Search This Blog

Tuesday, July 14, 2015

Radio Overberg précis

Een liter enjins -- my eerste grassnyer het 'n grootter enjin gehad, maar deesdae loop al wat 'n klein luikruggie is weer met een-liter enjins. Die groot vraag van almal van ons wat die lekker gebrul van V8 ken -- gaan die hardwerkende klein enjintjies ook minstens 'n kwart miljoen  kilometers kan doen?

Daai Daihatsu Charade karre het destyds reeds gewys die klein enjintjies kan amper miljoen kilometers hardloop, of tot die oudste seun agter die wiel klim, en die nuwe generasie 3 en 4 silinder enjins met 'n een-liter kapasiteit is baie, baie beter.
En vir die wat wonder of the klein geblokde kragbronne hou, kan ek net noem Ford se 990cc Ecotek enjin is nou al vir die vierde jaar agtermekaar as die wêreld se beste enjin aangewys. 
Meeste mense ry so 8-12 duisend km 'n jaar, en die afgelope vier jaar het eienaars nog nie kans gehad om naby
daai kwartmiljoen te kom wat Toyota eienaars mos as net mooi ingeloop beskou nie, maar ek sit my kop op 'n blok die klein enjintjies sal -- met goeie sorg -- minstens 200 000 km haal.
En die goed LOOP hoor! 
Ek was gister 'n vier-ure rit in die klein Opel Adam turbo , die dingetjie is skaars grootter as 'n renstelmotor (daars nou 'n mooi woord vir 'n go-kart!) en ek is beïndruk met die 3-silinder 1.0l Turbo ECOTEC. 
Ek en die ou saam my trek die skaal oor die 200 kg maar ons kon met togbeheer, oftewel cruise control, steil bulte uit ry sonder om spoed te verloor. Dis danksy 85 kW (115hp) en 170Nm torque en 'n ses-gang ratkas. En as jy die regtervoet neersit, dan voel dit of jy 'n blerts terpentyn in die Adampie se kezaust gaan smeer het. Daar is dus niks vrese oor lorries verbysteek soos in die Adam met die 1,4 enjintjie nie.
Nou moet ek bysê, as jy voet plat ry verloor jy al die ekonomie wat die klein enjins kan bied, want hulle is net so swaar op brandstof as enige 2,4 liters jy die toere druk, en mens kan argumenteer dat 'n V6 op die oop pad stellig 'n laer gemiddelde verbruik sal lewer, seinde jou toere nie heeltyd op en af sal gaan soos in die klein-enjin karretjies nie.
Daarom is ek BAIE meer opgewonde oor die Hollandse Stella.
Dis 'n sonkrag gedrewe, vyfsitplek familiemotor wat op NET sonkrag loop.
En met reuse sonpanele op die dak om die voorafgelaaide batterye in die ry te help laai, maak Stella op die lang pad MEER krag as wat sy gebruik, soos hulle nou al bewys het op roete deur Holland.
Ek wil dit graag herhaal. Hier is 'n motor wat meer krag maak as wat dit brand.
Bewys en getoets.
En dit van twee dosyn Nederlandse studente (waarvan een in Pretoria geskool het).
Meeste van julle het seker al die plat goggamobiele gesien waarin die studente aan sonkrag resiese deelneem. 
Tennoor die plat karretjies is Stella enorm, met gemaklike sagte en breë sitplekke vir vyf asook 'n gestroonlynde gesig wat lyk soos 'n Pug wat die myle wil opvreet. 
Ek voel so sterk oor die wa dat ek vir Gideon gaan vra om my blog aan Radio Overberg te koppel, lat julle die prentjie kan sien. 

Ons gesels gewoonlik laaste oor weird wiele maar maak die nerds en saai faai fans wat luister gelukkig en vertel ons oor die reuse robot geveg wat kom.

Megabots, 'n Amerikaanse maatskappy met 'n reuse robot wat onder andere enorme verballe so hard skiet dat dit motorpanele induik, het Suidobashi se Kurutas-robot uigedaag, en die ding is nou soos die Ingilse se "viral".
Die Japanese maatskappy het egter die standaarde verhoog en vir die Amerikaners gesê hulle moet nie so stereoptipeis wees met 'n groot masjien en grootter guns nie, hulle wil in die geveg vir die kykers iets gee met hand-tot hand boks en stoei ook. 
Suidobashi se robot kan boks maar het ook twee Gatling masjiengewere het wat vreeslik baie BB koeltjies skiet, so die Maerikaners sal tussen nou en Junie 2016 hard moet werk om hulle masjien meer behendig te maak.
The Kuratas is vinniger op vier wiele met onafhanklike "enkels", maar die Amerikaner is swaarder en meer stabiel. En ons sien daagliks op die paaie hoe vaar ligter, vinniger motors teen swaarder, stabiele trokke in botsings.



Daai twee robotte gaan verseker 'n onderhoudsplan benodig na hulle geveg. 
Maar wat van ons motors -- ons kry gereeld die vraag of mens 'n diensplan vir jou motor moet koop?

Kyk, as jy nie jou motor se kabels so slap en laag soos Trannet se kabels oor 'n Spaanse lokomotief dak wil laat hang nie, gaan jy MOET onderhoud doen op jou voertuig. Die goeskoopste manier om te verseker jou motor se binnegoete loop mooi is om die swart olie meer gereeld as wat die boekie se met goudbruin te vervang en altyd lae toere te ry.
Maar dit maak net die enjin langer hou en gaan nie jou remskoene spaar of jou tydketting vervang nie. 
Dis duur items die en jy moet elke maand ietsie wegsit hiervoor, diensplan is die maklikste, maar jy betaal meer...

Ek het 'n laaste vraag, wat dink jy van daai plat Renault, ek dink dis die Megane koepee?
Dis die Megane GT en ek wil nou sommer sing "how much is that doggy in the window", want ek het nou die dag ny 'n handelaar verby gery met net twee GTs in die venster, en hy adverteer beste inruil opjou voertuig om die GT's die kwartaal te skuif.
Daai handelaaar is doer noord in Pmb, en bel hulle gerus as jy 'n lekker kar het om in te ruil. Maar let wel, die GT is 'n resies kar, hy ry kliphard op laeprofiel bande, dis heerlik om die veegdraaie tussen Overberg en Swellendam en veral om Phakisa, maar as jy nie elke dag lang paaie ry nie maar net in die dorp pendel, hou eerder by 'n hoogsit motorjie op hoe bande wat die slaggate kan hanteer. Maar vir lang paaie is daar min dinge lekkerders as 'n koepee GT.