Whooooza! Alwyn Viljoen in taxi mode. |
Môre op Wiele, lorries wat baie diesel spaar met jet-enjins en elektriese motors, hoekom karre jou metaal ego is, en hoekom jy eerder jou kar sonder water en seep moet was.
Alwyn, ons laas week het ons net lekker begin klets oor hoe die sogenaamde Three-Dee drukkers al hoe meer ingespan word om motoronderdele te druk en binnekort sommer die hele kar se panele en rame sal druk, maar ek dink ek is nie alleen as ek sê ek verstaan nou nog nie so mooi wat jy bedoel as jy sê die huidige manier van karre bou is stekkend en ons gaan eendag modulêre rolraam karre ry. So, vertel weer?
Ons maak tans 'n kar elke paar sekondes in fabrieke regom die aarde. Die karre MOET gebou word om kwartaaliks vir groot belasting toekennings te kwalifiseer -- sakimaki of daar aanvraag is vir die motors nie.
Die gevolg is dan fabrieke met plate motors sit wat niemand wil koop nie;
-- die regerings moet groot belastings hef op elke kar om daai toekennings weer uit jou sak te haal;
-- en die handelaar sit einde van elke kwartaal met sy hande in sy hare om verkoopsteikens te maak sonder om te groot afslag te gee.
Intussen wil ons mense eintlik net ons self uitdruk in die wiele wat ons ry -- die kar is after all jou metaal ego. Daarom is daar elke naweek namark skoue met ouens wat wys hoe hulle speakers meer werd as die karre is, en programme soos Pimp my Ride, en self tannies wat spesiaal kussinkies maak om agter in die Tazz se venster te sit.
Enige besigheid wat aan die behoefte vir unieke karre voldoen, sal gedy, en daarom voorspel ek dat jong mense al hoe meer ou motors en fietse sal vat en met moderne tegnologie soos 'n hibriede jet-elektreise enjin sal opdollie sodat elkeen in sy of haar unieke kar rond kan ry -- as hulle hoegenaamd 'n kar gaan besit natuurlik.
Jy is self besig om so 'n hibriede kar te maak vir die Kalahari Spoed Week, maar voor ons daaroor praat, vertel eers meer... hibriede jet elektriese enjins?
Ja, 'n jet turbine wat net soos die jets onder 'n vliegtuig se vlerk werk, maar die huls is natuurlik baie kleiner. Die turbines et minder parte en draai teen ontsettende hoë revolusies om baie kilowatts te maak en kan dit doen met natuurlike gas of vuil diesel wat op die plaas uit plante gemaak. Die jets vervang die diesel enjin se hoer ratte op die lang pad en kan natuurlik die hele lorrie ry sou die battery vir die elektriese motors pap word. Die elektriese motors weer word direk op die aste gekoppel en daar is niks van die tot 80% energie verliese wat petrol en diesel enjins vandag het nie.
80%? As my somme reg is meen dit mos vir elke nagenoeg R13 wat ons vir 'n liter brandstof betaal, mors ons enjins R10 van die energie?
Jip. En die Arabiere weet hulle het ons oor 'n barrel want ons is letterlik soos dwelmverslaafdes as dit by petrol en diesel kom. Die dat ek so opgewonde raak as ek leer van maatskappye wat iets omtrent my verslawing doen.
Dis nou maatskappye soos Toyota met hul hibriede Prius; en Honda met hul waterstof kar; en Nissan met hul vol-elektriese Leaf,
maar al die alternatiewe karre is -- soos ons al hier op Wiele uitgwewys het -- peperduur vir wat mens kry. 'n Klein diesel motortjie gebruik ewe min of minder brandstof en kos baie goedkoper. So wie kan die jet-elektriese hibriedes van jou koop?
Koerier maatskappye. Ek het laas week genoem dat soos wat ons al hoe meer goete oor die interweb koop, gaan iemand al die goete moet aflewer, wat meen die koerier sektor is 'n groeiende bedryf, maar hulle kan natuurlik nie aanhou groei met die stekkende karmaak stelsel wat ons tans het nie. Daarom is daar tans in Kalifornïe 'n maatskappy genaamd Wrightspeed wat vir die reuse koerier maatskappy Fedex hulle lorries in jet-hibriedes omskep.
Wrighspeed sê as net die klein lorries in Amerika die stelsels insit kan hulle Amerika biljoene dollars se dieselkostes spaar.
Dit klink mos baie asof ons terugbeweeg na daai elektriese melkarretjies van die 1960s. Die goed was net reg vir om die blok kruie maar was stadiger as 'n skaatsplank. Hoor ek verkeerd?
Verkeerd, maar baie mense dink so en Wrightspeed het daarom een van hulle 8-ton Isuzu lorries wat hulle so omgebou het, op die salt flats doer in Utha te gaan "drift". So die elekrtiese deel werk nog net soos 'n milkfloat, maar die nuwe weergawes is baie, baie vinniger.
Wyl ons op soutpanne is, hoe gaan dit met jou Zombi kar projek om doer op Hakspeenpan te gaan rekords opstel?
So ver is ons nog die wenners, want daar is nie 'n ander hibriede wat ons teenstaan nie. Maar soos altyd aan die begin van sulke projekte loop dinge stadig -- die onderdele is tans in rye die hele vloer vol uitgepak, die bakwerk is afgeskuur en ons die agterkante van die koeverte is nou vol sommetjies om te kyk wat met die teoretiese spoed sal gebeur as mens die diff of daai nawe of soveel Volt instoot.
En wat is julle hoogste teoretiese spoed in die Zombi kar?
Jy moet sit vir die ene -- oor die 302 km per uur. Maar ek het nie groot genoeg rondinge in my onderbroek vir sukke spoed nie, veral nie in 'n geroeste ou merk 1 Ford Escort wat ons van die skroothoop gered het nie. So wanneer die wiele die harde sand doer op Hakskeenpan tref, sal dit hopelik helfte so vinnig wees.
Ja, roes was 'n probleem op al die motors van die 70s, gelukkig is Hakskeenpan nie sout nie, anders het julle gou nog meer probleme. Hoe gaan julle die kar skoonhou doer in die Kalahari Woestyn?
Soos die Karate Kid fliek -- waks aan, waks af. Daar is baie waterlose maniere om motors skoon te maak, en elkeen is trouens beter as om 'n kar met water en seep te was. Enige sterk seep stroop bietjie vir bietjie die olies uit 'n kar verf, veral daai groen mengesels wat mens jou voorruit mee was. Daai streep seperige water loop oral in gaatjies neffens die deure en in die enjinkap in om daar eers die verf af te vreet en dan die staal te oksideer.
Gepraat van roes, ek sien op die Wheels24 webwerf jy het nou die kat behoorlik onder die duiwe met jou berig oor jou geroeste Cruiser teen die blinknuwe Patrol, soos ons trouens eerste net hier op Wiele gepraat het. Dink jy rerig dis die begin van die einde vir groot bakkies?
Nie vir groot bakkies nie -- daar sal altyd iemand êrens wees wat voel hy moet -- soos ek -- vir die rondinge in die onderbroek kompenseer met grootter speakers of wiele of bakkies, so vir groot ego bakkies sal daar altyd aanvraag wees.
Maar ja, vir groot, nuwe WERKSbakkies meen ek ons is is aan die einde van 'n era.
Soos ek op Wheels24 skryf, business is business, en boere kan mos lees en skryf om pryse en kragsyfers te vergelyk en hulle vra ook hoekom een hammer 'n halfmiljoen kos wyl daar op die rak langsaan 'n hammer met net sulke harde yster vir helfte van die prys is.
Soos een Mpumalanga geoloog en een KZN boer wat albei baie in Mosambiek werk vir my vertel het, nie die Cruiser of die Patrol is meer hulle prys werd nie. Albei ry 'n Mahindra, die een 'n nuwe Scorpio en die ander 'n ou Bolero.
Maar let wel, dis die begin van die einde -- daar word elke maand nog meer as 200 Cruisers verkoop, en al die tweedehandse bakkies op die mark is baie momentum om te stop. So my oom sal sekerlik nog 'n Cruiser vir die plaas koop. Maar my nefie sal dalk sê Tata. Dis nou as die EFFing lede nie al die plaas beset het nie, nê?
Alwyn, twee minute oor en jy sê jy het vir ons eksklusiewe musiek saamgebring, wie en wat?
Wyl ons nou so oor bakkies en rondinge in die onderbroek praat, speel ons uit met Piet Planter se 2,4 Diesel. En glo my, jy hoor die liedjie nêrens anders nie!