Search This Blog

Wednesday, May 6, 2015

Radio Overberg précis

Die nuwe FAW 9-140
Vanoggend op Overberg Wiele gesels ons oor 
- die nuwe Renault Clio op steroids en,
- SA se nuwe top verkoper bakkie, maar eers is daar die trots Suid-Afrikaanse plaaslorrie van Koega af, 
Alwyn wat is die Sjineese plaaslorrie?

Die lorrie is FAW, en nou moet ek eers "full disclosure" maak, jare terug was ek die stem vir
FAW, maar deesdae is ek net 'n bewonderaar wat die nuus kan bring.
FAW se 9.140 FL is 'n plaaslorrie sonder nonsiens.
Vir luisteraars wat nie al die lorrie nommers verstaan nie, die nege wys op die voertuig se massa met 'n vrag, en die 140 wys op die perdekrag. So die is 'n nege ton honder en veertig perdekrag lorrie wat van twee hondered nege en dertig duisend rand kos.
Vir die prys kry jy 'n 3,8 liter Cummins engine, 'n ZF 6-spoed ratkas, 'n gemaklike kajuit wat 'n handige dag lug kap het, EN soos wat die nasionale bemarker baas by FAW Eugene van der Berg my gister gewed het, die ligste diesel verbruik in die klas lorrie op die paaie vandag.
Hy vertel op die retoer toetsritte tussen PE en Jaansberg, met vier ton vrag op, was die gemiddelde syfer 5,8 liter op 'n 100 km, wat rerig goed is.
En wat nog goed is, is dat die lorries deeglik getoets en verstel is vir SA toestande. In die middel 90s, toe baie Sjinese voertuie ingevoer was, het die oorsese inginieurs gedink as hulle lorries en bakkies dit in Sjina maak, sal die hier maklik slaag. Maar ons ry tipies baie hoog -- so 1500 meter bo seevlak -- wat meen die turbo's werk baie harder, ons ry vinniger en verder op 'n dag, en dan dra ons tipies swaarder vragte.
So die ouens het op die harde manier geleer 'n lorrie moet plaaslik getoets word en dis presies wat FAW met die nuwe nege ton lorrie gemaak het met 'n vier ton vrag.
Nou, vier ton is nie veel meer as wat sommige ouens op 'n bakkie en sleepwa gooi nie, so vra ek toe vir Eugene hoeveel kan die nuwe 9-140  lorrie dra, Die kort antwoord is ses ton minimum, maar danksy lugremme is die gekombineerde voertuigmassa 14 ton, wat meen jy as jou sleepwa lig genoeg is, kan nog so ses ton sleep ook.
Eugene vertel die nuwe wa is presies gebou soos die klante hier en in Afrika dit soek -- niks fieterjonsies in die kajuit of elektronika in die enjin nie -- net krag en bewese tegnologie wat hou en hou. Terluiks, van daai klante in Zambia en Kenya praat ook goeie Afrikaans soos ons boere mos uitweik.
Daar is ses modelle van die nuwe 9-140, van 'n valkant tot 'n tipper, als word by Coega gebou en ek sien baie uit om die wa te toets met die toe kajuit,
So vir manne wat in die mark vir 'n lorrie is, gaan kyk gerus na die nuwe FAW model.

Ons het nog 'n paar minute, vertel van die Clio op steroids?
Dis die Renault Captur, en dis gister bekendgestel. 
Ek was nie op die bekenstelling nie, maar kan darem pryse gee, daar's drie modelle van R219 900 vir die 66 kW Expression; tot R279 900 vir die 88 kW enjin  in Dynamique inkledign.
Nou is die nie 'n nuwe voeruig nie, Die motor is al in April 2013 bekendgestel,  en het toe al die crossover pryse gewen.
'n Cross over nie 'n oom met 'n rokkie nie, maar n motor tussen 'n klein luikrug en 'n grootter sportnuts.
Die RAV4 het destyds die nis begin, en die Captur sal dalk net so sag op die oog val vir plaaslike kopers.

En die nuwe gewildste bakkie?
Some would say this 1960 Ford is the best pickup design
especially all those made by accident on the front bench. 
Ja, ek kan mos nie in Hermanus of Overberg 'n bier drink sonder om te hoor ek is anti-Hilux nie. Vir die rekord,ek
issie 'n auntie nie EN ek laaik die Hilux baie, maar anders as meeste Toyota manne, is ek wel bereid nie net dat ander bakkies op my erf parkeer nie -- ek ry hulle selfs!
En lyk my ek is nie meer alleen nie -- want Ford het laasmaan 3 095 Ranger bakkies verkoop. -- en onthou dis in die kort maand van April met sy twee halwe werksweke!
Dit maak die Ranger nou amptelik SA se top verkoper, gewildste bakkie, nie meer die Hilux nie.
Ford self doen oor al die modelle voertuie ook nie sleg nie 
Total verkope van 6 483 units for April  wat vertaal na 'n markaandeel van 1 in vier motors en bakkies in die kort maand. Jaar tot jaar staan Ford nou op hoogste nog -- 16.3% -- en ek wil meen al die pryssange wat ons hier op Overberg vir die ecoboost enjintjie en die heerlike hanteer Figo gemaak het, het bietjie gehelp.
So dis duidelik nie meer Foute Oral Reperasies Daagliks nie -- soos wat die oue grappie gaan nie -- die blou ovall maak golwe en die slim mense sal gaan kyk wat daar gebeur.

Elektriese skaapsplank

Wyl ons nog 'n minuut het, wil ek ook vertel van 'n nuwe skaatsplank. 'n Overberg Wiele sessie sal darem nie reg wees sonder 'n stel vreemde wiele ook nie!
Die skaatsplank is van carbon fibre gemaak, maar met soveel as moontlik stukke uitgensy om gewig te spaar sodat die plank meer soos 'n spinnekopweb lyk. En jy ry hom nie, jy stoot hom, wat die vervaardigers verkoop ook 'n lang yshokkiestok met 'n swaar rubberwiel en elektriese motor in die gebuidge kant onder.
Die idee is dan jy staan op die plank soos 'n gondolier in Venice, leun terug op die hokkiestok en stoot jouself teen tot 43 km per uur vorentoe. Maar nie almal van ons het sowat R10 000 vir so 'n speelding nie.,.

Daar het jy dit, van nuwe lorries tot vreemde skaatsplanke, net hier op Overberg Wiele...