Search This Blog

Wednesday, May 21, 2014

Loodvervangingspetrol

Vraag: Wanneer gaan loodvrye petrol nie meer beskikbaar wees nie, en wat maak mense wat ou karre het dan?
Nugter alleen weet wanneer die petrolmaatskappye finaal-finaal loodvervangingsbrandstof gaan stop.
Tans maak bykans 'n derde van die voertuigmark in Suid-Afrika nog by rooi pomp vol, of soos hul, sê: "gooi Coca-Cola, nie Cream Soda".
Wat gemaak as daar nie meer petrol met 'n middel wat lood na-aap, te koop is nie? Die kort antwoord is: "Moenie worry nie".
As duimreël is die groot probleem vir ouens soos ek, wat graag 30-jaar-oue modelle ry (dis nou bakkies nê), dat die kleppe sawwe voete het wat ewe sagte metaal sokkies soek om te keer dat dit klep se toonnaels nie stukkie vir stukkie afslaan teen die silinderkop nie. En wyl baie maatskappye baie wilde bewerings maak oor hulle bymiddels, moet luisteraars wat vervangers vir uiters giftige loodsokkies soek, op die botteltjie gaan lees of daar staan: "aktiewe bestandeel" en dan of potassium, of fosfor, of mangaan (dis nou maan-gaan-nees in Ingils). Indien nie, hou verby en gat sit sommer ander kleppe in.
Aldus Naamsa en my ander guru webwerf hoef luisteraars wat hulle modelle effens jonger soek, dis nou in die 90s gebou, en nie 140 km/h teen hoë toere handhaaf nie, nie juis te kommer nie -- vanaf die middel 80s al het voertuie kleppe met harder voete as my ou Cruiser s'n en die loodvrye petrol sal hulle nie seermaak met die daaglikse pendel in tweede en derde rat nie. Maar as jy die lang pad in jou veteraanwiele vat en beplan om langer en vinniger te ry, gooi vir gemoedsrus maar daai botteltjie bymiddel in.