Kawasaki's Ninja is one of the favourites to win South Africa's 2015 BOTY. |
Ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen vertel my hy het vanoggend vir 'n slag bietjie goeie nuus, dan gons dit onder ons bromponieryers oor die motorfiets van die jaar, en soos altyd bring ons vir julle 'n stel vreemde wiele, als net hier op Overberg Wiele.
Alwyn, wat is die goeie nuus?
As die rand se huidige uitruilkoers hou en olieprys bly sak, betaal ons vlge maand weer bietjie minder vir brandstof. Met die tyd wat so vlieg vergeet mens om die weke te tel, maar onthou die
petrolprys word elke eerste Woensdag van die maand aangepas.
Ek sit natuurlik met eier op my gesig, want ek het laasjaar nie net voorspel onse dierbare president sal in Oktober op siekverlof "geboard" word nie, maar ook dat ons vanjaar digby R13,50 'n liter sal betaal.
Wel, ek is bly ek was verkeerd oor die olie, maar ek is in goeie geselskap, want die Amerikaners se skalie-olie is die rede hoekom die Arabiere tans die prys laag dwing -- om al die lande waar die olie diep is, en duur is om uit te haal, uit die mark te dwing. Maar ja, oor 'n gelukkige dertien dae sak ons petrolprys weer met 'n paar sent.

Die bromponies van die jaar, ek het nie eers geweet ons het so 'n kompetiesie nie, is dit 'n nuwe ding die?
Nee, nou al in die 3e jaar, die bromponie-kompetisie word amptelik die Pirelli Motorfiets van die Jaar genoem, maar bromponie is beter, want die manne brom elke jaar oor die keuses hoor!
Hoeveel fietse neem in die kompetiesie deel en hoe werk dit?
16 van hulle, van sg. "kaal" of "naked" motorfietse wat vir stad ry gebou is, tot veldryers en cruisers en selfs die eerste elektriese motorfiets. Die Pirelleli fiets van die jaar het laasweek op die heerlike kronkelpassie by Fort Klapperkop in Pretoria begin, en toe getoer na Lydenburg oftewel Mashishini om oor die lang veegdraaie van Long Tom-pas te gaan ry, en toe weer terug tot by die Red Star Renbaan naby Bronkhorstpruit, waar die wenner vanaand aagekondig word.
Nou, as ek so luister na die klomp manne wat die fietse op grond van hul tegnologie voortuitgang gery en getakseer het, is die stryd vanjaaar tussen die Yamaha R142 en Kawasaki se Ninja H2, met my keuse op die Jummie, net omdat ek nog altyd 'n sagte plekke vir die handelsnaam het, presies daar waar die been helemal stukkend geskop was deur my ou XT550 een-silinder.
Maar vertel my meer oor die elektriese fiets -- jy het mos 'n elektriese skoeter -- is die dieselle model?
Hu-u. Myne is 'n Whispa wat lyk soos 'n Vespa. Die finalis vir die Pirelli Motorfiets van die Jaar is die Zero, en die vinnige, sterk Zero is werklik indrukwekkend, tot daar waar die batterye pap rak. Vir stadsrers pla dit nie, want jy't minstens 50km, maar oordie digby 300 km tussen Pretoria en Lydenburg, maak jy dit nog nie met net batterykrag nie.
Ons moet klaarmaak, wat is ons week se weird wiele?
Ek moes die week kies tussen die kleinste elektriese voertuig nog, die WalkCar, en die Australiese Immortus.
Die Immortus het tans die meer ON-ingeligde karkletsers aan die gons, want die Immortus beloof dan om -- soos daai ander produk uit Australie, die rondomtalie wasgoedraad -- 'n sonkrag gedrewe produk te wees.
Nou is ek gek oor sonkrag karre, en gereelde luisteraars sal onthou ek het die Stella Lux, wat mos deur Hollandse studente gebou is en alreeeds padwettig is, hier op Overberg Wiele as die belangrikste kar in die eeu bestempel.

Maar ek is nie so gek oor die sonkrag-gedrewe Immortus nie. Eerstens is dit nog net 'n idee, tweedens vertel die Australiers agter die idee hulle sonsportmotor is deur flieks van 'n post apokaliptiese wêreld geinspireer, -- dink net aan Mad Max flieks, waar almal vir die laaste paar druppels brandstof baklei.
Nou sal die van ons luisteraars wat al die nuwe Mad Max gekyk het, saamstem dat Immortan Joe enige sonkarrietjie sal platry en saam met sy ru-olie vir ontbytpap eet.
So, kom ons maak die weird wiele van die weekm Cocoa Motors van Japan se laptop-op-wiele, die WalkCar. Die afgesaagde eletriese skaatsplank word klaar in Japan verkoop, het twee wiele wat jou trek met twee caterwieletjies wat jou maklik laat draai, en kan jou al staande teen 12km per uur voort stu. Om vinniger te ry, leun jy vorentoe, vir stadiger leun jy agtertoe, en as jy moet, kan jy net afspring, dan stop die plank dadelik.