Search This Blog

Tuesday, August 12, 2014

Radio Overberg Précis

The New Holland CR10-90 Elevation. That is not a cabin dude.
It is called a suite. Oh, and it cuts wheat, maize and rice. In mud.
This talk ranged (some would say deranged) from Schenzen's head light punishment to New Holland's strongest combine harvester yet, with the world's fastest hot tub in the middle and my usual diatribe against run flat tyres, as well as the Suzuki SX4s limited abilities over the rough and South Africa's 2014 Bike of the Year. 

Daar stop hy nou, ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen. 
Alwyn, voor ons oor dinge wat rol gesels, moet ek eers seker maak jou kop gaan nie rol nie, ek sien op Wheels24 jy hou deesdae piekniek met kaalvoet brunette, wat sê jou Rooikop daarvan?

Solank sy weet waar ek is, het Rooikop nie probleme nie. Die brunet is Katherine Malherbe, haarself 'n kranige motorfietsryer en eintlik gesonheidswetenskap skrywer. 
Sy't in n Suzuki SX4 kom kuier en na lang verdwaal my eerste reël van reis gehoorsaam, dis nou "get a native guide". Ek was die native. 
En as jy my mos vertel 'n motor kan 4x4 dan wil ek dit toets. 
Ek het hard gepoog om die Japanese waentjie se gesincroniseerde bande pap te ry, maar die klein waentjie klim nogal, ten spyte van sy lae, 150 mm grondvryhoogte en enjin wat hard werk om al die luukses binne die wa te dra.

Paprybande is juis die ernstige wiele kwessie wat ons moet aanspreek, maar vertel eers oor 'n ander berig uit China wat jy vroeg opgetel het -- wat is die sogenaamde "hoof-lig" straf daar?

Stad van Shenzen, wat mos net so bo Hong Kong sit en Sjina se eerste groot stad was om skaamteloos kapitalisties te wees. Die Sjinese daar hustle beter as selfs New Yorkers, en omdat hulle altyd haas, dompel hulle selde, hulle ry sommer van meet af op hulle hoofligte.
Nou het stadspoliese gewaarsku sulke bestuurders sal 5 mins in polisie wa se ligte moet kyk om te leer wat dit vir die ouens in die aankomende karre doen.
Dit laat my skoon lifhoofdig.

Laat my dink aan die plakker uit die jare 80s, "bright drivers dim", en wyl ons op die raar maar waar wiele nuus gesels, ek sien die naweek se Speed Week doer op die Bonnievale soutpanne in Amerika het uitgereën?
 
Wyl ons mos hard werk om volgende maand in die Kalahari Speed Week te gaan jaag met ons vreemde hybrid, volg ek nogal die avonture van twee Kanadese ingenieurs wat ook gews het dis nooit te laat om 'n gelukkige student te wees nie. Nou al in hul middel dertigs, en dis hul tweede poging om wêreld se vinnigste jacuzzi te bou 
eerste was in kommune waar 'n student verdwyn het en sy skorokoro in die tuin gelos het.
Hulle het daai wa se stiplekke uitgehaal, 'n jacuzzi ingesit en sambreel bo oor staan gemaak en toe oral in Ontario gaan partytjie hou in Kanada se kort somer. Dis nou wat gebeur as mens maande lank amper ondergronds moet bly in hulle strawwe winters. Die swembadwa was tot op die die 2001 Kanadese motorskou en daar was hulle genooi om 'n spedrekord met die gewielde jacuzzi op Bonnievale te gaan opstel.
Maar toe begin hulle werk en verbande afbetaal en tussen al die grootmens goed het hulle glimlagte maar begin kwyn. Toe besluit hulle bogger dit, kom ons bou 'n tweede, beter, vinniger jacuzzie. 
Hiervoor het hulle 'n 1969 Cadllac De Ville gekoop en omskep. Die kar se onderstel is met planke versterk en hulle het self die jacuzzi uit veselglas gemaak om tot 'n paneelbord te hê. 
Toe vra hulle vir mense geld op Kikstarter vir die duur rit van Kanada af na Utah toe, en mense gee hulle wraggies 118 duisend rand, en daar op die Bonnievale soutpanne reen dit toe nou 3 duim reën laas naweek. Fotos wys die soutpan lyk soos 'n meer -- tot met klein golfies.
Dis goed vir waterski, maar te nat om vinnig in enige motor te probeer ry, watwo 'n baie swaar jacuzzi op wiele.

Nou hoe op aarde ry mens met 'n jacuzzi, ek aanvaar die ding moet borrels blaas en als?

Swembad pomp agter in boot, V8 enjin maak water lekker warm -- so 38 grade C, maar vering die groote probleem, amper twee ton water. Ingenieurs het jacuzzi self gebou, het beker houers en tot paneelbord. Boot beheer arms. 

The world's fastest wannabee hot tub at Bonnievale.
Dis nou omtrend 'n Ja-Koetsie die, en as mens met die vinnige bad water stop -- wat gebeur?
Jy moet eers klou aan die stuur of jy word soos plastiek eend oorbord gespoel. Twee ton water is soos helfte van die Caledon rivier wat afkom. Dan moet jy weer volmaak.

Wel ek hoop ons koringboere kry die lengte al die reën wat hulle voor bid, wanneer hulle daarvoor bid, sodat die stropery vlot sal loop. Jy se daar is 'n nuwe -- maar stêrrek -- stroper in die wêreld?

Dis New Holland se CR10.90 Elevation — New Holland wou met die stroper 'n stelling maak, en ek meen die stelling is size matters. Die Elavation ry op tank wiele voor, het 'n 14 500 liter tank met dubbelstropers voor met klip-beskerming wat koring, mielies en selfs in nat lande rys kan oes , die tank self kan in minder as twee minute leeg gepomp word, die kajuit is luuks soos net Amerikaners dit kan maak, en agter onder die enjin kap is daar die bewese Cursor 16, vanjaar se top diesel enjin. As jy my net bietjie syfers sal toelaat, die Cursor 16 is 'n 16-liter, ingelid, ses silinder turbo diesel wat teen 486 kW kan verrig, dink Kobus Wiese se lyf met Michael Jordan se grasieuse spoed. Vir die wat nog in outydse perdekrag dink, daar is die trekkrag van 652 Engelse perde in die Cursors 16 enjin.

Genugtig -- die ding het seker silinders soos 'n bootenjin. Kan die nuwe Hollander homself bestuur?

Die mark is nog nie reg hiervoor nie, maar als is gereed vir die robotboer -- sateliet navigasie en auto stop remme is in.  

Van die oeslande na teerpad sake -- hoekom meet jy paprybande is soos nat poep / onderbroek 

Werk net as jou dorpe kort afstande uit mekaar is op paaie sonder slaggate - maw Duitsland.
As daar ver oor slaggate gery word, het jy probleme.
Die waarborge stipuleer tipies jy moet al vier vervang en dis na my mening suiwer uitbuiting.
Ipv R40 vir puncture regmaak betaal kos dit jou R4000 of meer vir nuwe wiel.
Maar moenie my woord vat nie,  vra enige bande verkoper of hulle self paprybande gebruik, of eerder 'n spaarwiel saamry?
Dis als deel van die maniere om meer geld uit elke kar se naverkoopdiens te maak.

Net hier op Radio Overbeg Wiele werp ons lig op die donker taktieke van karverkope. Van lig gepraat, wat is die groot rol wat klein LED liggies in karre se gesigte speel?
Die liggie is mos maar 'n paar cm, teenoor vuisgroote lamp van selfs Zenon.
Nou kan die lig baie minder plek in die kar se neus opvat, wat die enjin skuif wat weer die beenlengte vermeerder.
Maar dis als onder die vel.
Omdat LEDs nie warm word nie, kan sagter plastieke gebruik word om die ligte in enige vorm te giet. Persoonlik meen ek dat die ontwerpers met die vryheid soos stadshonde onder plaashoenders is -- kyk bv na die Toyota se ligte met hul uitpeul knoppe wat die kar van die kant af laat lyk of iets kouds skielik in die uitlaatpyp opgedruk is.

Wyl ons nou so oor die donker taktieke van karverkopers praat, watter rol speel ligte in karre se ontwerp?
Dis juis die vraag wat ek nou die dag vir Ford se grootbaas ontwerper Morray Calum gevra het. Hy het net so bolangs genoem dis baie belangrik om die voertuig 'n gesig te gee. Maar as jy my vra -- en jy het mos nou -- is ons interaksie met motors net soos met mense en daar gaan baie meer ure in karre se ligte as wat die ontwerpers wil erken. 
Met mense vind die grootste deel van ligaamskommunikaise rondom die oë plaas. 
Die kar se ligte praat net so met hou, en die manier hoe die kar sy "oge", oftewel ligte, is hoe ons eerste deur die kar beïndruk word, so kies mense wat graag daadkragtig wil lyk, karre wat met ligte wat soos kwaai oge lyk, en mense wat vriendelik wil oorkom, kies eerder karre wat vrolike lag ogies met hul ligte maak.

Laaste maar nie die minste nie -- motorfietse van die jaar?
  
KTM’s 1290 Super Duke het laas Vrydag doer by doe Amid motorfiets skou in Jansberg die 2014 Pirelli SA Bike of the Year , gewen, met die BMW S1000R en 
R 1200 GS Adventure kortkop agter. 

Soos met baie luisteraars was BMW se S1000R meer van die beoordeelaars se eerste keuse, maar die KTM het met die algehele punte net-net gewen.

Wyl ons nou so oor jakoetsie en jaccuzies gepraat het, kom ons speel uit met Stuck in the Middle with You