Search This Blog

Wednesday, September 22, 2010

'n Bakkie vir rokdraers met knaters

The new Amarok, best
enjoyed on the rocks
Die baas van Volkswagen SA se handelsvoertuie hul nuwe bakkie mooi opgesom:  "Dis die veiligste dubbelkajuit bakkie, met die laagste uitlaatgasse en jy kry 1000 km uit die 80-liter tenk.” 



Die Amarok moet egter nog sy plettertoetse by die Europese botstoetsprogram doen, dus het ek my eie boere-plan roete gery en soos die video wys, is die Amarok baaaja pret.
Dis VW se eerste een-ton bakkie en hy is asof doelgebou vir Mme Caster Semenja – dis ‘n ware 


werkersbakkie die met hope standaard luukses wat ewe gemaklik in hardepunt stewels of spykerhakke is.
“Dit het ons lank gevat – amper 20 jaar – maar dit het ons ook in staat gestel om ons eerste een ton reg te bou,” vertel Andile, segsman van VW.

In Sept 2010 was die Amarok die goedkoopste luukse bakkie in SA:

R390,000 vir die Amarok TDI 2.0 4Motion (120 kW/400Nm)
R394,300 vir die Isuzu KB 300 D-TEQ d/kajuit 4x4 LX (120kW/230Nm) 
R394,700 vir die Hilux 3.0 D-4D 4x4 Raider d/kajuit (120kW/343Nm)


...en R404,150 vir die Navara 2.5 dCi 4X4 d/kajuit 6-gang (128kW/403Nm)

Tegnies gesproke raak min van bostaande bakkies aan die Amarok, welke pronkperd-bakkie se 16.5:1 drukverhouding verstommend gevorderd is. As drukverhoudings jou oge laat glas, is die beste voorbeeld van al die 20-jaar lange beplanning wat in die Amarok se ontwerp ingegaan het, dalk die outo-afsit laaibak liggie onder die remlig op die dak. Die lig verlig die hele laaibak, maar sit outomaties af as jy vorentoe ry, lat jy nie die ou agter jou verwar deur soos 'n aankomedne, laag-vliegende Cessna te lyk nie. 
Binne is daar beker en bottlehouers, ‘n uittrek laai en albei sitplekke voor is hoogte verstelbaar. Moenie dat al die luukse Europese stylering en inkleding jou flous nie – daai laaibak is grootter as die Navara s’n en die Volksie staan hoër as die Hilux.
Dan is die Amarok se enorme koppelaar skynbaar net so uit een van die VW lorries oorgedra en jy moet jou trap trap om elk van die ses ratte te wissel. Dit meen egter ook dat liefie nie sommer die enorme plaat sal kan buig nie, al wring sy die koppelaar met al die Amarok se 400 Newton meters om die volle toelaatbare gewig van ‘n 2,8 ton teen ‘n bult uit te trek.
Boonop dra die Amarok ‘n twee loonvragte. Afhangende of jy elke dag met vier werkers in die myn met volle vrag moet gaan werk of eerder sag met die familie wil toer, kan jy twee bladvere kies om of 1,147 kg of 948 kg te dra.
Die 4Motion het voorts niks met die Syncrho kombi se sagter viertrek-stelsel uit te waai nie, maar behels elektroniese naafsluiters en ‘n properse ‘diflok’ op die agteras.
Verder bied Volkswagen SA jou ‘n keuse van vier diesel modelle in agt kleure in 4x2 of 4x4, met met een (90kW, 340Nm) of dubbel-turbos (120kW, 400Nm).
Jaco vertel verder dat SA se eerste turbo petrol bakkie (118kW, 300Nm) vroeg in 2011 sal land met ‘n outomatiese ratkas teen 2012.
As jy egter nie al klaar jou Amarok bestel het nie, gaan jy lank wag. Die fabriek in Pacheco, Argentinië, bou wel 100 per dag, maar Suid-Afrika kry net 1200 per jaar om Volkswagen 15% van die bakkiemark te gee.
Ek het die 2.0 dubbelturbo in die ongerepte Baviaanskloof gaan ry sonder om ‘n oomblik skuldig te voel oor al my diesel uitlaatgasse. Die Amarok se uitlaatgasse is klaar laag genoeg – van 202 gram vir die enkel turbo tot 236 gram vir die turbo petrol enjin. Baviaanskloof bevat egter ook derduisende spekbome wat elke tot 15 ton koolstofdioksiedper jaar absorbeer.
Die “Wilderness Fondation SA” begin juis nou kyk hoe om die spekbome aan te plant sodat boere met koolstofkrediete kan woeker en alle eer aan Volkswagen wat sulke projekte al 25 jaar steun.