Search This Blog

Tuesday, February 11, 2014

Transcript Radio Overberg Wiele 12 Feb

The Chev Sonic RS and I at Radio Overberg's office.
Transcript of Radio Overberg 'Wiele' live broadcast on 12 Feb 2014. 
The conversation to listeners in the Overberg area around Bredasdorp covered:
- how fish eggs are good for a hang-ear (hang over), 
- how 'nobody knew, nobody thunked', but the Chevrolet Sonic RS is faster than what it's makers thought, 
- the expected Chev Ute facelift; and why it is the best-selling half-tonner in SA today due to fewer problems than the Nissan and Ford, 
- the enduring mystery to me of buying a half-tonner, when for a few rand more a GWM's one-tonners give a lot more space, 
- which of the 11 new Corolla models are the loss-leading bargains and my personal favourite of 'em all, 
- and finally, the total uselessness of airbags.
Dis kwart oor agt en tyd vir Wiele, met ons trokdrywerskrywer Alwyn Viljoen.
Ons gesels vandag oor twee karre wat elk so ...honderd vyf en twintig duisend rand kos.
Die eerste is daai klein Chevrolet hatchbacks, wat mos laasweek op 'n streep deur die dorp gery het, en die tweede is die wêreld se bes-verkopende sedan.
Alwyn, jy het laasweek met erge hang-ore hier ingewarrel om verskoning te maak dat jy laat was vir die gewone wiele program.
Vertel bietjie waarmee jy jouself so besig gehou het?

Salmon fish roe as sold in Japanse sushi bars
(Photo: www.tropicalisland.de) 
Skuus man, ek het dringend snoekuite gesoek vir daai hang ore, daar's mos niks soos vis-eiers om ‘n hangoor weer te spits nie. Maar die winkel in die onderdorp was nog toe, en weer jammer ek was laat.
En dan net ‘n regstelling, daai prys is TWEE honderd, nie honderd nie.

Skuus man, kyk ek net vir die 'd'.
Ja, deesdae koop jy omtrent net ‘n nuwe donkiekar vir ‘n honderd duisend.
Maar terug na die luikrug, ek was bevoorreg om die nuwe Chev Sonic RS te gaan toetsry - die RS is mos nou Chev se vinniger luikruggie, wat twee honderd vyf en twintig duisend en 300 rand kos.
In Europa word die Sonic RS tans “die arm man se Golf” genoem.
Plaaslik beklemtoon Chev dis nie blitsbuks nie, hulle dring trouens aan dis ‘n sporty kar, maar nie outright sporty nie.
Maar ek het bewyse die luikruggie is helemal vinnig genoeg.

Nou hoe vinnig is ‘vinnig genoeg’?
Van ons petrolkop luisteraars sou al gehoor van die 'Groen Hel' doer in Duitsland, dis ‘n toestsbaan met die amptelike naam van Noer-burg-ring.
Wel, hier in die Swartland het ons die ‘Swart Hel’, wat nie so 'n bekende toetsbaan is nie en waarop ek 2 honderd en 4 km per uur kon behaal.
Ek moet jou sê toe ek vir Chev ‘n foto van die spoedmeter wys, het amper op hul rug geval. Want amptelik kan die Sonic RS net so oor die honderd en neentig doen.
En dan moet ek bieg, die karretjie kan vinnig om die draaie ook, maar nie ek nie.
Ten spyte van my snelheid het ek ver tweede gekom in ‘n informele resies, met die voorste man wat baie meer vreesloos as ek die draaie in die Sonic RS aangepak het.
Maar waar ek so terug gehang het in die wantroue dat die bande se greep om die draai moet begin gly, het die ou daarvoor bewys die lekker ferm onderstel in die Sonic kan wel alles bymekaar hou as jy die lyne reg ry.

Hoeveel modelle van die Sonic is daar?
Daar is net een RS, maar Chev verkoop ook ‘n normale luikrug sonder die lugvlerk en groot wiele en chroom ligte, asook 'n sedan, als onder die Sonic naam.

Leller opgezhuss, nou meeste van ons ken net die Chev bakkie, wat mos die Opel was, is dit nie al tyd hulle die haltonner bietjie ontrimpel nie?
Daar is planne om die bakkie op te chuzz, maar ek meen die enjin gaan dieselfde bly, hoekom nou iets regmaak wat nie stukkend is nie nê?
Dan het Chev binnekort planne met 'n nuwe Trailblaizer, en die is net twee van die 15 modelle wat die groep vanjaar beplan.
Lyk my die  Amerikaners is nie meer so platsak as wat hulle in 2009  was nie.
Interessant vir almal van julle wat ry in die ou Opel Corsa bakkie, wat mos nou as die Chev Ute verkoop word, die klein bakkie is nie net die markleier onder halftonners in Suid-Afrika nie, maar as jy die klagtes oor die ander bakkies soos die NP200 se geratel of die ou Bantam se klaaglike koppelaars so luister, dan is dit met rede die gewildste klein bakkie op die mark.
Ek dink trouens die Bantam se koppelaar word van Quality Street lekkers se foelie gemaak. Jy moet niks met daai ene sleep nie, want hy gaan vou.
Maar vir ons wat vrag sleep sien ek egter nie die sin in ‘n halftoneer nie, mens kan vir ‘n paar rand meer ‘n een-ton GWM met baie meer ruimte koop as die klein halftonnertjie.
Dis nou wel Sjinees, maar hulle werk.

Jy het genoem ons gesels oor twee karre wat twee hondert vyf-en-twintig duisend rand kos, en die ander ene is die wat jy die wêreld se bes-verkopende sedan noem. Kan ek raai dis 'n Toyota?

Jy sal reg raai – dis die Corolla sedan.
Die nuwe Corolla is nou al die elfde generasie, en heel gepas is daar dan ook 11 modelle, wat van in prys wissel van net oor twee honderd en vyf duisend rand, tot net onder twee honderd vier en tagtig duisend rand. 

The new and the old, one is sold every 30 seconds.
Toyota spog dat hulle elke 30 sekondes êrens in die wêreld 'n Corolla verkoop, en 'n klomp van die word uit Prospecton buite Durban uitgevoer.
Net twee generasies gelede het die manne nog die negende generasie Corollas net vir Bloemfontein en Bredasdorp gebou, maar nou verkoop hulle in 56 lande, van Rusland se Stalingrad tot oral in Afrika.
En van daai manne by Prospecton werk nou al van die jare sestigs op die Corolla lyn.

Elf modelle, hoeveel enjins het hulle vir al die karre?
Daar is vier, 'n 1 komma 4 diesel, en drie petrol enjin, 'n 1 komma 3, 'n 1 komma 6 en 'n 1 komma 8 petrol.
Toyota het weggedoen met hul 2-liter enjins, en hul media man het aan my gebieg dat die twee 1 komma 4 diesel enjins tans amper teen 'n verlies verkoop word, as deel van Toyota se plan om die Koreane se Kias en Huyndais met agressiewe lae pryse aan te vat. Ek het -
Dis nou -
- Skuus om so in te tjip, maar ek het nou die handrat diesel ‘n paar honderd kilometer gery, en al wat ek onthou is die stilte en ruimte in die nuwe Corolla se kajuit – en dis juis die twee goed wat elke pa van jong kinders soek.
So as jy in die mark vir ‘n sedan is, slaan munt uit die taai mededinging en gaan kyk na die nuwe Corolla dieseltjie.

Is die diesel die ene wat twee honnert-vyf-en-twintig duisend rand kos?

Nee, onder die elf Corolla modelle kos die twee dieseltjies bietjie minder en bietjie meer as die Chev Sonic RS, maar die intree vlak 1,6 Esteem kos op drie honderd rand na dieselfde as die sportiewe Amerikaanse luikruggie.
Nou moet ek verduidelik die Esteem is die intreevlak Corolla, en in Esteem-drag kom die Japanese sedan nou wel nie met al die klokkies en fluitjies van die meer luukse modelle, maar dit het als in wat mens nodig en ook goeters wat mens nie nodig het nie, soos kant lugsakke, en daai 1,6 enjin ry so lekker soos die 2-liter gedoen het hier op kusvlak.

Jy en lugsakke, wat het jy teen die goet?

Dat hulle in jou gesig ontplof.
Vir al julle dames wat petite is en met kort bene naby die stuurwiel moet sit, wanneer daai lugsak ontplof gaan hy jou neus breuk EN jou skouerbeen EN jou op die koop toe nog tweede or derdegraadse brandwonde gee op jou arms ook.
Ek meen ‘n spies in stuurwiel 'n beter idee, gemonteer dat die skerp punt net-net so teen jou borsbeen druk.

- DAN gaan mens mos mooi bestuur!

Jy gaan verseker mooi kyk wat op die pad aangaan, ja.

‘n Ander ding van lugsakke, die goed het laas toe ek gekyk het, tot R20k om te vervang.
In Europa, waar dit wet is dat ‘n kar moet ontsluit as die sensor afgaan, steel mense nie meer radios en wiele nie, maar lugsakke. Die jongse loop met ‘n hamer rond, so klein rubber hammer, en slaan die bumper, of gryp sommer ‘n asblik en neuk dan die bumper daarmee, en dan ontplof die lugsak en die deure ontsluit en dan verdwyn die skelm met die lugsakke na die naaste unscruplous handelaar toe.

Nou het die nuwe Corolla tot 7 lugsakke – doen bietjie daai somme, 7 maal 20 duisend rand, en dink hoe duur maak dir ‘n kar as jy moet begin regmaak?
Ek dink ‘n rolraam en behoorlike oor-skouer gordels is baie beter en veiliger, of kom ek stel dit so, as lugsakke gewerk het, sou F1 karre dit ingehad het, maar hulle het rolrame en behoorlike sitplekgordels. Maar genoeg gepreek, met watter musiek speel ons uit?

Four Non Blonds se 'Whats up'.
Klink lekker, ek gaan nog snoekuite soek, groetnis aan al julle Overbergers!