Search This Blog

Tuesday, February 18, 2014

Radio Overberg transcript

The "2007 Red Rooster", powered by a naturally
aspirated, V12 diesel engine from a 
Russian tank.
Radio Overberg 98.4  broadcast 
The conversation covered 
- electric scooters, new models at ehizz and Zero in Cape Town.
- the difference between kilo-Watts, Newtons and the diferent types of horse powers.
- Dutch tractor pulling competitions, and who wants to do it locally?
- the weekend's racing, 6-our endurance at Phakisa, MotoX enduro at Champange Castle and next weekend, the start of the off-road season in Harrismith, only now we call it cross country. 

19 Feb Na ons laasweek soos 'n goeie kar-program net oor die nuwe Corolla en Chev Sonic RS en lugsakke gesels het, is ek bly om te sê dit lyk my ons is vandag terug met normale sake, met ander woorde ons praat alweer oor al die vreemde
dinge wat mense met wiele doen. Aan die stuur van sake is ons trokdrywersskrywervrind Alwyn Viljoen.
Alwyn wat is op jou wiele lys  vandag?

Hoop ons kan alles inpas, want ek wil praat oor 
- elektriese skoeters wat ons die eerste keer hier op Radio Overberg 'skoep'
- dan weer net die verskil tussen kilowatts en wringkrag vertel, 
- en my gunsteling, daai wilde Hollandse trekkertrek kompetisies
- en laastens bietjie oor die jaar se ren kalener, wat afskop met 'n ses ure ren in Welkom nou Saterdag.

Nou laat waai, vertel ons van die elektriese skoeters - gebruik hulle rerig niks petrol nie?

Gister, toe ek eerder my skoeter as die kar ry, dag ek mos meer mense moet weet hoe lekker dit is om so deur die verkeer te zip.
Ek het laasweek doer in die Moederstad drie nuwe elektriese skoeters gaan ry by 'n Man genaamd Any Le May.
Hy is eintlik 'n Honda Fireblade man, en leer motorfietsryers veilig ry by Killarney maar dan gee hy lesings oor groen lewenstyle, en verkoop die elekriese skoeters as die beste voorbeeld van effektief en doeltreffend leef met die duur energie om jou.
vertel van ewhizz se drie nuwe modelle
Dan verkoop Zero scramblers en polisie fietse 
Stadigste doen 150km/h, van die modelle doen 0-100 in 4 sekondes.
Myne baie stadiger, skaars 40, maar vinnig genoeg deur die verkeer.
... en ja, hulle gebruik nie 'n druppel petrol nie.

Ry jy die elektriese skoeter om groen te wees of geld te spaar?
Geld spaar - want solank ek Eskom krag gebruik, is my uitlaatpyp so groot soos enige steenkoolkragstasie se koeltoring.
En Eskom is als behalwe groen.

Jy het 'n ruk terug vir ons luisteraars vertel jy ry lankal 'n elektriese skoeter, en die sleutel worod hier is mos range anxiety - hoe ver kan mens op die elektriese skoeters ry?
Dit hang af van hoe vet mens is, as jy soos ek die skaal oor 100 kg trek, dan is 50 km jou voorland.
Maar meeste van ons pendel nie eers helfte van die afstand tussen huis en werk nie.

En dit bring my netjies by wringkrag en perdekrag en kilowatts.
Die elektriese motors in die skoeters is geweldig sterk - deels omdat die krag dadelik beskikbaar is om die agter wiel te draai, en deels omdat daar geen meganiese verliese is tussen die vliegwiel en die aste nie. Daar is trouens niks bewegende parte om sulke verliese te maak nie.
Nou weet ek nie van AL die luisteraars nie, maar ek meen meeste van ons is grootgemaak om nie te mors nie, en daarom hou ek so van my elektriese skoeter.
As ek my blind hou vir hoe Eskom stroom-op met die steenkool en besoedeling mors, is ek hier stroom af baie energie effektief.
Maar terug na die wringkrag, my skoeter het per kilogram meer Newtons as my ou Cruiser en wringkrag is helfte van die pret in of op enige voertuig.

Jy se helfte, wat is die ander helfte, die perdekrag?

Kyk, as jy nou daai oudedose term wil inspan op die show is daar perde.
Ek wens ons renjaers en trokmanne en trekker verkopers wil ophou om krag met perde aan te dui, want hulle almal vergeet dat Japan en Amerika en Duistland en Engeland elkeen verskillende soorte perdekrag gebruik,
en dat enige ou wat van perdekrag praat eintlik vir jou sê hy dink of jy is te stupid om Newtons en Watts te verstaan, of hy is.

OK, ek bieg, ek is een van daai mense wat nie mooi uitmaak van Newtons en Watts nie. Wat is die goed?
Dis baie maklik. In enjins vertel wringkrag jou hoe groot die enjin se spiere is.
en die kiloWatts vertel jou hoe fiks die spiere is.
In 'n bakkie soek jy baie Newtons teen lae toere vir daai gewigoptel bene, en in 'n familie kar meer Watts vir die spoed wat saam met 'n fikse vinnige enjin kom.

Nee man, vir my klink dit baie makliker om nog steeds van perdekrag te praat, ek kan mos indink hoe sterk 'n enjin is wat deur  'n klomp perde getrek word.

Het jy al n perdekar wat deur honderde perde gestoot word? Want julle oudedoos manne sê mos nie 'n enjin trek perdekrag nie, maar maak of stoot perdekrag.
En daar's rerig honderde in elke nuwe enjin. 
Vat nou 'n tipiese V8 enjin in een van die renmotors wat Saterdag doer bo in Welkom om die Phakisa baan in die ses uur ren gaan meeding.
Daai Lexus enjin stoot 700 perde.
Ekt het nou al bietjie perd gery in my lewe en wat ek weet van daai telepatiese tropdier is dat as jy klomp van hulle saamdruk, kry jy minstens 'n paar skoppe en byte en verseker 'n hoop stomende perde pere, so ek hou eerder by my mooi skoon empieriese syfers,

Ons verloor spoed hier - kom ek sê  - soos Bill Clynton - jy is slim genoeg om eendag te besef ek is reg en jy is verkeerd, en ons stem saam om te verskil en luister bietjie musiek, en as ons terukom, vertel jy ons meer van daai Hollandse trekkers van jou.

Dit was 'Ek baklei vir my plek by die viswaters' deur  Buddy Warn.
Ons gesels nou oor kaaskoppe en hulle ren-trekkers. Op die foon is Alwyn Viljoen om die malligheid te vertel 

Nie so mal soos hulle polsstokpronge nie.
Verduideliking van hoe hulle droogvoets en ligvoets oor kanale spring. Maar dit vat oefening om al die voete droog te hou, baie keer plons die voete eers.
As di by masjine kom is die kaaskoppe baas, hulle dam mos die see op en lê hom dan droog, met reuse damskroppe en werklik enrome geel masjiene.
So hulle kan hulself amper nie help as die by gewone masjiene soos grassnyers trekkers kom nie - voor jy weet het hulle twee superchargers vasgeboud en vir geluk 'n paar turbos ingegooi en die nokaste korter gemaak en die silinders uitgeboor, dan sit jy met n trekker soos 'n F1 enjin skreeu en sommer 'n paar liter vliegtuigparrafien per minuut brand.
Dan vat hulle die trekkers na 'n stuk modder veld toe, hak 'n spesiale damskrop en kyk dan wie kan die verste sleep of vinnigste met damskrop en al oor die einstreep kom.
Enige soort trekker waarmee 'n boer iets kan sleep word so gesupersharge, van klein grasnyers tot reuse agt-wiel monster trekkers.

Nou hoekom ek die storie vertel, ek wonder of enige luisteraars so iets wil begin in die Overberg, desondanks diesel pryse?

Die laaste item op jou lys, die jaar se renne, wie jaag wanneer waar in wat?
Saterdag sien vir my die interessante resies, ses ure se gejaag in die dag en nag by Phakisa.
Dan is daar motorfiets manne wat doer in die Drakensbeg die nasionale Motocross doen by Champagne Castle
en volgende Saterdag op die 28ste Februarie begin die veldrenne, wat deesdae cross country genoem word, in Harrismith in die Vrystaat.

Daai uithourenne, is dit soos perdery wat die ouens hulleself mooi moet pace, of is dit 'n voetplat gejaag?
Ek haal graag vir Sarel van der Merwe aan wat gevra was hoe vinnig ry hy tipies in iets soos die Le Man of Daytona - en die antwoord is vreesinswekkend - die ouens jaag ver oor die 300 km/h. Dag en nag. En daar's nie tyd vir stop om te rus of piepie nie. Jy plas sommer net daar in die stoel.
Die ren by Phakisa is nie so vinnig nie, daai baan se draaie is te tegnies, maar laasjaar het die wenner wel 134 km/h gemiddeld gedoen, en die luisteraars wat die fensie karre met moderne odometers ry sal weet, om 'n GEMIDDELDE spoed van 130 te doen, moet jy baie nader aan 180 km per uur jaag op elke reguit stukkie wat dit toelaat.