Search This Blog

Wednesday, April 29, 2015

Radio Overberg précis

Remote gate opener (top) is the
tsotsi's tool to jam your car key.
Môre oggend skuins na agt rol ons weer al die kwessies nader wat op wiele staan. Weet jy wat jou versekering doen as jou afstandsleutel se sein geblokkeer is? 
Of waaroor al die bohaai oor die Jaguar F-Type gaan? 
En wat is die 2e vinnigste motorsport? (Wenk, die sport het laasnaweek die meeste maar ook veiligste botsings by Killarney gesien.) 
Rol daai volume knop harder vir Overberg Wiele, kwart oor agt Woensdae, mits spitstyd toelaat.

Your insurance will do  buggerall if..

Die knotter wat jou motorhuisdeur nederig teen die dak laat vasplak maak 'n onsigbare frekwensie sein soos 'n sambreel om jou oop wat die sein van meeste voertuig afstandsleutels kan blok.
Al manier om te stop is om by jou kar te staan en kyk dat die knoppies afgaan, of selfs die sleutel in die gat te druk en die kar met die hand te sluit.
Want die kort antwoord is, jou versekering doen boggerol as jou goed uit die kar gesteel word wat nie gesluit was nie.
En moenie dink jy steek 'n skootrekenaar onder die sitplek weg, of geld in
'n plastiek sak nie. Die booswigte weet die gewoonte lankal en kyk eerste in al die plekke wat jy dink slim wegsteekplekke is.


What the F-type?

FType goedkoop "vir net" R900k in Pmb, detail is fantasties, kan nie meer die elektroniese beheer afsit soos in die ouer model nie (ek is nog steeds in warm water oor daai ene toe ek Jeremy Clarkson nagedoen het)
-- aankondiger: maar jy't minstens nog jou werk! --
maar die krag is so baie jy het die elekroniese hulp nodig. Die nuwe Ftype vervang die E type, maar anders aas daai ou ikoon mag die F-type maar gas gee. Die goeters onder die kap cash al die cheques wat die mooi lyne beloof. Read all about it on issuu.com/thedriver/docs

Second fastest motorsport

Die vinnigste motorsport is F1, maar min mense weet die tweede vinnigste motorsport is karting en die Kapenaars kraai koning -- behalwe vir ons vier keer wêreldkampioen Cris Morgado uit Durban wat steeds in die senior klas baas is, het die laaities uit die suide als gewen in Killarney. Maar ons wag vir julle by iDube.

Ten laaste, help met die ou registrasie plaat -- waar was Renovia?
En vir Jeep aanhagners is daar nou www.thebigjeep.co.za.
Read more on issuu.com/thedriver/docs