Search This Blog

Wednesday, June 11, 2014

Radio Overberg précis

The new Nissan Patrol copes easily with 2,5 tons of grass, but...
This weekly programme talked about: 
- plants and leaves in cars, from oils to Ford's 2-year-old venture with Nike and Coca-Cola and Heinz to make cellulose-fibre plastics;
- truckers favourite truck at the MAN TSG 26.4040, and 700 jobs for drivers; 
- the things hard-core 4x4 drivers won't like on the Nissan Patrol.

Daar stop hy nou, en in sy vonkpos laatnag het ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen, genoem ons praat vandag oor al die voordele en gevare van plante en blare in karre, dan die lorriedrywers se trokkeuse by Barloworld en wyl ons op groot wiele is, het Alwyn uitsluitsel op die debat oor die nuwe Nissan Patrol. Alwyn, plante en blare en karre... as ek moet raai dan is dit olie wat jy oor praat?

Kyk hoe uit die boks dink jy nou, nee ek het letterlik plante en blare in gedagte. Veral die wat die tyd van die jaar in karre wat onder bome geparkeer staan, se enjins openinge opeindig -- soos in daai groot gapings tussen die City Golf so enjin kap en die voorruit. As mens ver ry, word die blare warm en skep 'n brandgevaar. En hier kom  jy met olies uit -- maar dis ook mos blare en takke van miljoene jare gelede? 

Ja, 200 miljoen jaar terug, toe die naaldekokers so groot soos valke was omdat alge en plante glo vreeslik baie suurstof gemaak het, maar jy sê dis nie olie wat jy van wil praat nie. 
Die kurfballe bly net kom vanoggend. Nee, ek wil oor al die soorte plante wat deesdae ondersoek word om plastiek te vervang praat -- maar voor ek doen, moet ek eers weer benadruk, olie is jou voertuig se bloed en hoe beter skoner jou olie is, hoe beter gaan dit smeer en hoe minder wrywing en uiteindelik brandstof sal mens gebruik.

Wyl ons nou oor so 'n smerige onderwerp praat, wanneer gaan loodvrye petrol nie meer beskikbaar wees nie, en wat maak mense meet ou karre dan?
Nugter alleen weet wanneer die petrolmaatskappye finaal-finaal loodvervangingsbrandstof gaan stop.
Tans maak bykans 'n derde van die voertuigmark in Suid-Afrika nog by rooi pomp vol, of soos hul, sê: "gooi Coca-Cola, nie Cream Soda".
Wat gemaak as daar nie meer petrol met 'n middel wat lood na-aap, te koop is nie? Die kort antwoord is: "Moenie worry nie".
As duimreël is die groot probleem vir ouens soos ek, wat graag 30-jaar-oue modelle ry (dis nou bakkies nê), dat die kleppe sawwe voete het wat ewe sagte metaal sokkies soek om te keer dat dit klep se toonnaels nie stukkie vir stukkie afslaan teen die silinderkop nie. En wyl baie maatskappye baie wilde bewerings maak oor hulle bymiddels, moet luisteraars wat vervangers vir uiters giftige loodsokkies soek, op die botteltjie gaan lees of daar staan: "aktiewe bestandeel" en dan of potassium, of fosfor, of mangaan (dis nou maan-gaan-nees in Ingils). Indien nie, hou verby en gat sit sommer ander kleppe in.
Luisteraars wat hulle modelle effens jonger soek, dis nou in die 90s gebou, en nie 140 km/h teen hoë toere handhaaf nie, nie juis te kommer nie -- vanaf die middel 80s al het voertuie kleppe met harder voete as my ou Cruiser s'n en die loodvrye petrol sal hulle nie seermaak met die daaglikse pendel in tweede en derde rat nie. Maar as jy die lang pad in jou veteraanwiele vat en beplan om langer en vinniger te ry, gooi vir gemoedsrus maar daai botteltjie bymiddel in. 

Nou het ons al oudergewoonte goed afgedwaal van die ondwerp, vertel van plante in karre? Soos jy altyd sê, net hier op Overberg bring ons van reuse naaldekokers tot karre als bymekaar. Plante in karre... Drie reuse Amerikaanse maatskappye, Ford, Nike en Coca-Cola is nou al twee jaar besig om saam met Heinz tamatie sousmakers te kyk hoe om tamatie skille en tamatie pitte in 'n honderd persent "plant plastiek" te maak, en dit lyk of die navorsing nou na 'n punt toe staan.

So een van die dae kan jou kar tamatierooi plastieke hê -- maar daar is mos lankal ander plante, ek onthou nou rys stingels, wat vir dinge soos klankdigting gebruik word?
Jy is reg, Ford's vertel hulle is besig met agt sellulose vesel bronne soos rys en kokosneute en katoen en soja wat in als van fibraise demping tot sitplekke ingespan word. Saamgepersde vesel van bamboes word ook tans ondersoek vir die sypanele van voertuie en natuurlik is al hoe meer fietsrame vword heeltemal met bamboes stokke gemaak. Die bamboes manne se die takke is natuurlike skok en vibraise dempers. 

Kan ek pedanties wees en jou regstel  -- die bamboes halms -- nie takke nie.
Jy's alweer reg, bamboes is mos 'n gras, soos mielies en suikerriet en koring en rys, nie 'n boom nie. 

Net hier op Overberg -- plantkunde en karre als in een. Watter lorrie hou jou kollegas die meeste van?
MAN se TSG 26.4040, en hulle het laas week op grond van die bestuurders se keuse sommer R300 miljoen rand se lorries gekoop.

Ai, om darem sulke begrotings te hê, nê? Is daar genoeg drywers om al die lorries te ry?
Daar is baie drywers, maar nie genoeg bestuurders nie. 'n Drywer is mos 'n ding in 'n toilet wat nie goed spoel nie. Barloworld soek tans 700 bestuurders. 

Dis goeie nuus vir baie van ons luisteraars -- waar kan hulle aansoek doen?
Luisteraars wat met swwarvoertuigliksense kan hulle bel op 083 333 333 9, maar moenie eers die oproep mors as jy nie DIE volgende vyf dinge het nie:
• oor 23;
• 2 jaar ervaring;
• geldige "professional driver’s permit" of dan prdp;
• 'n SA ID of werks visa;
• en aansoekers met 'n kriminele rekord, moet in Ingils "acquitted" of onskuldig wees.
Bestuurders wat al vyf die dinge by die hek kan wys se probelem begin dan eers. Want dan moet hulle 'n link mooi reguit vir 200 meter gaan reverse, en as jy moet vra wat is 'n link, moet jy nie eers aansoek doen nie.

Dis moeilik nê, ek moes in die Army die goete doen en dis anders as in 'n kar. 
In die Kaap kom net 12% van die ouens die toets deur -- in KZN waar die getalle biejite grootter is, net 7%.

Kom ons herhaal sommer nou die nommer vir die bestuurders wat kan?
08 trippel 3 trippel 3 9. En ek wil sommer 'n lansie breek vir die nuwe maatskappy van Barloworld en Manline -- die ouens het 'n loopbaan vir bestuurders geskep. Jy begin met 'n basies van so R7500 met om die pot ry, en dit verdubbel as  jy oor grens ry en dan staandie ouens nog meer te maak met die sg hazchem aflwerings -- dis nou die tanks vol petrol en chemikalïe en so.

En laastens, die Patrol versus die Cruiser?

Het nou 2 en 'n half ton met die bakkie gesleep en gedra, die brieke is lekker en kajuit ruim, maar pakplekkies skraps en daai turbo maak eers behoorlik krag na 2,1 rpm. 
Die is egter goete wat maklik is om te oorkom. 'n Probleem wat moeliker reggemaak sal word, is die oliepan. Sit 'n paar lywige manne in die kajuit, en die olie pan sak verby die stabiliseer arm -- wat self ook maar aan die dun kant is. 
Maar die ergste is die lugpypies waarmee die enjin asem kry. Die pypies draai laag onder die onderstel neffens die oliepan. As iemand 'n lus wou maak om takke mee te vang kon hy dit nie beter gedoen het as met die lugpypies nie -- en nadat iemand anders oor bosse getru het, was twee rubber pypies wat die kurwe maak netjies losgetrek. Dit meen as die Patrol se oliepan skielik afkoel in water, sal die pan lug suig van 'n punt wat selfs laer as die oliepan is. 
Vir die wat wonder hoe werk lugpypies is, dis daar om die groot veranderinge in lug volumes te balanseer. As mens met 'n warm enjin in water inry word die lug vinnig koud en die volume proporsioneel kleiner. Dit meen die pan het nou 'n halwe lugleegte en moet lug van êrens af insuig. As daar nie lugpypies is nie gaan hy tot 'n kwart koppie water in die olie intrek. 
Wie ookal die Patrol se pypies so laag onder die onderstel, nogal met rubber pypies gaan monteer het, vra dus vir moelikheid wat kon bly. Of soos een mechanic wie se tweede opinie ek oor die kwessie gaan inwin het, dit gestel het, "die ontwerp van daai pype was nou 'n regte brainfart oomblik". 

Maar jy vertel dis nie die ergste wat daar oor die Patrol gesê word nie. Wat is die erge ding?
"Dit lyk dan soos 'n ou Tata", het ek uit verskeie oorde gekry. Wat die Patrol se goeie sleepvermoë en langer dienste en ruim kajuit ten spyt, waarskynlik die een faktor is wat verkope van die Patrol bakkie 'n nekslag sal toe dien. En dan, soos ek altoos vertel, die Xenon het 'n formidabele enjin en nou sê mense boonop hy lyk soos die Nissan, maar die Tata kos twee keer minder. 

Op daai verassende wending speel ons uit met David Bowie se "Starman"