Search This Blog

Tuesday, February 3, 2015

Radio Overberg précis

Koa Smith rides the perfect pipe at Donkey Bay
27 seconds of Atlantic bliss.
(Photo: sscroll.com)
This talk ranged from small bakkies to big 4x4s, stupid questions on cars, and Lord Krishna's birthday and the impact of the collective ensuing hangover on the Tata Ace.
- the two-bakkie world of half-tonners in SA, the NP200 and Chev Ute, and which one fleet managers say about the best one of the two;
- the FAQ I get on cars
- the questions people should rather be asking, like why not rent? What is the after market service like? What can I really afford considering this asset will lose 30% of its value in its first year be parked for at least 22 of the 24 hours;
-  the car I would buy if I win the Lotto, being the Daily 4x4 to go anywhere.
- which place to go in that 4x4 -- Donkey Bay on Namib's west coast, to ride that perfect pipe.


Ons praat altyd oor groot bakkies maar ek wonder oor klein bakkies, wat gebeur in die wêreld van half tonners?
Nissan Np200 koning, met net Opel Corsa -- ek meen Chev Ute -- as kompetisie. Ford verkoop mos nie meer die Bantam nie en lekker veerligte brabdstof-teugers soos die Fiat Strada 1,2 is nou net herinneringe, soos Karin Zoid sing.
Nissan is heel trots dat die NP200 Oktober laasjaar presies dubbel soveel die die ou 144 Datsuntjie op sy beste verkoop het, en daai wa word in die handel en wandel as die beste halftonner werkesel beskou.
Ek haal graag een van SA se grootter vlootbestuurders, Hans Hartmann aan, wat neentig van die NP200 Nissantjie in die Vrystaat en Noordkaap werk. Hulle doen elkeen gemiddeld 5000km 'n maand, en nog nie een breek na twoo jaar nie. Dit teenoor bv ' paar die Jimnies waarvan deure in die eerste jaar afgeval het en ALMAL remme helemal ophou werk. Trouens die paaie het tot 'n Hilux in twee gekraak -- 'n probleem wat 'n boer doer in Lydenburg Mpu my ook van sy Hilux vertel het.

Wat is die vraag wat jy die meeste oor karre kry?Wat kos hy en wat is die lekkerste kar. Een afgetrede tannie bel my gisteroggend wakker -- na 'n lang nagskof so ek was dalk knorrig -- maar sy wil 'n mooi, netjies kar vir so R16 duisend he asb, Ek vertel haar hantie, jou bande kos deesdae 2000 stuk, so vir vier bande en 'n spaarwiel kyk jy klaar na 10 duisend. Sy bly toe so bietjie stil en vra, OK, wat  is daar vir AGTIEN duisend.  

Wat meen jy moet mense eerder vra as hul n kar wil koop?As jy gaan afbetaal aan die kar in plaas, begin by naverkoopdiens van die verkoper. 
As jy nou een van die drie in tien mense in SA is wat interweb het,  klim op Hello Peter en kyk wie kla. Jy wil bv onder geen omstandighede 'n Tata Ace koop nie, al lyk hy hoe goedkoop, en die rede hiervoor is Lord Krhisna. Daai Hindu dietyhet mos baie galoone wyn gedrink en maidens gedeflower met sy geboorte, en glo my vry, die krismis wat die Indiane deesdae vir Lord Krishna hou, sien biejite meer sjerrie as ons tiepiese krismis etes. So jy kry nie 'n Vrydagskof kar by Tata nie -- as dit jou ongeluk is, kan jy een keer 'n jaar 'n week se erge hangoor skof kar daarvanaf invoer. Tata Suid-Afrika het al hul dae met sulke duds, maar hulle maak darem die goed onder waarborg reg. Dit vat net weke.
Maar terug na die  manier om slim kar te koop.
As jy nou vasgestel het jy gaan nie heeldag met jou bargain sukkel nie, werk jy uit wat jy kan bekostig om af te betaal en onthou, die kar se prys is een derde van die eienaars koste.
Op die einde sal jy sien hoekom die drie groottes so goed verkoop -- jy weet wat jy kry.

As jy nou die lotto laasnag gewen het, watter wiele sal jy aanskaf? 
Jip, het jy al gesien hoe dikwels daai nommers opmekaar volg, kyk laasnag se Powerball, 11, 12, 41, 42. Kyk eendag is eendag en dan ontmoet ek onse Skepper halfpad en koop ook 'n kaartjie sodat hy my gebede kan antwoord.
Maar lekkerste kar?, vra jy nou vir 'n ou wat op 'n stadium 12 karre 'n week moes toets. En as ek terug kyk was nie die vinnigeste wa nie, maar 'n toerwa wat my die lekkerste herrinneringe gee, en dan spesifiek 'n stadige, lomp ratelende VW Autovilla. Ai, die herrininge en plekke wat ons darem in daai karavaantjie gemaak het...
So met daai Lotto geldjie sal ek weer 'n toerwa wil aanskaf, maar ene wat wat by al die plekke wat ek nog wil sien kan uitkom -- soos Iveco se Daily 4x4. Met 'n ou thumper-skoeter agter in vir daai rerig onbegaanbare plekke.)

En waar sal jy gaan ry?Van Overberg af Weskus toe deur die Spergebied tot by Donkiebaai, daar waar 'n km-lange perfekte pyp heeldag en aldag teen die Namib breek. Dis een van die jonste ontdekkings in suider-Afrika en tot ons skande het 'n spul Yanks die lang 4x4 en nog langer stap tot daar gedoen om die stukkie surfers paradys eertste te ontgin. Nou, ek surf nog nie, maar daai perfekte golf inspireer my om te begin, saki maki die haaie en robbe en die jakkalse en die heeldag se mis en die yskoue Atlantiese water nie. 

So gesels Alwyn Viljoen, ons trokdrywerskrywersvriend, ons speel uit met Collective Soul