Search This Blog

Tuesday, February 17, 2015

Radio overberg précis

In die 2e Boere oorlog het die Australiese soldate op die fiets 
tot 48 km/h getrap MET 'n masjiengeweer in die middel.
Foto: Africana Museum 
Ons gesels die week verder oor jou idees vir fietse op geroeste spore.

Ja,  soos ek genoem het voor ons so wreed onderbeek was vir die afgelope sewe dae -- dit voel soos minute nê? -- gesels ek laas week met 'n fietsbouer en loop my gedagtes toe na 'n fiets om op ons geroeste trein spore tussen ons dorpe te ry.
Want met die voorbeeld wat ons huidige gryp-als-en-erken-niks ramp van 'n president stel,
sal daar nooit begroting wees om al die jakkalsgate en haastonnels onder die ballast te herstel sodat swaar waens weer daaroor kan loop nie.
Maar 'n ligte fiets kan baie lekker oor die gelyk ysterpaaie getrap word.
Dis OOK nie 'n nuwe idee nie -- as kind het ek destyds by die Fort Klapperkop oorlogsmuseum doer in Pretoria my al verwonder aan die agt-man fiets wat tydens die 2e Boere-oorlog vir die Australian Royal Cycle Corps ontwikkel is.
Hulle het egter gou besef daai boere se tjenners, soos Reitz in sy boek Commando vertel, het net 'n Springbok in die spring geskiet en kan darem te maklik 'n man wat op 'n voorspelbare, mooi gelyke lyn ry, se knie afskiet. 
So daai fiets het noot kruit geruik nie.
Vandag is daar natuurlik Amerikaners, Kanadese en Britte wat allerhande kontrepsies ontwikkel het om aan gewone fietse vas te bout sodat die wiele nie van die spoor afklim nie, tipies met 'n arm wat van die agterwiel af op die oorkanste spoor leun om balans te help.
Nou meen ek, as ons man met sy groen bamboes fiets plan vir my 'n fietswiel-waentjie kan bou waarop ek laag tussen die  spore met my rug lekker teen 'n stoel kan druk om NET so 'n maase rat doer voor hard te trap, kan ek darem vir jou die geroeste spore in ons land lekker verken en goedkoop om my dorp ry.
Hoe lyk dit Overbergers, julle is moes behendige mense. Wie gaan eeste so 'n plan sien met saag of sweis?

Maar ons moet seker maak ons gebruik net spore wat nie treine op het nie. 
Man jy kyk net vir roes en die kakiebos en dan weet jy dis 'n Zuma spoor waarop daar nooit weer 'n trein sal loop nie. 

Ja ons beweeg dadelik aan Alwyn, jy het ook nuus van die cutste klein kamperwaentjies wat die week in Japan se kampeer skou vertoon word. 
Sien meer hier
Dan het jy nuus oor hoekom meisies in die GWM 6 nie glimlag nie maar manne in Bolero bakkies wel doen?
Meer nuus hier.
Dit was ons trokdrywerskrywersvriend, Alwyn Viljoen, soos altyd met unieke nuus oor als wat kan rol, net hier op Overberg Wiele.