Search This Blog

Tuesday, October 6, 2015

Like a staffie, with lipstick

Sorry Buddy, you are not the right face for the Aygo 
Met 74000 Aygos wat laasjaar wêreldwyd verkoop het, het die Aygo homself lankal bewys, maar Toyota Suid-Afrika sal stellig ’n nuwe hond moet kry om die nuwe, diep gekeepte Aygo met sy groot X-neus te adverteer.
Buddy die vriendelike Boxer sal eenvoudig nie hond haaraf maak om hierdie luikruggie se klein-botteltjie-groot-gif karakter oor te dra nie. Die eerste indruk van die Aygo in sy natuurlike habitat – ‘n ondergrondse parkeer area – is een van ‘n knorrende behoefte aan vryheid,
soos ’n Staffie wat aan sy hok geketting is.
Hallow Staffy, your nose has the right lines for the ad
Knip daai kwaai Staffie se ketting met die draai van die sleutel en die klein Aygo plesier volgende jou ore met ‘n lekker grom uit die drie-silinder petrol-enjintjie; en jou oge met al die kleure in die groot, ronde digitale spoedmeter.
Die ewe-veelkleurige raakskerm is werklik maklik om te gebruik en koppel met ’n paar drukke aan enige slimfoon. Die spoedmeter word deur ’n vertikale venster verdeel wat al jou vrae oor brandstof en temperature antwoord. Neffens die groot spoedmeter vertel ‘n helder oranje toeremeter links en twee pyle regs jou wanneer om die volgende van vyf ratte te hak.
The Aygo, like a staffie, with lipstick.
Tweede rat is lekker lank om die meeste van die een-liter enjin se respektabele 51 kW en 95 Nm te maak. Danksy Toyota se slim, stelbare kleppe is die krag van lae toere af beskikbaar om die luikrug in onder 15 sekondes van nul tot by 100 km/h te laat versnel. Vyfde rat is egter net vir toer, en teen 100 km/h op die oop pad gee die motortjie dan ook meer 22 km per liter. Selfs in die stad/snelweg toets het Toyota 4.4 op/100km gekry, wat meen die Aygo gaan nie jou beursie op die lang pad skud nie.
Op stamperige paaie skud die 500 ml bottels wel in die vier bekerhours danksy ‘n bewese maar goedkoop wringas wat die agterwiele vashou, maar die voorwiele se MacPherson-vering stuur gemaklik om draaie, met voorspelbare stuurtraagheid en selfs ‘n gewilligheid om ’n agterbeen te lig. 
Touch-screens do not get more user friendly than this.
Die Aygo se nuwe skottelsitplekke is vir jonger heupe ontwerp en die kattebak is nou 26 liter grootter, maar teen 168 liter is dit steeds net vir kleiner, stadskatte bedoel.
Die Aygo word steeds in die Tjeggiese fabriek gebou wat Toyota met Peugeot en Citroën deel. Peugeot verkoop die Aygo as die 108 en by Citroën is die die C1, algar met Toyota se enjin,wat plaaslik met ’n drie-jaar of 100 000 km waarbog kom – en ’n diensplan wat soort van opsioneel is. 
“Soort van”, want Toyota hoop plaaslik om 250 Aygos ’n maand te verkoop, en die eerste 1000 kopers kry die opsionele diensplan op die koop toe.
Kopers kan tussen drie modelle kies, met net R1000 verskil tussen die intree Aygo 1.0 vir R138900 en die X-play Black en X-play Silver, wat ’n swart of silver dak bysit, vir R139900.
(First published in Die Beeld and Die Burger.)