Search This Blog

Tuesday, May 20, 2014

Radio Overberg précis

The bakkie that won the bone... more below.
The talk covered
B&M Garage in Bredasdorp who was voted best among 33 dealers by Sewells Group, 
- the new Nissan Patrol, can this big bakkie put one over the Land Cruiser?
- and the surprise at the Knysna Hill Climb, which gave hope to all 40-somethings.

Die Sewells Groep het Maandag sy klein sakeman toekenning van die jaar aan Danie Horne van B&M Garage toegestaan. Wie en wat is die Sewells Groep? 
Globale maatskappy wat beste praktyke en sake modelle het vir alle diensverskaffers in die wiele wêreld beter sake te laat doen, en die groep doen dit deur op die individu te fokus.

Die individu in ons geval natuurlik Danie Horne, wat landwyd as die beste klein sakeman in die Sewells Groep aangewys is. Hoe groot is die kompetiesie, is die 'n groot eer of is Danie die engiste paddvissie in die poel?
Nee dis groot, onse klein garage hier het met 33 ander maatskappye meegeding, maar dis nie die getalle nie. Sewells doen sake in Australie, Nieu-Seeland, en vier reuse markte in die Ooste, insluitende China, en die manier hoe Danie hier in Bredasdorp te werk gaan word nou as 'n beste praktyk vir garages so groot soos syne in al hierdie lande voorgehou.

Dit klink als baie grand, maar hoe doen hulle dit? Danie het mos nie tyd om daar in Beijing te gaan stat en "bgei" nie?
Sewells bied 'n klomp kursusse aan, van app-gebaseerdes tot 'n paar maande op kampus om 'n rou kar verkoper in 'n dealer principal met 'n meesters-sertifikaat te omskep.

Wel, namens ons almal op Overberg, geluk aan B&M Garage, wat wêreldklas is, en ons gesels oor 'n week of twee self met Danie hier in die studio. Alwyn, jy het glo "opinies" oor die nuwe Nissan Patrol wat die week doer op die Nampo skou in die Vrystaat gewys is, vertel meer, dink jy ons Cruiser manne sal hom koop?
Wel, ek moet eers net op rekord sit ek is self een van daai Cruiser manne, maar ek moet bieg, die nuwe Patrol lyk op papier of hy heelwat meer ekonomies as die doeltreffende Cruiser sal wees.
Teen net onder vier honderd sewe en sewentig duisend rand kos die Patrol nou net soveel as die diesel Cruiser, maar teenoor die ou 4-liter enjin in die Toyota het die Nissan 'n kleiner 3-liter turbo diesel met vier meer kleppe EN gemeenskaplike drukbuis inspuiting.
Dit beteken die bulbakkie gee 9km op 'n liter diesel sal gee. 
Dis dubbel wat ek uit my ou Cruiser kry.

Gemeenskap. Lukke. Drrrukbuis. IN. sssPYTing. Ek sien wat jy bedoel met Afrikaanse tegniese termes wat darem baie aardig klink as jy dit stadig lees. Wat is die verskil tussen doeltreffend en ekonomies?
Efficient vs Effective. Patrol spaar geld in die ry, met langer diens tussenposes en laer verbruik. Die Cruiser se grootter enjin werk egter minder en sal daarom dalk langer hou afhangende van die olies wat jy insit. Olies maak of breek enjins.

Maar nou was ek self al 'n eienaar van 'n paar Nissans, en ek onthou die dae toe Nissan ook, soos die Sjinese tans, gespog het met kragsyfers wat op vliegwiel eerder as op die teer van toepassing was. Is die Patrol sterk genoeg?
Nee die Nissans doen deesdae wat op die kant van die boksie staan. Die Patrol het 371 Newtons, dis 96 Newtons MEER as die Cruiser s'n, dis soveel krag as wat mens uit 'n Geely 1-liter se vliegwiel kry,
Maar, sien, hiers is nou my probleem...
Die twee bul bakkies kos amper 'n halfmiljoen rand as jy begin snorkels en bosbrekers opsit. 
Jy kan hiervoor TWEE 4x4 Tata Xenons -- wat elkeen ook meer krag as die Cruiser het -- koop, 
EN nog genoeg kleingeld vir 'n tweedehandse City Golf oorhou. 

En dis mos wat mens wil hoor as jy 'n werskbakkie soek, meer Newtons vir minder geld. 
Maar ons het 'n ruk terug op einste program mos daai ander Indiese bakkies, die Mahindras, se pryse besing. Is hulle nou nie meer in bo op jou lys van bargain bakkies nie?
Dis hier waar my opinie oor die Patrol en die Cruiser inkom -- wyl die twee groot honne baklei, is die Mahindra bakkie besig om met die bene weg te hol. Boere wat hulle somme mooi doen - of net hier na ons luister, sal weet enige van die drie Mahindra bakkies gee die meeste laaivrag en krag vir die minste geld in hul enjinsklasse. Die Scorpios lyk tot mooi ook, en soos ek altyd sê, as hulle die goed nie in Indïe kan breek nie, sal ons diekant dit ook nie kan doen nie.  

Ons horlosie begin rooi ligte wys -- wat is die goeie nuus vir 40-somethings uit Knysna?
Julle wat laasweek geluister het, sal onthou ek het baie uitgesien na die Hillclimb renne laas Vrydag, met die ou karre, en veral Saterdag -- toe 84 top motors -- van Lamborghinis tot  Ariel Atoms -- teen die Nissan GT-Rs te staan gekom het. Ha, die topkarre en die blitsige Japanees is toe almal uitgestof deur 'n 1971 Chevron B19 resies kar. Die ding is is so oud, daar's nog 'n Gunston advertensie op die neus!

Franco Scribante and the Chevron B19
Nou watter karre het tweede gekom?
In die klassiek renne was dit Ross Lasarus in sy Ford GT40 -- wat regtig nog net 40 duim hoog is; en in die moderne era was dit Jason Gudzeit in sy GT-R -- wat minder as 'n sekonde agter die Chevron B19 was. En heel laaste was daar 'n Jaguar, wat gerol was deur Deon Schoeman, en so sterk is die Jag F-reeks dat Schoeman ongedeerd uit die kar kon klim. Maar terug na Franco, hier op Wiele maak ek graag 'n buiging vir hom, want hy is nou die eerste ou om beide die klassieke en die moderne Hillclimbs by Knysna te kon wen, en dit in 'n 43-jaar oue motor. 

Wys net, mens het nie 1000 perdekrag en viertrek wiele nodig om eerste te kom nie. Net ervaring en die wil om te wen. Wyl ons so vinnig ry, speel ons uit met Arno se "Another Universe".