Search This Blog

Wednesday, June 4, 2014

Radio Overberg précis

A crashed Astra with a Google earth camera on the roof.
It still looks better than the Google Car .
The talk covered 
- Continental and University of Munster's project to make rubbers from Russian dandelions, 
- the problem with Run Flat tyres and 
- the new Mercedes-Benz C-Class, 

...Soos altyd die tyd op 'n Woensdag oggend het ons iets vreemds, iets nuuts en vyf dinge wat jou vreeslik irriteer, net hier op Overberg Wiele.

Alwyn, jy't omtrent vandag 'n vreemde storie uit die wiele wêreld, jy meen ons gaan taaiers uit blomme se wortels sien?
Ja-nee, en ook nie sommer enige blomme nie, maar Russiese paardenblomme -- dis nou plein "dandelions" in Ingils, daai pofblommetjies wat die kindertjies in die margerine advertensies so die saadjies van af blaas.
Contintental en die instituut vir molukulêre biologie en toegepaste ekologie in die Duitse universiteit Munster is langer as 'n jaar al hiermee besig en meen hulle is naby om die taai sap van die Russiese paardenblom in rubber om te sit om in voertuie tegebruik, bande inkluis. 
Die ding kan 'n reuse verskil in die ekologie maak, want die paardenblomme is eintlik 'n onkruid wat danksy 'n meneer van 'n wortelstelsel enige plek groei -- vra maar die tuiniers wat die ding wil uitroei.
Die wortels maak 'n dik taai wit sap en dis die sappies wat die professors by Munster en boekhouers by Conti opgewonde het. Hulle kan met die blomme binne maande oes in plaas van om hektaare se rubberboomplantasies te plant en 12 tot 16 jaar te wag.
Dit laat my dink aan my verlangse oom Hertzog, 'n waardige man wat soos meeste van ons hier onder Ingils net as selfverdeding gebruik het. Sy sleepwa had eendag twee pap wiele en hy was redelik haastig toe hy by 'n winkel instap om te vra: "I want to buy bands pliss".
"Sorry sir we don't sell bands, do you want to hire musicians for a party?"
Dis toe dat hy uitstorm en vir die tannie brom dat niemand meer goeie Ingils vir taaires verstaan nie.
... die ou oom Hertzog was omtrend 'n man wat omgekrap kan raak uit sy taal uit.

Gepraat van omgekrap raak, wat is die vyf dinge wat jou agterkant so krap?
Die vyf dinge is almal bande - spesifiek run flats.
Run flats is nou op alle BMWs en na dese ook op die nuwe Mercedes-Benz karre.
Dis goeie idee in Europa. Hulle het daar mobiele wiele-winkels in 'n van en al die dorpies is binne loop afstand van mekaar. Maar vir ons wat effe verder ry werk die run flats nie, want as jy 'n gebreekte wiel kry, kan jy net mooi swiet bloe-oll aan die sakie doen. 

Maar nou moet jy eers mooi stadig praat vir ons wat nie die run flat verstaan nie - ek dog die bande kan juis NIE pap raak nie.
Wat my weer laat dink aan die grappie "nou hoekom praat ons Russies"?
Jy is reg, run flat bande het dik sywande wat soos lug werk om die band regop te hou, so hulle word nie "pap" nie -- maar ek praat hier van die nawe - die rims, nie die bands nie. 
Wanneer -- let wel nie AS nie -- jy 'n slaggat so hard tref dat die naaf buig en jy nie verder kan ry nie, kan jy nie gou die spaarwiel aansit nie. Want daar IS nie ene nie.
Jou voorland is om heeldag te wag vir 'n flat-bed lorrie, en dan 'n harde bed in 'n motel, maar  in die Mercedes C-Klass se geval, R14500 se versekering om als te dek.

Vertel bietjie meer van die C-Klas, is hy rerig so goed as wat ek die week oral lees?
As die skrywes vertel die kar is gemaklik, stil, en in staat om homself te bestuur, dan is hy rerig so goed ja.
Ons het die wa om die nuwe Red Star Race Way doer in Mpumalanga gejaag. 
Die baan, terluiks, in 'n pa se R45 miljoen geskenk van aan sy terminale siek seun wat hou van motorfiets jaag. En hier weier ek om vir my seun 'n 50 te koop, net soos my my pa met my gemaak het.
Ek was bevoorreg om saam met Oliver Winkler, hoof ingenieur van die C-Klass, om die motorietsbaan te jaag.
Die C-klass is -- soos alle Mercs -- stuurtraag. Dis veiliger om in iets te bots as om te rol, so dis nie 'n baanvreter soos Audi of BMW nie, maar die wa ry lekker geplant en in Sport Mode tot rats ook.
Dis egter wanneer jy klaar gejaag het en in die verkeer sit -- daar waar jy nie lus is om te bestuur nie -- dat die Merc tot sy reg kom -- ek meen dan skop die C-klass selfs Google se self-ry karretjie se alie, want die  Merc
kan klaar self: 
- stuur insette korregeer sodat jy nie uit jou baan of van die pad afry nie;
- stop self vir goete in die pad; en 
- kan in enige gaatjie wat groot genoeg is, parkeer.

So jy druk net 'n knoppie en hy parkeer?
Jip,  in enige gaatjie wat groot genoeg is, parrelel of diagonaal.

Ek sou dit darem geniet het om daai knoppie te hê toe ek vir my liksens gegaan het! Maar Google het mos baie verder in hulle self-stuur karre gery as Merc, so hoekom pik jy op my gunsteling soek-enjin?
Toegegee, hulle het miljoene kilos gedoen, maar toe gaan staan en sit hulle daai stelsels in die lelikste vorm denkbaar. 
Vir die wat dit nog nie gesien het nie, hulle self-ry karretjie is tans net 'n golf-karretjie met 'n groot spons op die neus. Die ding se ontwerp sal elke petrolkop laat vomeer -- die ding is SO lelik, dit sal verseker verban word in Italïe. Hierteenoor staan die C-klas, ek moet bieg dis die eerste Merc waarvan ek rerig baie hou.
Daar's iets Maserati aan die neus en daai stewe, oo dit laat my broek bewe.

Die prys van die self-stuur C-klas sal my ook seker laat bewe, wat kos die wa?
Hoe lank is 'n stukkie tou? Dis Duitsers wat hier verkoop -- hulle truuk is mos om die kar so stuk stuk vir jou op te maak, en elke stukkie kos. 
Daar's vier modelle en twee lyne, die gewone en die AMG. En jy kan mix en match, om bv die die 1,6 enjn C180 met 'n AMG baadjie te koop. 
Einste intree C180 kos al net so oor die vier honderd en sestien duisend rand en die twee liter C250 kos oor half a milojen. Vir die baie mense wat my vra oor die nuwe C-klas lus, kan ek hand op die hart aanbeveel jy't niks meer as die klein 1,6 enjin nodig nie, die blok maak 115 kW en 250 Nm.
Dis syfers die wat bakkies 'n paar jaar terug uit 'n 2,5 enjin probeer maak het, en nou kry jy dit in 'n 1,6. En wat lekker genoeg in Sport Mode skop dit enjin heel lekker, maar belangriker, in Eco mode maak die enjin sy lippies so dun om net petrol te suig.   
Nou praat ek lankal nie meer Russies nie want ek hou my oog op die klok en ons tyd is uit, so wat is my kanse dat ons met Janis Joplin se Mercedez-Benz kan uitspeel? 

Nul...
Ai toggie,  Janis is mos die Koining van Rock en ek het juis so 'n swaae plekke vir haar omdat sy ook nie haar univesiteit klaar gemaak het nie maar eerder wou sing. Sy het mos juis die perfekte liedjies vir ons vandag -- hy gaan so (sing) "O Lord Won't you By me a Muhrcaidizz Byans".

Ek ken hom, maar kom ons ontstel nie die ou tannies vandag nie en speel uit met Eagle Eyed Cherry se "Are you having fun?" 
Perfek, ons het mos pret, so dit pas in by die tema.