Search This Blog

Wednesday, May 28, 2014

Radio Overberg précis

This weeks talk covered 
- a little miracle in technology with almost 400 square metres of capacitance squeezed into the size of a fingernail;
- three questions to ask if you want to buy a panelvan
- a Zombie car at the Kalahari Speedweek at Hakskeenpan

Gideon Joubert: Daar stop hy, ons trokdrywerskrywervriend Alwyn Viljoen

Alwyn Viljoen: Hartlike hallo, kyk amper het ek nie hier gestop nie,  dit was 'n rowwe week op die N3, want die lorries wat eergister daar geval het, het VER geval van die Mariannhill brug af. Dan stop daai snelweg beide kante toe vir amper die heeldag en almal wil naderhand net baklei.

Alwyn, ek voel amper ek moet jou baklei -- of minstens oor die vingers tik. Hier gesels ons laasweek oor ons uitstekende werktuigkundiges ter plaatse en die stryd tussen bul bakkies, maar jy rep nie 'n woord oor die tegnologiese wonderwerk met kapasitors. Ek moet op jou blog gaan stat en lees van die enorme verwikkelinge in die veld wat my klankinginieurshart sommer vinnig laat klop.

My kop is te plat en ons tyd om verskil tussen kapasitors en batterye te verduidelik, wat op die einde dieselfde werk doen.
In kort, batterye wek krag chemiese op, kapasitors stoor krag, en vir my is die proses amper soos toordery, want as jy 'n groot kapasitors lank genoeg alleen los, kan dit ding homself met die Volts, of soos ons dit noem, statiese elektrisiteit uit die lug laai, en nie bietjie nie, maar hard genoeg om mens oor 'n kamer te gooi.
Maar genoeg wetenskap of dan nou fisika -- ek kan sommer sien hoe word julle oge glasig oor die koppie koffie daar -- ja meneer, jy weet wie ek van praat.  So in kort, die wonderwerk gaan nou al na 2010 toe terug, toe die Beijing universiteit begin het het om met nanotegnologie en kapasitors te eksperimenteer. Nou het not twee universiteite saamgewerk om 390 vierkante meter se kapasitor in 'n voubare materiaal te druk wat kleiner as jou duimnael is. Sleutelwoord  hier is "voubaar", want dit meen die veerlige kapasitors kan in enige holte in 'n kar gekonsertina word om swaar lithium batterye te vervang.

Ons gebruik jare al kapasitor in radios en ligte, maar omdat die goed kan vou sien ek hulle wil dit in klere ook inwerk, maar ek kan my nie indink waarvoor nie?
Sien, dis omdat jy helemal te veel kerk of te goed grootgemaak is. Dink nou net hoe die onderklere bedryf elke Valentynsdag sal kan woeker met snakstringetjies wat kan verlig - dis mos nou g-strings in ingils, 
Op ernstiger nood egter, mens sal kan motorfietshandskoene maak met warm vingerpunte, reddingsbaadjies wat sterk roepseine uitstuur en warm bly en natuurlik hoede wat mens se sportspan se logo op het. Die moontlikehede as ons eers krag in ons klere sit is rerig eindeloos.
 
Hoe ver is die wonderwerk van realiteit af?
Die ouens toets dit reeds en ek meen gee die spulletjie so twee jaar en ons al dit in karre sien. Dis nie soseer die kapasitors wat die dinge stadig maak nie, maar die gevestigde markbelange wat battery maak.

Gepraat van meeste batterye kan maar 1000 keer gelaai en leegetap word, hoe vaar die  nuwe ploobare kapasitors?
Meer as 10 000 keer. Maar dit kort nog steeds tipies 'n battery om te laai, so die manne wat die batterye maak moet nie bang voel of in die pad van die tegnologie staan nie -- laat die wonderwerk gebeur. 

So die nwe kapasitor is tien keer meer effektief as 'n battery. Ek was self al deur 'n kapasitor gebyt en het heilige respek vir hulle. Van die os op die jas, as ek 'n klein waentjie vir my disko toerusting soek, watter wa meen jy gaan die beste kopie wees?
Dis omtrent van die os op die jas. 'n Wa nê, sê my eers, het jy een van daai glitterballs? 
'n Grootte ja.
En jou speakers, hoe groot is hulle?
Nee, hulle is klein.
Dis 'n goeie ding, want al my girlfriends vertel my 'n man se speakers is invers aan die man self.
-- jy's alweer op die fyn lyn Alwyn!
Lat dadelik van die lyn afklim. Ek het juis volgende week vir Burger 'n artikel gedoen oor die drie vrae wat jy moet vra as jy die perfekte werkswiele wil kies: 
1. Hoeveel en waar is die handelaars,  
2. soek jy krag vir vrag of ekomomie vir volume, 
en 3, wil jy herverkoopswaarde hê, of die wa in die grond in werk.
Vir jou afstande en behoeftes wil ek voorstel koop 'n tweedhandse wa - veral die Merc Vito. Laat egter sommer van meet af die inspuiters oordoen. Die moderne diesels soek skoner diesel as wat ons by meeste plekke hier in SA kry. Maar as jy nuut WIL koop, die Chev Spark Pronto. Nou sal meeste luiteraars seker vra die Pronto-wat?
Almal ken die Spark, en die Spark Pronto kom sonder 'n agtersitplek om basies 'n klein bakkie te maak waarmee jy jou glitter ball en daai klein speakertjies van jou kan rondry, 

Lees volgende week meer oor watter waens in die Burger. Ons sluit af met 'n Zombie kar vir Hakskeenpan. Dis mos daar naby Mier verby Upington, waar die mense so baie klippies opgetel het om pad te maak vir 'n spoedrekortpoging?
Ja, dis die sogenaamde Bloodhound jet-kar wat tans ontwikkel word om oor vier jaar een duisend ses honderd en nege kilometer per uur daar ge gaan jaag. Die mense tel nou al jare lank klippies  op om 'n 19 kilometer lange baan skoon te maak.

Nou wat gat maak 'n Zombi kar daar, dis mos amper heilige grond vir renjaers daai?
Ek gaan hom jaag! In die Kalahari Speed Week, wat jaarliks daar gehou word.
Ons bou tans 'n hibriede elekriese enjin in 'n ou merk een Ford Escourt, en omdat ons nie geld vir verf het nie, gaan die kar geroes word.
 
Dis mos baie ligter dan, sonder verf?
Ja, en die gomme, Jy kan nie dink hoeveel gom is in 'n moderne motor nie kiogramme en kilogramme.

Ons karre word aanmekaar geplak nê. Wanneer is die Kalahari Speed Week?
Laaste week Sept. en hierdie is nou 'n Wiele program so ek wil die wiele laat draai vir 'n toerprogram en enige petrolkop aanmoedig om te gaan. Soos met die Dakar resies maak die Kalahari se koue oggende maak enige ou wakker, maak nie saak hoe min jy geslaap het nie, en al moet jy met twieser gaan piepie. Die sterre snags is soos 'n geestelik stort, jy voel sommer naby aan jou Skepper, en dan borg MTN 'n paar tente en skoon toilette, so dis nie TE rof kamp nie. 

Ons hoor graag meer, maar ons tyd loop uit.
Wyl ons oor spookagtige Zombi karre praat, kom ons speel met Michael Jackson se "Thriller", die bes verkopende album van alle tye.