Search This Blog

Wednesday, August 6, 2014

Radio Overberg précis

Choosing members is the tricky bit when starting lift clubs.
Photo: Ryan Schude/Guinness World Records
This talk covered the structures for lift clubs,
from car pooling to non-profit organisations to the best vehicle to get currently;
sung the praises of the new Elentra, "still the COTY of 2012,  just better," and
we moaned about the taxes South Africans have to pay for toys like the Polaris Slingshot and Alfa Romeo 4c. 

Daar stop hy nou, ons trokdrywerskywersvriend, Alwyn Viljoen. 
Alwyn, ek is nogal trots daarop dat ons na my wete die enigste Wiele program in die wêreld is wat ewe hard gesels oor lekker nuwe motors as wat ons praat oor hoe om petrol te spaar deur juis die motors nie te bestuur nie.
Een van die maniere om nie te bestuur nie, is saamryklubs, maar van ons luisteraar wat nou al hieroor gedink het, wonder dis seker nie net 'n geval van karre deel nie? Weet jy iets van saamryklubs?

Nie so baie soos wat mense op findalift dot coza sal kan lees nie.
maar vir die vele van ons wat nie heeldag op die interweb sit nie,
hier is drie reëls wat seker maak verskeie wette sal jou nie as 'n transporteerder beskou nie:
die eerste, en belangrikste vir Jan Taks, is jy mag nie wins maak uit die kar pool nie,
die tweede, en belangrikste vir jou, is jy moet seker maak jou versekeraar weet jy ry mense rond
die derde, en belangrikste vir die speedcops, is jy 'n prdp op jou bestuurdersliksens kry as jou liftclub 'n ligtehandelsvoertuig ry -- dis nou enige minibus taxi.  
...maar die belangrikste ding om te doen as jy 'n lift club begin -- veral as dit 'n kleiner klub is, is om die lede met fyn kammetjie te kies -- die grootste probleem van saamryklubs is om die gewag vir mense en dinge kan baie gou baie suur raak.

Kan mens maatskappy begin of moet dit 'n klub wees?
Man, die heel beste opsie is vir niks geld om hande te ruil nie, met net vier bure wat in min of meer in dieselle area werk, wat ooreenkom om in mekaar se karre werk toe te ry, een week die ene s'n, die ander week die ander ene s'n.
Vir mense wat verder ry is taxi koop egter beter, en as een van die lede nie 'n bk het wat omgeskakel kan word nie, of van die rak af gekoop kan word nie, is klub al opsie. Dis 'n bewese struktuur wat oor die dekades prosessese geskep het wat die gewone misverstande en onmin van skouers skuur tot die minimum beperk. 
Baie slimmer mense as ek speel ook met trusts en nie-profyt organisasies, maar die strukture kom met hul eie burokrasie  en in 'n NPO moet die bate - maw die taxi -- aan ander npo oorhandig sou dit ontbind

Watter kar sal jy aanbeveel vir so 'n saamryklub?
Nie kar nie, gebruikte paneelwa.
Ombouings vir R50k
behalwe vir die Iveco Daily, wat so R10k meer is.
of die Citroën Relay vir R305k met lang waarborge en 20,000 diensinterval.
Ek interessandheishalwe noem dat paneelwaens baie onderdele deel. VW en Mers is dieselle blik van die sitplekke af agtertoe -- en die Franse en Italiajanse Europese waens deel van die enjins tot die vering.
Vir als wat nie Duits is nie, maak Peugeot en Iveco die meeste enjins, en die Iveco is veral gewild op lang grondpaaie danksy 'n leerraam onderstel. Vir julle wat nou nie petrolkoppe is nie, dis soos 'n bakkie se onderstel.

Gepraat van ver ry, ons bestuurder sms nou net, hulle ry nou al by dassiesfontein en vang ons nog steed op -- dansky ons nuwe transmissiesisteem en die wyer uitsaaigebied. Maar kom ons verander spoed en praat oor 'n ander ding wat onlangs opslae gemaak het, Polaris se driewiel. Het jy die ding gesien?
Dankie dat jy my aan daai ene herinner -- ek meen mos daar is min dinge wat so prettig is as 'n driewiel as dit by karre kom. Jy praat van die Slingshot en ek wens ek kan hom ry. 
Die trike ding met die  Morgan three-wheeler mee, maar waar die Morgan vorige-eeuse Steampunk ontwerp is, is die Slingshot die enge hoeke met ligte panele om 'n raam, en binne in 'n raakskerm vir jou gps en als wat modern is.
Maar die trike kos 256k en daar's geen planne vir SA.

Wat sal hy hier kos -- of wat ek eintlik wil vra is, hoeveel word ons karre belas?
Belastings verskil vir karre, lorries en luukse motors, maar rofweg amper 50%, 
Wat meen daai polaris sal R125k meer kos as hy hier land, 'n Merc se prys.

Ons het so twee weke gelede gesels hoe die Nissan Almera na jou mening die Toyota Quest troef.
Maar Hyundai het nou hul Elantra 'n facelift gegee. 
Die Elantra was mos die Kar van die jaar in 2012. 
Is die Koreaan nog steede beter as die nuwe Almera EN die Quest?

Ligjare beter, maar dan kos dit ook R30k meer as die Almera.
Groot kattebak, net 5 liter minder as die Almera,
baie lekker enjin
en dan sit die familiemotor om 'n draai!
Dis meen egter nie dis 'n jaag kar die nie -- die toerebeperker pla -- maar jy hoef ook nie stadiger as die wettige snelheid te gaan nie.

Wat kos die nuwe Elantra en hoe verskil hy van die oue?
Elantra 1.6 Premium (manual): R247 900
Elantra 1.6 Premium (automatic): R262 900
5 jaar /150 000 km waarborg, 5 jaar /150 000 km roadside assistance and a 5 jaar / 90 000 km diensplan ingesluit
Dienste 15 000 km.

Maar dis nie nuwe wiele wat laasweek petrolkoppe laat regop sit het nie. Wat is daai plat kar wat die Alfisti so laat kwyl?
Dis die Alfa Romeo 4c,
R870k ''supercar''
Net 30 per jaar na SA

So jy baie geld in die bank hê en seker in 'n tou moet staan om ene te kry.
Klaar te laat, vanjaar se 30 eenhede is almal verkoop, so tensy jy soos Ma Baker wil skreeu "this is a stickup", sal jy op waglys moet sit tot volgende jaar.

Ons tyd is uit en wyl ons van haar praat, speel ons uit met Boney M se Ma Baker.