Search This Blog

Tuesday, July 22, 2014

Radio Overberg précis

Ford execs announce their plans for Africa, 'the final frontier'.
This talk covered:
- SA's top young riders in the 2014 Romaniacs Enduro and the FIA's word's best young driver.
- amphibian vehicles, with the Chinese Auto Motors (CAM) importers' Isuzu-based sea-floater; Russia's Ford-based lake crawler; and the U.S. Marines, Uhac ocean trasher getting a mention.)
- Ford's plans in Africa up to 2020.

Alwyn, in jou vonkpos gister het jy beloof om te vertel hoe SA se jong jaers oorsee presteer, met een petite blondine wat haar KTM scrambler eers verdrink en toe meer as 'n kilometer ver moes stoot en 'n ander lat wat matriek op pause gesit het om die beste jong jaer in Europe te word.
Jy ken die dril, vertel die wie wat en waar?

Doer Romanie en in Frankryk.
Suid-Afrika het 'n span motorfietsjaers in die sogenaamde taaiste enduro ren ter aarde -- die Romaniacs.
Wade Young, wat in 2012 op die tenger ouderdom van 16 die Roof of Afrika gewen het, het 3e gekom, en die 19-jaar oue Blake Gudzeit van Port Shepstone het negende
So rof was die enduro dat Wade, wat darem van steiltes ken, plek plek eerder sy KTM teen die hellings af gestoot het eerder as om te ry.
Dis was wese besluit, want die meer voortvarende Kirsten Landman wat in die korter Bronse enduro gejaag het, het 'n slag oor haar handelbars gevlieg en op 'n ander stadium, net 1,500 meter voor die eindstreep, haar bromponie verdrink.
Toe stoot die meisie -- wat skaars 70 in haar nat boots weeg -- haar KTM mototfiets tot oor die eindstreep daar doer, want van opgee weet sy min en van ek-blerriwil-sal alles.
En die beste jaer in Europa?  
Dis die 18-jaar oue Kelvin van der Linde, wat pas die jong bestuurder van die jaar aangewys is deur die Internasionale Automobiel Federasie (FIA) se "Young Driver Excellence Academy".
Van der Linde het in 2012 ter plaatse die VW Cup gewen en toe in 2013 die Europese VW Scirocco R-Cup.
Hy was die jongste bestuurder tot hede om beide die titels te wen en saam met sy navigeerder Rene Rast is hulle tans voor in die 2014 ADAC GT Masters Championship vir GT3 sportmotors Europe.
Is die die seun van van der Linde wat destyds naam gemaak het met vinnige bote en hits-motors?
Nee, jy het my op bote -- ek het ook daai kontrak met haaie onderteken en solank hulle uit kroeë bly, is die naaste wat ek aan die groot waters kom, in 'n amfibiaan. Maar sover ek weet is Kelvin die seun en kleinseun van Hennie en Shaun, wie self kampioenjaers was op hul dag, so vinnig ry is al van kleins af in sy "jeans" ja.
Ek wil graag uitvis oor daai amfibijane, maar vertel eers, in watse soort wiele jaag die Kelvin van der Linde -- daai plat formule een karre, of iets meer eenvoudigs -- soos 'n Polo?
Hy het sy naam as 14-jarige in Polo's gemaak, maar deesdae jaag Kelvin en sy navigeerder, Rene Rast, in 'n Audi R8 -- dis nou die sogenaamde goedkoop Lamborhini.
Nou, die laaste keer toe ek in 'n amfiebiese voertuig was, was dit 'n kaskar wat op die plaasdam kon dryf. Watse amfiebiese voertuie is daar in SA?
Ek het gehou van daai "meer UITVIS" van jou -- goeie pun wyl ons op waterkarre is.
Sover ek weet, is daar niks meer amfibiese voertuie wat nuut in SA verkoop word nie, maar ons op 'n stadium het ons CAM 'n Sjinese wa ingebring met 'n ou Isuzu KB enjin het wat ewe goed -- of ewe sleg -- op land en see kan vaar as ry.
Daai CAM amfibijaan het ek toevallig laas in Botswana opgemerk na ek die bootkar in Midrand in Gauteng op 'n dam gevaar het. CAM het gedog baie wildsplase sal die wa vir vier by vier booze cruises koop, maar die kopers het nie, a-ha, a-ha, gebyt nie.
Ek moet noem -- dit voel elke keer verskriklik verkeerd om met 'n gewone kar met vier wiele in water in te jaag -- en jaag moet jy jaag, want as jy te stadig oor die modderige oewers ploeter, sit jy vas net soos in 'n gewone bakkie.
Dan is daar doer in Natal se Midlands 'n profesionele jagter met 'n Russiese Hagglands, dink sneeutrekker-bokwa-broodblik, maar met minder styl -- en jy weet presies hy die wa lyk. Die Hagglands weeg kan 16 mense en twee ton dra, maar die ruspewiele verplaas die gewig so wyd dat die vrag minder indruk op die grond as my skoene. Dit maak dat die wa lig-lig oor sneeu kan ry en hy dryf, so die bokwa skommel ewe maklik oor hoë see. Maar die wa is nie te koop nie en het 'n ou 3,0 Cortina enjin is so stadig met 2 ton se vrag, jy wil eerder 'n hondeslee kry. 
Oorsee is daar egter baie meer van die soort karre wat bo -- of selfs soos daai James Bond Lotus -- ONDER die water kan ry.
Maar hoe ry die karre op water?
Meeste gebruik 'n bootskroef agter -- soos die CAM wat ek in Midrand gevaar het.
Die Amerikaners se Marines het egter in die oorlog speletjies wat elke twee jaar in die Stille Oseaan gehou word, 'n reuse nuwe afmibiaan getoets wat met soos 'n ou Mississippi rivierboot met die enorme ruspewiele aan die kant vaar. Sy naam is die  Ultra Heavy-Lift Amphibious Connecter, of Uhac, wat Ooha uitgespreek word. 
Die Ooha is tipies Amerikaans giganties, dink iets tussen 'n reuse stroper en 'n wetenskap fiksie tenk en jy kry die idee. 'n Humvee pas net mooi agter die kajuit tussen die rusperbande in en daai bande is so hoog, die dit klim maklik oor drie meter versperrings of huise. Op water dryf die bande die vaartuig aan soos wat daai stoombote op die Mississippi gedoen het.
En om te stuur, draai jy die wiel of is daar 'n roer agter?
In die enorme tank van die Marines is daar 'n stuur agter, maar in daai Sjinese Isuzu was skipper speel so maklik soos die voorwiele met die stuurwiel te draai.
En hoe maak mense die amfibiese karre dryf?
Skuim - bolle en bolle plastiek skuim wat oral ingespuit word om lug borrels in die huls van die voertuie vas te maak. Die voertuie kan nie sink nie, al skiet jy hom vol gate. 
Van die os op die jas, ek sien Ford het groot planne vir Afrika?
Jip, 25 nuwe modelle vir wat hulle die "final frontier" noem, een van hulle die nuwe Mustang en die ander die 1-liter Fiesta, en natuurlik die top verkopende Focus, maar ongelukkig nie hul uiters gewilde F150 bakkie nie,
Nou stop die bus eers hier, ek was een keer in 'n klassieke Mustang, en ek kon nie minder beïndruk wees nie. Die ding het gehanteer soos 'n vol emmer water en as dit by stop, kom moes jy laasjaar al begin beplan het. Is die nuwes beter?
Baaie beter. Die ou Amerikaanse muscle cars was regtig net gebou om in 'n kort reguit lyn van robot tot robot te jaag. Hoe korter die blok, hoe beter, want die ou muscle karre gaan verseker nou-nou breek. Maar die nuwes ry nie meer soos 'n emmer water nie -- eerder soos 'n water kanon.
Ek het laasweek met Ford se grootbaas van ontwerp gepraat -- 'n Skot met die naam Moray Callum, en hy het my verseker die nuwe Ponie motor is gekrimp en versterk om behoorlik om draai te sit en blitsig te versnel.
Maar soos een kollega wat laasjaar in Las Vegas met die vorige model gery het, waarsku -- dis nog steeds goedkoop sportmotors die, en die afwerking kan nog nie vir Duitsers 'n kers vashou nie.
The race-ready Ford Ranger, now on sale for about R4 million
Ons tyd loop uit -- jy wou nog praat oor Suid-Afrika se duurste bakkie? Gee die dril.
Die wie wat en waar? Dis die ren-gereed Ford Ranger wat in Pmb gebou word, die bakkie kos vier miljoen rand -- almal van julle wat van hulle stoele afgeval het, kan nou weer opstaan. Vir jou vier miljoen kry jy 'n rolraam op super vere met 'n witwarm enjin en navigasie stelsel en skottelsitplekke wat net vir jou heupe gevorm is. 
Alwyn, ons tyd is alweer uit --  en met die dat jy die Mississippi veerbote genoem het, is daar net een lied om mee uit te speel -- Allanah Myles se Black Velvet, waar die Mississippi in n dry spell is.