Search This Blog

Tuesday, May 19, 2015

Radio Overberg précis

Rene, Elain and Nelrie check out Nampo 2015
This talk covered 
- the new Jeep Renegade, 
- the right to repair campaign 
- the Opel Adam and 
- the Nampo harvest festival

Die nuwe Jeep Renegade is nie 'n Fiat nie, dis die eerste ding wat Jeep baas in SA, Trent
Barcroft, my gister vertel het.
Die Renegade word wel in Italïe in 'n Fiat fabriek gebou en het 'n dieselfde onderstel as die Fiat 500 met boonop Fiat se heerlike 1,4 Multi Air petrol enjintjie -- maar als bo die bonnet is pure Jeep, verseker Barcroft.
Van die enjin gepraat, die veertienhonderd maak maak oor die 100 kW en ver oor die 200 Nm.
Maar die Renegade is amper 4 meter lank en weeg met my agter die stuur en 'n ol tenk brandstof meer as twee ton. So dit cute waentjie is nes die nuwe RAV4 heelwat langer en swaarder as wat hy lyk, en dit meen jy moet daai klein enjintjie oor die 4000 toere kry en dan die ratte roei om al die kilowatte te voel as jy nie wil agter raak in die stadsverkeer nie. En meer as twee ton meen daai 230 Newtons is net-net genoeg op die oop pad, so wat ek poog vertel is dat jy op geen stadium oorweldig gaan voel met al daai kragsyfers nie.
Nou hoop ek jy weet waarvoor Jeep staan?
general purpose, of G P.
inderdaad, maar Jeep het ook agtergekom mense is bereid om meer te betaal eerder as om commin te lyk, en die nuwe Jiepie is op hierdie premium kopers wat groot skuld wil maak, gemik.
Die Renegade 1.4L Limited kos tien rand onder R375 990, die goeie nuus is dat die eerste 500 Renegades het klomp ektras kom, soos Satnav en grootter wiele -- als "verniet" in aanhalings tekens.
Daar is ook die standaard drie-jaar of 100 000 km waarborg, maar dan is daar 'n SES jaar /100 000 km diensplan.
Ses is mos langer as die gewone drie of selfs twee jaar diensplanne, is dit 'n goeie ding
Jeep noem die diensplan 'n class leader, maar daar daar is 'n paar mechanicks wat meen dis 'n euwel die wat met wortel en tak uitgeroei moet word.
Jean Labuschange and Simpiwe Ncobo want OMEs to part
with info on parts. 
Hulle steun die Reg om Reg te Maak, of in Ingils die Right to Repair projek, wat mik om die vervaardigers sover te kry om te besef as mens 'n kar koop, koop jy ook die tegniese inligting wat nodig is om die kar veilig en aan die gang te hou. Die duur prys sluit mos jou deel van al die navorsing en ontwikkeling wat in daai model ingegaan het in.
Die vervaardigers sien dinge natuurlik nie so nie, want net soos Jeep met daai ses jaar diensplan, wil hulle mens jaar na jaar na die werkswinkel toe terugbring om daar sogenaamde oorsponklike onderdele pryse te betaal.
Nou is die skande dat vele van die oorspronklike onderdele generiese weergawes het op dieselde lyn in dieselfde fabrieke gemaak word en dan net in ander boksies gesit word.
Die onderdele is natuurlik soos generiese medisynes baie goedkoper.
Maar jou mechanik kan nie soos jou apteker dubbel seker maak die generiese onderdele is presies reg nie -- want die vervaardigers weier om die tegniese inligting te deel.
Die mechanics sê dis unfair, en vra wat sou gebeur as mens 'n vliegtuig so verkoop.
Radmark en BWM het in Suid-Afrika mekaar al vere kere sleg gepraat in die hof, maar Radmark het gewen en kan na dese sogenaamde nagemaate BMW panele aan paneelkloppers verkoop, wie dit dan goedkoper op jou kar kan sit.
Die Reg om Reg te Maak projek is rondom die aarde aan die gang, maar daar's groot geld op die spel en daarom is dit 'n felle stryd howe wat nog lang gaan duur en 'n paar prokureurs nog baie ryk gaan maak wyl die mechanics sukkel om by jou begroting in te pas.
Van mechanics gepraat, ek was nou die week in twee Opels -- Opels was in my vriendekring die mechanic se gunsteling motor -- parte was goedkoop en die enjins kon witwarm gemaak word.
Vandag se Opels is meer 'n motor vir seksie meisies, soos in die nuwe Adam, maar ek moet julle vertel die Adam supermini met sy beswese 1400 is weer presies daai lekker Opel Kadette wat my vrinne met die griesomlynde naels so gelaaik het.
Binne in is die Adam net 'n virstiplek as die bestuurder kort bend het. Die 14 doen niks nuuts soos die 1 liter van Opel nie, maar hy doen als reg, het baie spasie rondom die blok om aan te werk, en werklik al ding wat ek teen die spesifieke Adam het, is dat die enjin kap al te maklik deur 'n rampokker met 'n lang arm oopgemaak kan word.
Opel sal moet kennis neem hier in SA steel mense motors.

Van Zyl Steerlworks' 18 ton loadbin with the biggest tyre in its class
Jy se Nampo is grootter as Sema?
Ja, en my bron is redakteur, boekhouer en koppelaarbouer Graham Erasmus, wat al by 'n paar van daai Sema skoue in Las Vegas gepimpde motors gaan takseer het.
Nou het ek die stadsjapie Erasmus laasweek by Nampo raakgeloop en hy was grootoog oor die reuse trekkers, maar sy boekhouer-hart  was selfs meer grootoog oor al die afslag op alles.
Hy't my vertel die Sema skoue wat hy begewoon het is baie duur en trek daarom maar so 200,000 mense. Nampo is nie baie duur nie en trek 250,000 mense.
Wat meen dis net grootter en Bothaville.
Nie alles is egter grootter nie. Die kleinste waentjie wat my kop laat draai het is Suzuki se Gypsy, wat tans net in Namibia te koop is.
Die 4 meter lange bakkie dra net onder 'n half ton, het lae strek en weeg net oor die 1,6 ton MET 'n besturder in, so hy kan oor amper alle modder en sand ry.
Suzuki vertel my die Gypsy is nog nie gehomologeer nie, maar is wel oppad.

Laaste moet ons darem afsluit met iets vreemds, wat is raar maar waar in die wêreld van wiele?
Bike Balls.