Search This Blog

Tuesday, June 17, 2014

Radio Overberg précis

Eating to stay alert behind the wheel.
This talk covered the latest 3D printed car; technology proven in endurance races like Le Mans (modern diesels) and Daytona (swimming pool cleaners); and eating to stay alert and not get fat while driving.

Môre op Wiele gesels ons oor 'n ontwerperskompetisie vir karre wat met drie-dimensionele drukkers gedruk sal word; 
- hoe dag en renne soos die Le Mans en Daytona tegnologie bevorder; 
- en al die verassende wendings in plaaslike wiele handel. 
Overberg Wiele, waar ons als wat rol bespreek, van skaatsplanke tot daai ene bo jou belt.

Presies kwart oor agt en daars stop hy nou, ons trokdrywerskrywervriend Alwyn Viljoen wat net hier op Overberg als wat nuut is op dinge wat rol vir ons kom vertel.
Alwyn jy sê jy het selfs nuus vir  daai rol bo jou belt?

Daai rol een van lorrienbestuurders se grootste probleme -- as als goed gaan, sit mens heeldag en amper heelnag
agter die stuur en die meeste oefening wat jy kry is om in en uit die kajuit te klim. As daar natuurlik wiele omgeruil moet word werk mens hard, maar dis selde.

En pasteie maak vet nê?
Om van die sweibrand nie te praat nie. Dis gif vir die lyf -- al die kitskosse wat ons langpad bestuurders eet en dit kan dodelik wees want die kosse maak mens vaak ook. Ons eet en drink 'n klomp suiker en koolhidrate, wat saam mens se energie kortstondig die hoogste te laat inskiet en dan weer te laat val.

So wat moet langpafbestuurders eet en drink om wakker en maer te bly?
Die maer vereis 'n meer aktiewe lewe as wat ons stuurwielvashouers het, en vir manne wat meer as 12 ure 'n dag ry is daar nie sprake van oefeninge doen na 'n skof nie. 
Lappe trap is ommtrend so hard soos mens dan kan werk. 
Maar mens kan met die wat jy in jou mond sit jou lyf gesond hou en jou verstand help wakker bly. Toe ek tot drie keer 'n week die Mpumalanga Kaap roete gery het, het ek drie maniere gevind wat werk om eerstens die sweibegin met genoeg water drink -- hou 'n twee liter bottel byderhand en teug hom leug deur die loop van jou skof. Dan is die grootste geheim om 'n groot ontbyt te eet. maar nie pap en suiker of grane soos brood nie -- begin die dag met krag uit proteine soos eiers, bone, en vleis. Vir die  res van die dag knibbel jy elke paar uur n handvol neute of 'n piesang. 

Die elke paar uur knibbel is 'n goeie wenk -- dietkundiges sê mos truuk is om te eet voor jy so bewerig honger word dat jy als wat lank genoeg stilstaan wil insluk. Gepraat van stilstaan, wat het met daai driehoek Nissan kar gebeur by Le Mans, ek sien die hibriede kar nêrens op die telpbord nie?

Daai driehoek kar is die sogenaamde Deltawing van Nissan -- skaars 30 minute in die 24 uur ren het die ratkas opgepak en die pit crew kon dit nie herstel nie. Neem in ag dieselle kar het Vrydag laas week n nuwe rekord van 300 km per uur vir elektriese karre opgestel en 'n hele rondte teen of naby die spoed gejaag, so Nissan kan hulle kop hoog hou.

Ons het beloof om te vertel hoe die  Le Mans en Daytona tegnologie help bevorder, so noem 'n paar voorbeelde 
Enige moderne diesel enjin kan Le Mans bedank, na Audi 'n paar jaar terug met blougevylde oliebranders teen hoë  toere om die amper 14 km lange baan gejaag het. 
En dan is elke skoon swembad in die land ook te danke aan die Daytona 24 uur ren, waar die Suid-Afrikaanse Kreepy Kraulie span met Sarel van der Merwe, Tony Martin en Graham Duxbury in 'n Porsche gaan staan en wen het in 1984. Toe die Amerikaanse motormedia vir SuperVan vra maar wat is die Kreepy Kraulies toe vertel hy hulle en van toe af puttaputtaputta die swembadskoonmakers ook daaikant van die aardbol.

As daar is prys is vir van die punt afdwaal gaan ons dit verseker wen hier op Wiele -- die enigste motorprogram wat ook oor swembaddens praat. 
Jy voorspel jare al dat ons kleinkinders nie karre gaan koop nie, maar gaan druk, en jou  vonkpos noem die proefêssie is nou 'n stappie nader aan realiteit, doer in die Chicago motorskou?

Ek sal dit nou nie 'n professie noem nie, voor jy my die trokdrywerskrywersiener begin noem. 
Eerder 'n "common sense" analisie.
Baie van die luisteraars sal nou al die vonkpos gesien het wat die rondte doen oor al die splinternuwe karre wat regom die wêreld in hul miljoene uit die fabrieke kom net om geparkeer te word op lughawens en renbane en selfs sport velde. Die manier hou ons nou karre maak en verkoop is nie net stukkend nie, hy is STEKKEND.
Dis die dat visonere karbouers soos Gordon Murray, wat beroemd geword het met die McLaren, in 2009 al gesê het ons moet vir die massas modulêre motors bou, met ons size fits all enjins en 'n veilige rolraam wat wegdoen met duur lugsakke.
En as mens 'n rolraam as basis het, kan jy enige panele daarop vasmaak. Renmotors doen dit elke dag, hulle gebruik egter veselglas, maar een van die dae gaan baie van die plastieke en rubber onderele met 3D drukker gemaak word.

Sal sulke plastieke gedrukde goeters hou?
Dit doen reeds ja, te plaaste druk Isuzu se monteerlyn doer in Oos London alreeds dinge soos verkoeler prop -- en min dinge is warmers as daai proppie in 'n kar, wyl bekendse soos Jay Lenno in Amerika vir sy rare kare dinge soos handvatsels op 3D drukkers druk -- en handvatsels vat baie trekkragte.

Maar jy se dit 'n hele kar wat in Chicago gedruk word, nie net doppe en deurhandvatsle nie?
Wel, ek oordryf so 'bietjie -- die elektriese motor van die kar is metaal en kom net so uit 'n Renault Twizzie, en die bande is natuurlike rubber, maar die res, soos die rolraam, die plastiek kant vensters, die sitplekke  selfs die raam waaraan die motor gebout is, is al met 'n masjien wat soos 'n kompllekse tandepastabuis werk, gedruk. 

Is sulke groot 3-D panele nie baie grof nie, as dit so laag op laag set nie?
Die drukker se kop werk soos 'n poleerder en masjien die panele gladder as babawange. Dis regtig die tegnologie van die toekoms, maar dit goed is nog duur en stadig, so moenie nou al die veselglas gietstukke weggooi nie. Die hoofding hier is toekoms karre gaan kleiner wees, met 'n rolraam kern waaraan die enjin, of die battery vloer, of sels net wiele met naafmotors vasgebout sal word, en ons kleindkinders sal dan hul eie styl motor kan hê, want mens kan enige panele op die rolraam vasplak of vasbout. 

En natuurlik sal die toekoms karre hulself kan bestuur, soos ons laasweek oor die Mercedes C-cklas en google motors gehoor het.  Ons tyd is uit,  en gepas speel ons uit met Boston se 'Don't look back'.