The author in the Sesfikile, popular and durable, but not frugal. |
Dit kos deesdae
minstens ’n rand per kilometer om in ’n 1,8-liter motor rond te ry. Baie buurmanne
vra hierom of hulle met saamryklub sal kan spaar? Die antwoord hierop is altyd
ja, maar daar moet eers goed besin word watter sake-struktuur die klub sal
volg; en dan watter wa die klub sal pas.
Twee bewese name
Gelukkig
vir ons het die taxi-base al die huiswerk oor die wa klaar gedoen. Hulle taxis stop
en versnel tot tien ure ’n dag met ’n vrag, wat baie van ’n wa vereis. Dat die
taxibase elke maand ver oor ’n
duisend Quantums koop (teenoor die honderd of minder van al die ander groot paneelwaens) sê dus iets. Betroubaar soos wat die Quantum is, is dié wa egter nie die ligste op brandstof nie. Vir ’n kleiner diesel dors kies lang-pad taxibase Europese name, met Mercedes-Benz die beste verkoper. Min taxibase weet egter daar is ’n tweeling Duitser te koop.
duisend Quantums koop (teenoor die honderd of minder van al die ander groot paneelwaens) sê dus iets. Betroubaar soos wat die Quantum is, is dié wa egter nie die ligste op brandstof nie. Vir ’n kleiner diesel dors kies lang-pad taxibase Europese name, met Mercedes-Benz die beste verkoper. Min taxibase weet egter daar is ’n tweeling Duitser te koop.
Wat is in ’n naam?
The Citroën Relay, in 3Q14 the best value offering in South Africa. |
Merc en VW bied elk tientalle modelle en (psst) al die
pryse is onderhandelbaar. So kyk eers waarvoor die Duitsers tweedehandse lys
voor jy gaan armdraai. Mercedes-Benz se Charterway diensplan maak begrotings en
skedulering maklik. VW se Crafter kom met ’n veeltalige, veeldoelige “app” wat
dienste monitor.
In Italïe
en Frankryk deel die Fiat Ducato, Peugeot Boxer en Citroën Relay selfs meer
onderdele. Onder hulle enjinkappe gebruik die drie Iveco of Peugeot se turbo-diesels.
Om nie mekaar se kopers te kannibaliseer nie, spesialiseer Peugeot egter in die
drie tot vier ton vragskuifmark, terwyl Iveco se agterwiel-aangedrewe Daily op
hul swaar leerraam-onderstelle gewild is onder taxibase wat baie grondpad ry.
Paneelwa tot taxi
Dit kos nagenoeg
R50 000 om ’n kortas paneelwa na ’n SABS-goedgekeurde, 14-sitplek taxi om te
skakel. Goeie tweedehandse Europese paneelwaens verkoop vir minder as ’n nuwe
bakkie en kan selfs met die omkakelinskoste vir saamryklubs ’n winskopie bied.
Let wel, die Daily se dak het nie goed gevaar in homolugasie roltoetse nie en
die paneelwa kos daarom so R10k meer om ’n midi-bus te word.
Nuwe name
Die Ford Torneo
en Nissan Impendulo is die jongte mededingers onder passiersskuiwers. Nissan se
2,7-liter petrol taxi is amper R15k goedkoper as die 2,7 Toyota Sesfikile, maar
die Nissan se kragsyfers is effens laer en maandelikse verkope is tans nog baie
laer.
Oorsee
word Ford se Torneo alom bewonder is ’n uitstekende én bekostigbare wa, maar
die swak rand plus amper 50% belasting maak dat die Torneo hier naby ’n half
miljoen rand kos, wat verkope erg laat ly teenoor die bewese VW Combi en
Hyundai H1.
Sjinese mededingers
Beijing
Automotive Works (BAW) en die Maxus het laas jaar die mark met goeie
waarde-aanbiedinge betree. Die 2,7 16-sitplek BAW Sasuka word in Springs
aanmekaar gesit maar word nie baie buite Gauteng gesien nie. Maxus se 2,5 TD
V80 bussie roem op Britse Leyland gene, en die 2,5 turbo diesel maak ’n
uitstekende 330 Nm vanaf net 1800 toere, maar sy R329 900 prys wys dit ook.
Die Sjinees kom met ’n 5 jaar /100 000
km diensplan en ’n 3 jaar /100 000 km waarborg. Daar is nog ’n vraagteken oor hul
namarkdiens.
Maxus se webwerf wys byvoorbeeld die V80 met ’n plastiek gaping waar ’n paneellig moet wees… Van BAW en Maxus se verkopers weet egter hulle moet baie harder bemark om nie soos die Foton Inyathi en CMC Amandla net op junkmail verkoop te word nie. Dit skep ’n gaping vir aspirant saamryklubbers om vir beter pryse arm te druk.
A missing roof light on the official Maxus website... |
Maxus se webwerf wys byvoorbeeld die V80 met ’n plastiek gaping waar ’n paneellig moet wees… Van BAW en Maxus se verkopers weet egter hulle moet baie harder bemark om nie soos die Foton Inyathi en CMC Amandla net op junkmail verkoop te word nie. Dit skep ’n gaping vir aspirant saamryklubbers om vir beter pryse arm te druk.
So baie keuses, so min opsies
Verkoopsyfers
wys daar is twee soorte paneelwakopers, die in ’n Toyota, en die in ander waens.
Vir die Toyota kopers, die Sesfikile 2,7 VVTi petrol kos tans R329 500 en
die 2,5 D-4D R345 800.
Vir die
ander paneelwakopers beveel ons uit meer as ’n dosyn paneelwaens in SA tans net
een vir saamryklubs aan: die Citroën Relay. Teen R305 900 vir ’n 15-sitpplekker,
mét ’n 5-jaar /100 000 km diensplan en ’n 3-jaar /100 000 km waarborg, is die
Relay tans die beste aanbod. Diensintervalle op 20 000 km is ook verder as
meeste. Dan word die wa nog net op die Maseru-Johannesburg roete gesien, wat
meen onderdeeldiefstalsindikate stel nie soveel in ’n Relay as in ’n Quantum belang
nie…
(First published in Die Burger.)
(First published in Die Burger.)