Search This Blog

Wednesday, May 7, 2014

Radio Overberg précis

Ons het groot nuus op Wiele vandag, met die eerste glas brandstof wat in Switserland uit sonlig en water gemaak is.
Dan is daar damskrop trok en 'n verassende wending in ons eerste Namakwa rally.
Alwyn, kom dadelik tot die punt, jy sê brandstof is uit sonlig en water gemaak. Wie, wat waar en hoeveel?
Solar Jet, Europees bevondse projek in Switzerland saam met Shell, Bauhaus Luftfahr en ETH Zürich, 
Water, baie son en koolstofdioksied.

Hulle het net een glas jet fuel, of paraffien, gemaak om te wys dit kan gedoen word.
Nou hoe op aarde, dis seker nie so maklik soos om 'n glas water in die son te los nie nê?
Nee, mens kort so 5000 sonne, wat maklik genoeg is as mens 'n skottel vol spieëls plak sodat die sonkrag op een punt fokus.
Terluiks, as jy ons son 5000 op een plek kaats, smelt daai kol lig in net 10 sekondes 'n gat so groot soos 'n sopbord deur 'n duim-dik yster. 
Genoeg hitte skei water in sy twee molukeles, O en H.
Drs Franz Fischer and Hans Tropshc
Truuk is om nie als op te blaas nie.
Red-ox siklus is die gewildste truuk.
Skep neogas, wat Lego vir organiese chemika is.
Fischer-Tropsch proses om gas dan in metanol, of parafien om te sit.

Hoekom lui die Fischer-Tropsch so 'n klokkie?
Tans Sasol - eers Hitler, kom uit 1926 uit.
Solar jet het dit nou ingespan om te wys dit kan werk, van die kraan oopmaak tot die vliegtuig enjin te start.

Jet-fuel uit sonkrag en water, Dit klink te goed om waar te wees, wanneer gaan die Solar Jet dan nou op grootskaal brandstof maak?

Eers volgende jaar, tans besig om te kyk of die proses kan opskaal om baie glase vol te maak.

Om al daai water te versaf sal mens seker moet damme skrop - vertel van die nuwe manier van damskrop wat jy gesien het?
Dis 'n groep, EFT, wat 'n nuwe soort mynlorrie ontwerp het wat aan 'n conveyer belt koppel om homself te laai.
Dink aan hoe 'n baal-laaier werk en jy kry die idee. Die lorrie loop op vyf aste wat elk kan stuur en die trok kan ewe sterk agter stoot om die damskrop te druk as wat hy vorentoe met die vrag kan ry.

Ek kyk hier na die prent wat jy gestuur het en ek verstaan nie hoe die betuurder sien waarheen om te tru nie. Hoe werk dit?
Kameras. EFT vertel as die drywer agtertoe moet ry, draai hy sy stoel om en werk dan 'n joystick op 'n groot plat skerm.

Klink net soos rekenaar speletjies vir my. Bestaan die EFT lorries al.
Nee, dis nog net konsep op 'n rekenaar, maar ek meen die ding gaan verkoop. Veral omdat die lorries als kan doen wat die reuse lorries doen, maar sonder al die geskommel, en dit draai om sy eie middelpunt danksy al daai aste wat saamdraai. Myne gaan die ding verseker soek - maar ek meen ons boere kan maar eers aan die donkieskrop en baallaaiers vashou - die selflaai lorries sal natuurlik 'n goudmyn se prys kos. 

A lot of quad bikers are looking for a place to start
erosion and dust damage. They call it racing.
Any farmers out there willing to take there money?
En laaste maar nie die minste, die Namakwa Rally, jy sê dis 'n eerste en daar's 'n verassende wending?
Jip, ons antwoord op die Dakar. En die wending is dat die quads - Yamaha se Raptors, so vinnig soos die KTM's is. Suid-Afrika se Dakar spesialis doer uit eMalhaleni in Witbank het die ren gewen, maar eers na hy sy mededingers moes help insleep. 
Die rally is oor sewe bene in ses dae gery doer in die Weskus, met Vredendal se munisipaliteit wat die ren gerugsteun het. 
Met al die viskwotas nog op die bol gee die Weskussers lyk my nou nie om dat self quadbikes kom stof opskop nie, solank daar geld te maak is.
Wonder ek nou, wat kan ons hier tussen Napier en Bredasdorp doen wat ook die nasie kan lok?