Search This Blog

Wednesday, April 23, 2014

Radio Overberg weekly Wiele synopsis

Die Bolero is tans die tweede meeste-waarde-vir-geld-bakkie in SA.
Ons gesels vandag oor SA se goedkoopste maar sterkste  bakkies, Alwyn wie is hulle en watter een is vra die minste rande vir die meeste krag?


Top tien sterkste bakkies onder R200kNm
Tata Xenon 3,0 Fleetline300
Foton Tunland 2,8 Comfort280
Mahindra Scorpio Pick-up 2,5 TCI Loader258
Mahindra Bolero Loader238
JMC Boarding 2,8TD235
Mazda BT-50 2,5 SL225
Mitsubishi Triton 2,4 GL202
Nissan Hardbody NP300 2,0196
GWM Steed 2,2 L Workhorse190
Toyota Hilux 2,0182

Maar kan mens die Indiane vertrou, ek meen daai Tata Telcoline was en is nie iets om oor uit te praat nie.
Dit laat my dink aan die Lone Ranger wat saam met sy Indiaan so verby daai Amerikaanse sandsteen berge gery het...

Maar serijaas eger, Tata werksbakkie gemaak vir staarig ry. Nie jaag soos ons nie.
Baie bouers baie in hul noppies met die bakkies.

Verduidelik net weer, wat is die verskil tussen Newtons en kiloWatts?
Die Newtons wys die spiere, die Watts die fiksheid, so jy kan sien of dit 'n gewigopteller or 'n naelloper is, deesdae se diesel is trouens albei.

En hoekom skryf hulle altyd die Newstons met 'n hoofletter ''eN'' en kleinletter ''eM'', maar die kiloWatts net andersom met 'n klein ''kaa'' en groot ''Wee''?
Name van mense, Engelsman Isaac Newton en Skotse ingineur James Watt.

Ja die Ingilse, ek sien die Skotte beplan al weer kliphard om af te stig van Engeland, ry hulle daar ook soveel bakkies soos hier?
Soos Jagger sing, mmm, smells like caviar...

Nee, ons Afrikaners, die Thailanders, die Australiers en die Braziliane laaik die meeste van ons bakkies.  Die Engelse verkies om met Ford Transits te werk, alhoewel die Isuzu daar ook goed doen. Wat my weer laat dink aan hoekom Afrikaner mans so hou van 'n vrou in 'n leerbroek....

Nee ek weet nie, maar ek moet vra, kan ons die antwoord op die lug sê?
Dit ruik soos nuwe Hilux!

Wyl jy nou die vlak so verlaag het, vertel bietjie hoekom jy meen tegniese Afrikaans klink selfs seksier as Frans?
Lees bloot paar grepe uit Adendorf se katelogus, in 'n stadige, tjoklit diepstem, dompel...pomp, treksterkte...strek, ens. 

op daai noot speel ons uit met Rolling Stone