuwe studie oor viertrek motors?
Die onderwerp is amper so geweldadig - net baie stadiger. 
Dr Gerhard Nortjé wat sy tesis oor grond by Tukkies se wildlewebestuurs sentrum doen, het doer in Pafuri in die Kruger Wildtuin 'n gameviewer vol sakke sand gelaai en dit toe oor die veld gaan ry en daarna gaan meet watter impak die vier ton wa se wiele op die grasse en gronde het as jy van die pad af agter wild aanry.

Nou ek kan my indink dat die wiele die grond nogal plat rol, maar die wiele is mos meestal sag vir sandry en die ouens jaag mos nie - hoeveel skade kan mens dan maak?
Minstens 40 jaar s'n. Saampersing keer plantegroei en dit maak weer allerhande soorte erosie vinniger, van wind tot water.

Nou hoe nou gemaak - kan mens darem nog 4x4?
Ja, maar bly op die spoor voor jou. Cronjé sê juis SanParke moet dringend hulle riglyne verander om hierby aan te pas, want tans meen die parkemanne dis beter om nie oor die spore van die man voor jou te ry nie, maar eerder 'n nuwe pad te trap. Beste is om op 'n kruiptrekkerwiele te ry, soos onder sneeuponies of oorlog tank. Omdat die gewig oor so 'n wye spoor versprei, trap 'n tipiese 7 ton kruiptrekker ligter as 'n mens op sneeu en natuurlik grasse.

Daar 'n klomp mense wat die naweek verseker nie in mekaar se spoor wil ry nie, en die die renjaers in Knysna en doer in Malelane. Kom ons begin by Knysna, wat is die hillclimb?
Jaarlikse ren, maar 2013 nie, nou Jaguar geborg
veteraan motors op Vrydag sal skouspel wees
Saterdag egter die groot ene, met vorige kampioen Jade Gutzeit van ort Shepstone in Evo teen 'n klomp Nissan Gee Tee Erre.

Jy sê nou "jaag", maar daai ou karre wat die ouens Vrydag ry is mos peperduur en baie skaars,so hulle sal seker eerder 'n stiptydsren doen?
Ha a! julle jaag! En dit doen sommer die hart goed om te sien hoe veral die ou Jaguars hulle bene weer rek.

En die ren doer in die noorde by Malelane - wat is die Nkommati 400?
Dis amptelik die veldren, maar nie-amptelik is dit oorlog tussen die Rangers wat doer in Pmb gebou word, en die Hiluxe wat in Midrand aanmekaar gesit word.
In Mooi Rivier laas maand het die Fords onnder renmeester Neil Woolrdige na baie lang wag in hulle agterplaas gewen gewen, maar Toyota se renmeeste Glenn Hill sê sy bakkies en jaers is reg vir die slag van Nkomati - hulle wil die keer niks blou op die podium sien nie, net Toyota se rooi.
Wel, ons hoop die manne jaag op die veldpaaie laat hulle nie die plantegroei vir 40 jaar beskadi met nuwe wielspore nie. Op daai noot speel ons uit met Anton Goosen se Kruidjie roer my nie