Search This Blog

Tuesday, February 10, 2015

Radio Overberg précis

Spot the new i20. You know, the i20 that boasts the latest designs and blah blah?
(Its the slab of generic 90's blandness on the right)
Between dropped calls, this talk covered:
- the old new look of the Hyundai i20,
- the Volkswagen up! versus the specials on the likes of the Ford Figo, Suzuki Celerio.
- Plans to build bicycles frames with green bamboo and from there it clicketty-clacked onto
- cycling on unused rail networks.

Ons gesels vandag oor die luikruggies wat onlangs bekendgestel is, en soos gewoonlik is daar 'n
verrassende wending?
Ja, die mark vir luikrugge is waar ons eintlik karre in die land verkoop en vir die wat wonder watse ding is 'n luikrug, dink hatchback mense. 
En in Suid-Afrika is die gewildste hatchback by verre die VW Polo, wat ons nou maar hier op die lug kan bieg, nie Volkswagen se mooiste ontwerp is nie. 
Maar ek wonder wie sal kan vertel watter een is die tweede top verkoper in die mededingede segment?
Ek het 'n wenk -- die antwoord is Hunday, like Sunday...
Jip vir die wat reg geraai het, dis die Hyundai i20.
Nou weet ek nie of die Duitser Peter Schreier 
-- wie naam gemaak het by Audi voor hy die grootbaas van ontwerp by Hyundai en Kia geword het -- 
'n duistere plan in die mou voer nie, 
maar sy nuutse i20 lyk vir my net so vaal soos daai Polo.
Die vorige i20 het kepe op kurwes gehad wat my skoon warm onder die kraag had, maar nou is daar net dieselle generiese lyne van al die ander 1990s modelle.
Weg is die fluidic design waarmee Schreier gemaak het dat Hyundai sedert 2010 die mooiste karre op ons paaie was. 
Oorsee is die koepee nog pragtig, maar vir die intree i20 wat ons hier verkoop danksy die swak rand het die man sy lieflike lyne vir 'n liniaal verruil. Trouens as jy daai badge toemaak wed ek nie eers die verkopers sal die kar se silhouette tussen ander kan uitken nie. 

Maar dis als dalk omdat Schreier besef meeste van ons wil JUIS nie uitstaan in ons karre nie?
Ja-nee, al wat ons mos eintlik soek, is 'n betroubare enjin, kragstuur, goeie lugreeling en lae versekerings premies. 
Maar sakmaki wat die sielkunde agter die  vaal ontwerp is nie, ek wil net se meneer Schreier, ek dink dis skreiend dat jou potlood ons petrolkoppe versaak het!
Dis egter soos jy se, meeste van ons luisteraars is juis nie petrolkoppe nie, 
julle soek karre om net veilig en gemaklik van punt A na B te ry, en vir julle wat by boonop nog amper niks petrol wil verbruik nie, wil ek aanbeveel gaan kyk gerus ook na die Suzuki Celerio wat twee weke terug teen 110 duisend rand die mark met sy een-liter enjintjie bestorm het, en dan's daar nou ook die kleiner maar duurder VW up! vanaf 135 duisend rand. 
Beide motortjies val eintlik in die super-mini klas, maar tik al die boksies vir mense wat hulle karre se kleur beter as die model naam onthou. En julle sal verras wees met hoeveel spasies daar binne is.
En vir die A tot B luisteraars wat bietjie meer avontuurlustig voel, moenie verby die garage met daai blou ovaal loop nie. Teen 125 duisend rand is die Figo 'a lot of motor for the money', soos die oom die tannie vertel het. 
Boonop is dit tans Avis se jaarlikse verkoping waar jy die Figo vir R102 duisend kan optel. Teen die prys wil ek benadruk, die Figo is rerig goeie waarde vir geld en ek weet Toyota handelaars hou 'n bekommerde oog op die Ford modelle. Daai blou ovaal maak groot golwe deesdae. 
En vir die wat nog meer uit 'n motor soek is daar die Renault Sandero Stepway en Etios Cross, wat altwee gepak is met dinge wat jy sal wonder hoe jy daarsonder klaar gekom het as jy dit eers gewoond raak. Maar nou gesels ons alweer oor motors vir petrolkoppe, so laat ek afsluit deur te herinner aan ons reel hier op Overberg Wiele en dis...? 

die kar wat jy kontant kan koop en deur jou mechanic oom kan laat diens, is die beste kar op aarde! 


Seen in Hanoi, Vietnam by these itinerants
LINE BROKENJammer om vir Hughy Lewis and  the News te onderbreek maar ons is terug op die lug met Alwyn Viljoen, wat ons van planne om fietse met groen bamboes te bou gaan vertel?
Ja, stop ek nou die aand laat doer in die onderdorp van Johannesberg in die sogenaamde Maboneng Precinct 
-- kyk dis nou vir jou 'n hip en happening plek wat ek enige tyd vir ons Kaapse toeriste kan aanbeveel --  
en by hun man wat fietsrame uit 'n mooi omgeboude container verkoop, hoor ek toe die groen bamboesfiets ding.
Die man se naam is Emile Kruger, maar hy maan sy bamboes fiets plan is minstens vier jaar ver van klaar af. Ek vra homm toe maar houtfietse is mos nie 'n nuwe idee nie en Vietnam het 'n paar DIY modelle, so hoekom so lank?
Vertel hy toe die groep mense wat agter die Suid-Afrikaanse bamboesfiets woeker, het net die beste bedoelings en poog nou om stelsels in plek te stel wat sal seker maak hulle idee is volhoubaar en dat dit werk sal skep in ons buurstaat, die Oos Kaap. 
Persoonlik is ek baie opgewonde oor die  plan, want daar is geen rede hoekom ons nie ligte, sterk bamboes fietse maak nie.
Soos die geluk dit wou he is Emile se Whippet fietswinkel reg langs die Lenin Vodka straat-kroegie en kon ons tot laat gesels oor driewiel- en afleweringsfietse.
Vertel ek hom toe oral waar mens in SA so lekker hoog in 'n lorrie ry, sien jy geroeste spoorlyne wat nie meer gebruik word nie. 
LINE BROKEN
Alwyn? Jammer mense, daar drop die lyne ons nog 'n keer, ons gesels volgende week met ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen oor fietse wat op treinspore trap.
Kyk, ek wonder hoe hard mens sal moet trap as jy 'n trein hoor aankom? Staan by vir die volgende verassende wending oor alles wat kan rol, elke Woensdag,  net hier op Wiele. Hier kom tussen trein, tussen stasies...