Search This Blog

Tuesday, March 17, 2015

Radio Overberg précis

Rare and therefore wanted by the third kind
of vehicle buyer: the Point C guy.
Vandag op Overberg Wiele is ons dankbare dwarstrekkers.
- "dankbaar", want die voertuig- en trein bedrywe spandeer tans honderde biljoene in SA,
- maar ook "dwarstrekkers", want 'n Europese organisasie wil hê ons moet voortaan uit eie sak NOG meer vir veiliger motors betaal. 


Alwyn klink my jy wil weer met ons beursies stook hier, so vertel wat gebeur op spore en paaie wat jou so opgewek EN opgeWERK het?

Man ek hou van die investering op allerhande wiele om my by punt B te kry, maar ek meen die besteding moet so
min as moontlik uit my eie sak vra.

Wat die  investering betref, die treinmense beplan mos om oor die R400 miljard te spandeer om ons spore weer op dreef te kry, en intussen het die voertuig mense 'n fraksie hiervan, net sewe punt vier agt miljard, spandeer om voertuie in ons land te bou.
Hiervoor is ek dankbaar -- net in die voertuig bedryf gee dit meer as 30 000 direkte werk in die fabrieke en na raming so 12 werke vir elke direkte stroom op en af om onderdele te bou en die voertuie te verkoop en versien en so.

En dis by die verkoop wat ek dwarstrek. 
Jy kry mos drie soorte mense wat voertuie koop. 
Daar is ons soort, wat eintlik net in redelike gemak met lurgreëling en kragstuur by punt B wil kom -- ons word die A tot Beërs genoem, en ons wil so min moontlik betaal.

Dan is daar staan die staan-en-klets by punt A mense. 
Hulle WIL soveel moontlik vir hulle wiele betaal en jou dan graag vertel hoekom die goed wat hulle ektra gekoop het, eintlik hul motor so spesiaal maak. 
Motorverkopers lief uiteraard Punt A kopers, want hulle drang is sterk om meer te betaal dat  -- as die geld min is -- kan jy aan so 'n man tot 'n rol insulation tape verkoop, solank jy dit go-faster-striping noem. 

Laastens is daar die Punt C mense. 
Hulle is die versamelaars.
C is mos die Romeinnse syfer vir honderd en die punt C mense betaal graag een miljoen punt C vir hulle versamelaars wiele. 
En ek praat 'n klomp sees agter daai punt, die naweek, byvoorbeeld, gaan iemand meer as 12 miljoen rand op 'n ou motorfiets spandeer in die grootste ou motorrfietsveiling nog. 
Net om dan daai geroeste stuk antieke probleme op wiele in die sitkamer uit te stal.
As geswore punt A tot B men sal ek eerder een van die nuwe Zero elektriese motorfietese vir vier jaar huur teen R1250 huur, en dan vir so min as moontlik sente per kilometer gebruik. 

Maar nou is my vraag aan jou wat tans sowat R1,20 per km betaal en van 1 April af R2 meer per liter brandstof gaan uithaal, sal jy 'n motorfiets huur wat jou ses sent 'n km kos?

Ek sal ja
En die kwessies rondom veilgheid en reën pla jou nie?

Nee, jy ry mos net mooi en kyk oral rond. 
Daar slaan jy die spyker op die kop -- mooi ry is veilig ry. Nie allerhande elektroniese foefies nie. Dit maak ons juis onveilig ry.

Ek gaan nou Duiwels Advokaat speel, want dit klink my jy wil nie meer vir veiliger karre betaal nie. Hoe meen jy kan ons motors veiliger gemaak word.

Ek meen ons moet karre bloot maak om niks vinniger as die spoedgrens te kan ry nie, en dan soos renmotors verstek met rolrame en vier-gespe rukgordels. Dis nie goedkoper nie, maar werk, soos elke ren elke naweek bewys.
Lugsakke daarinteen werk nie as die spoed oor sestig km per uur gaan nie -- soos wat die familie van wyle minsiter Chabane Sondag tragies geleer het. 
Maar nou wil die base by GLOBAL Ncap egter EU standaarde met hul sewe lugsakke per kar aan ons verkwansel.
Rofwag R20k 'n lugsak as jy hom namark insit, 
As die goed gewerk het sou F1 motors dit ingehad het, maar nou het hulle rolrame, en ek soek ook rolrame..

Overberg Wiele, waar ons nooit 'n graaf n handgedrewe ekskaveringsimplement sal noem nie!