Search This Blog

Tuesday, March 11, 2014

Transcript Radio Overberg broadcast

Luigo Colani
Transcript of live broadcast on Radio Overberg, topics covered include:
- Troytek's recumbent bike and why walking a hill is safer than wobbling on one's fat arse in tight lycra on a mountain bike all over a tar road 
- Walmart's Wave truck and Italian futurustic trucks designer Luigo Colani.
- The options Overbergers have to pay - or not - the the e-tolls in Joburg.
- a profile of the trucking scribe. 
  
Alwyn, as ek die lys van onderwerpe wat jy deurgestuur het, so kyk, wonder ek waar grawe jy als uit. Ek meen, ons praat vandag oor 'n wetenskap fiksie lorrie en Johannesburg se tolpaaie en 'n nuwe soort fiets waarop mens lê. En dan wil jy waarsku oor die pakkies eks-eff-tie, of dan Xtreme Fuel Treatment. Waar kry jy al die inligting?

So tussen my troknuus deur is ek darem ook aan die stuur van wiele sake by Afrika se oudste koerant en een van daai "at large" ouens by ABR, 'n tydskrif vir mechanics wat ook hier in die dorp te siene is. So ek wonder meestal waaroor sal ons nie praat nie. 

Ek het altyd gewonder wat beteken "editor at large" maak dit jou dan 'n grootkop in die wiele game? 
Als behalwe - maar ek het wel 'n groot kop, soos ek elke keer agterkom as ek 'n kletterpet probeer opsit om êrens om 'n baan te jaag. 

Nou hoe werk dit dat 'n trokdrywerskrywer om bane jaag?
Soos wyle oom Stian  "Die Melkman" van Bonnievale lang gelede vir my gesê het, "al wat lekkerder is as lorrie ry, is rooi koeldrank drink en meisies vry".
Nou het ek mos sommer twee van hierdie lekkertes vir die prys van een gekry, in die vorm van 'n rooikopmeisie. Maar nou sal julle wat rooikoppe ken, weet daar is niks ge-ander meisies vry meer vir my nie. In stede jaag ek maar elke kans wat ek kry in enige ding op wiele vir lekker ry deel. Dis nou enige ding op wiele behalwe 'n trapfiets.

Jy moenie so vinnig sê never nie. Hun trapfiets is nog ons almal se voorland en petrol word nie goedkoper nie. So voor ons verder oor saai-faai lorries en petrol scams praat, vertel nou eers van die fiets waarop mens kan lê en trap?
Kom ons begin by die fiets se prys -- die ding kos in sy sokkies 70 duisend rand, maar dis nie net vir lê nie, mens kan effens meer regop op die ding sit ook, en om die raam in die nuwe posisie te stel, is daar natuurlik opsionele ekstras wat nog 12 duisend rand by die prys sit.

70 plus 12 plus nog invoerbelastings en BTV... dit sal mos maak dat die lê-en-trap fiets amper 'n honderd duisend in SA kos!?
Jip, maar dink so daaraan - ons ministers kan mos nie te veel vir wiele betaal nie, so as ons nou 'n paar van hierde fietse met blou ligte en sulke donker getinte helmets vir hulle baie bodyguards aanskaf, kan hulle vir oom Pravin bewys hoe hulle probeer petrol spaar en sommer fiks word op dieselle tyd.

Jy praat natuurlik nou van ander provinsies se ministers. Hier in die Kaap is daar reëls wat keer dat ons leiers te spandabelrig raak. Maar ja-nee, so voor 'n verkiesing kan enigeiets seker gebeur. Die lê-en-trap fiets word in Engles recumbent bikes genoem. Wat maak hulle beter as gewone sit-en-trap fietse?
Die baie meer krag wat mens deur jou bene kan stoot as jy met jou rug teen iets druk. Gewigoptellers weet hulle kan baie swaarder gewigte boontoe stoot as hulle op hulle rugge lê. Miskruiers weet dit ook, daarom stoot die kewers eerder 'n enorme bol mis in trurat as vorentoe. En dieselfde beginsel geld vir fietstrap, deur jou rug teen die stoel te stut kan jy baie harder trap.

Harder trap beteken seker vinniger ry ook? Hoe vinnig is die lê-en-trap-fietse?
Kan jy glo 'n honder kilometer per uur? 
Maar dis die topspoed wat die professionele fabrieksryer op die videos wys. 
Nogtans sal selfs ek en jy maklik dertig km per uur op die recumbent bikes kan handhaaf, en ons luisteraars wat baie fietsry sal weet, om gemiddeld dertig kilometer per uur op 'n sit-en-trap fiets te beweeg, vra vir baie trap.

Klink my jy het nie baie ooghare vir fietsryers nie?
Man, ek sal letterlik uit my pad vir eerlike fietstrappers gaan, dis nou mense wie se fiets hulle voertuig is. Ek was tot diep in ny 20s self so 'n fiets trapper. 
Ek het daai jare al 'n gly gevang in die ouens met die oor-ontwerpde brille en pette wat net vir die plesier van 'n seer agterstewe ver gaan ry. En as jy my nou rerig wil grief, kom wankel stadig met jou duur bergfiets en dik boude in daai lycra broekie voor my op 'n teerpad vir jou weeklikse oefenrit.  Nee man, skenk die bergfiets vir iemand wat dit nodig het en gaan stap saam met jou maat 'n bult uit. Jy kry so baie meer oefening en jy stel nie ander mense in gevaar op die pad nie.
Maar ek sal die resiesfietsmanne krediet gee, meeste van hulle verstaan ten minste hulle DEEL die pad met lorries. 

So jy het seker nie baie vrinne in die Argus nie?
Tot my skande moet ek bieg daar was 'n paar - maar ek bid vir hulle!

Dis nou Alwyn se opinie oor fietsry daai, hier op Overberg het ons nie opinies oor fietsryers nie, behalwe dat dit gesond is vir mens. Kom ons speel n musiekie en as ons terugkom, praat ons saai faai lorries. die ene van Billy Ocean, wat sê klim in die  kar!
Net vir al julle fietsryers, 

--
Dit was Billy Ocean Met "Get outta my Dreams and into my Car. Ons trokdrywerskrywervriend Alwyn gaan nou oor 'n droom lorrie praat. Ek het hier n prent van die wa en dit lyk soos iets uit Star Wars. of 'n kruis tussen 'n gogga en een van daai hoëspoed treine in Japan. Alwyn, bestaan die lorrie al?
Daar is 'n paar sulke futurustiese lorries wat rerig ry ja, maar meeste van hulle word nog net by skoue uitgestal en amper almal is deur een man ontwerp. Hy is 'n Italjaner, [Luu-hee-gee Kol-laani]; en die laarnie vetel dat sy gestroomlynde lorries jou tipiese 13-liter lorrieenjin se dieselverbruik 30 persent beter kan maak. Die nuus was musiek op die ore van Amerika se afslag winkelgroep, Walmart, wat mik om volgende jaar hul hele vloot se werklewering 200% beter te maak. En om jou vraag te antwoord, ja, die lorrie word tans met vragte in Amerika getoets. Walmart noem hom die "Wave", vir Walmart Advanced Vehicle Experience. 

Wat se enjin het die Wave?
Dis nou die interessantse deel - die Wave het elektriese motors op die aste wat natuurlik deur batterye aangedryf word, maar om die batterye te laai is daar 'n klein turbine wat met amper enige plofbare stof kan tol, diesel, of petrol, of Oom Kallie se mampoer. Dat dit kan werk, is nou al gewys, want twee jaar terug, by die Las Vegas motoskou, is 'n supermotor met net so 'n turbine hibride enjin ten toon gestel.

Wys jou net hoe slim die Amerikaners kan wees as hulle wil die slag bietjie ophou oorlog maak. Ons tyd raak min. Wat maak ons hier in die Overberg met e-tol rekeninge?
As jy in Jansberg op die e-tol paaie MOET gaan ry, kan jy een van twee dinge doen. Ry rond sonder om te registreer, en Sanral sal vir jou die "besoekers" fooi van R50 'n dag stuur. Jy kan die rekening dan of igonoreer, of betaal, soos wat jou gewetensbesware jou lei. 
Of jy kan vooraf registreer, sommer op hul webwerf as jy nie omgee om jou bankbesonderhede op die internet te sit nie, of by een van die kantore doer in Gauteng, dan kry jy baie afslag en word ook net aangeslaan vir die paaie wat jy gebruik. As jy vat dat 'n tipiese dag se ry om Johannesburg jou minder as R20 sal kos, is dit die opsie vir die luisteraars wat nie wil e-tol-oorlog maak nie.

En as jy nou 'n e-tol rekening kry sonder dat jy ooit daar gery het? 
Dan is daar net rompslomp en naderhand wil oorlog maak wat vir jou wag, wat die bewyslas is nou skielik op jou om aan Sanral se mense wat nie wil luister nie, te bewys jy het nie daar gery nie, en om by die verkeerskantore te gaan aangee jou nommerplaat is vervals en op 'n ander kar gesit. 

Ja nee, die e-toll oorlog gaan nog groot word. Alwyn, dis tyd om mense meer te vertel van ons trokdrywerskrywer. Waar kom jou liefde vir trokke en karre vandaan?

Ek hou nie van sweet nie, en soos ek vertel het, ek was tot diep in my 20s 'n fietstrapper. Trokke en karre is 'n makliker manier om  by punt B te kom, so vandaar my liefde vir die goed.

Wat is jou gunsteling:
-        Trok: Tans die Volvo FH voorhaker, maar een van die twee wat laasjaar in Spanje gewys het hoe lorries outomaties kan bestuur.
-         Mens: Ek hou van dwarstrekkers, die andersdenkers wat gedurig vra "maar hoekom?"
-         Aktriese: Ek kyk nie flieks sonder 'n chase nie, maar aktrises - en akteurs - met 'n anderste neus sal my altyd die pause knoppie laat druk, soos Barbara Streisand, Alan Brody, Paranitri Chopra, my rooikop...
Inline image 1
-          Musiek: enige kombinasie van melodie EN liriek wat 'n lewendige mens op die dromme het.
-          Sportman: Vir wat wil ek nou na 'n sportman kyk as Brazilïe en Argentinïe se meisies teen mekaar beach volleyball speel? 
-          kleur: die groen van Brasilïe se beach volleyball kostuums
-          Kos: steak tartare in 'n vars spinasieblaar gerol met 'n kerf rissie in. 
-          Drankie: Donker bier
-          Radio Stasie: Ek is 'n radio slet, ek luister al die gemeenskapstasies in die streek waardeur ek ry en verpoos by die wat musiek met lewendige drommers speel en omroepers op die lug sit wat krities dink. Jy luister nou na so 'n stasie.
-          Advies: Veertig somers later weet ek net dit: Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê, want karma werk vinnig. En droom gedurig die detail wat jy verdien, jou brein sal die droom binne 'n paar jaar verwesenlik.

Ons praat volgende week oor die eks-eff-tie brandstof waarby ons nie die week uitgekom het nie. Ons speel uit met ACDC se 'Money Talks'.