Search This Blog

Tuesday, July 28, 2015

Radio Overberg précis

More op Overberg Wiele gesels ons spesiaal oor spesiale aanbiedinge.
Want dis einde van die 3e kwartaal en almal het verkoopsteikens om te maak deur aan jou 'n motor met groot afslag te verkoop
Daar is natuurlik terme en voorwaardes, en ons trokdrywwerskrywersvriend beloof om ons meer hieroor te vertel,
En vir ons weeklikse dosis weird wiele het ons nuus oor die eerste Afrika motor in die sonkrag resies wat elke tweede jaar in Australie plaasvind.
Als net op Overberg Wiele, elke Woensdag kwart oor agt, mits spitstye toelaat.

Dis alweer kwartaaleinde en almal verkoop motors met groot afslag, maar wat is die vangplekke?
Finansieiring binneshuis, gewoonlik lae inrui maar druk gerus arm deur tweede opinie in te win, verwag ook hogere rente en doen die selle -- shop rond.
Dis 'n kopersmark en die handelaars wil graag aan jou 'n kar verkoop.
Maar onthou, jou maandelikse afbetaling is rofweg net 'n derde van die voertuig se totale maandelikse koste. 
Doen jou somme mooi sodat jy kan petrol ingooi en nog iets kan wegsit vir reparasies as jy nie die duur diensplan opsie in jou afbetaling het nie.

Kan mens ooit met 'n geruste hart 'n tweedehandse motor koop, daar's mos baie slenters?
By groot name gerus, en ek noem hier graag die Imperials en die McCarthys en die Barons en natuurlik enige van die nuwe handelaars. Almal beskerm hulle reputasies en weet een slegte kar kan jare se negatiewe publisiteit op Hello Peter en bymonde in die omgewing veroorsaak.
So hulle motors is skoon en reg.
Maar dis natuurlik baie duurder as op 'n veilings, waar ek voorstel jy eerder wegbly as jy nie kan spanner swaai nie. Onthou, die Verbruikerswet laat veilings en privaatverkopers steeds toe om voerttuie voetstoots te verkoop, en as die bod op jou toegelsaan is, gaan jy dalk wel met die voete moet stoot.
En privaat koop uit koerante -- man, Carike, ja, ek het so al twee winskope gekoop, maar net laas week het ek en ''n buurman  wat sy hart op 'n Toyota ses en tagtig het, gaan kyk na een wat net te goedkoop was om waar te wees. Die kar is vir R100 duisend minder as normall geadverteer. Maar die kar was ver, dog het die verkoper het ook geen probleem om die kar af te ry nie om te kom wys nie, maar natuurlik moes daar n klein deposito vir die reis betaal word...  
Nou is nie ek of my buurman gister gebore nie en wyl ek in die ses en tagtig se rigting moes ry, ry hy saam om die sportmotor in situ te gaan inspekteer. Nodeloos om te se bestaan die adres toe nie en is die kar kamtig net daai oggend, kwart voor sewe, verkoop. So maak jou lysies en tik elke boksie voor jy kar koop, is wat ek poog se.

Wat is hoog op die lysie van mens wat nuwe karre koop?
Uit Engeland het 'n versekeringshuis laasweek 'n studie gedoen wat wys 'n kar se voorkoms, prys, ekonomie, krag. Kleur is veral belangrik, spoed heel laaste. Een van die grootbase by Imperial wat mos baie Toyotas verkoop, vertel my nou die dag voorkoms, prys en reputasie, en dan eers transport is mense se hoof behoeftes in kar koop.

Gepraat van kleur, is daar gevaarlike kar kleure?
Soos die paaie voller word geld die statistieke al minder -- maar silver is tradisioneel veiliger, wit baie gewild. Ironies, silver wat my gestamp het in sirkel.

Sirkels is nie iets wat ons hieronder ken nie -- hoe werk hulle nou weer?

Laaste -- Afrika se eerste sonkragkarre wat Doer Onder gaan jaag, wie wat en wanneer?
UKZN, ons hoop vir top 10 plek al is ons underdogs.