Search This Blog

Sunday, January 26, 2020

Wanneer ouma inpak

Customs made me unpack, after granny slipped a few gifts for the kiddies into my luggage.
Vlieg ek vandag terug na kuier by ouma Wena.
Sy het n pakkie vir almal opgemaak. Geseel en en klein genoeg vir my lig-reis filosofie.
Maar wat ek nie weet nie, sy had ook ewe liefdereik vir haar kleinseun n swaard ingepak.
Jip. 'n SWAARD.
"Unpack please sir."
Ek "unpack".
Daars eers baie leë spesery botteltjies.
"Whats this?"
"I grow herbs and recycle."
Lang kyk.
'n Man met n labrador staan nader.

"And this sword?"
"Its gogo's gift to her grandson, she doesn't know about flying."
(Maar ek maak orrels met my vingers agter my rug want ek weet ek lieg nou soos n Stellenbosch ouditeur. Ek het mos net gisteraand gehoor one ouma het al minstens 60 keer in haar lewe haar tasse by internasionale doane deur gesleep.
"And the handbag, why does a man need a handbag?"
'n Ander man, die ene met hun pistool wat so laag op sy dy gestrêp is, stan ook nader.
Ek wys daars eintlik twee handsakke, elk met 'n geskenkbriefie.
Nou word 'n vrouebeampte nader geroep.
Ons wag. Ek kry nog n lang kyk. Ek verstaan die kyk.
Dit sê mans krap nie in ander mans se handsakke rond nie. Veral as ander manne met honne en pistole toekyk.
Nou word elke geskenkpakkie oopgemaak.
Ek vertaal die baie briefies oor die verskillende geskenkies vir die doane.
Hulle versag effe.
"That is a good goggo."
Ons is algar amper vriendelik. Die labrador gaan sit en lek sy gat en die ou met die pistool haal sy hand van die kolf af.
En toe...
"Manje, what is this white powder."
"Huh, waffer wit poeier?"
Die labrador kyk belangstellend op en die hand is terug op die kolf...
Draai uit daar is ook Cremora pakkies waarvan een nou oop is.
Ek vra jul.
Cre'mooooora.... its not on top! Its inside!
Wonder ek, gat ek nou wragtig geboei word omlat my ma altyd die pakkies by restourante steel!?
Ons Maritzburgers gebruik nie eers Cremora nie!
Toe bieg ek maar my ma is lankal oud en kens en meen ek eet nie genoeg nie en poog die pap (Cremora is mos bloot fyn mielie meel) in my koffie glip.
"She is a good goggo but you know when they get old, êh... ê ê."
Hulle het my uiteindelik laat gaan sonder arres.
Maar daai ou se hand was op die kolf tot ek by OR Tambo se roltrappe indraai na hek E19.
Nou sit en tik ek die vir my familie om tog nooit Wena OOIT iets te laat inpak nie.
Sy maak mens sommer n swaard-draende terroris EN n drug mule!
There is no helping a mothers' love!