Search This Blog

Tuesday, March 10, 2015

Overberg opsomming

Alwyn ons het beloof ons gaan poog om vandag NET oor nuwe motors te gesels, veral die spogwiele wat laasweek by die Geneefse motorskou uitgestal was, vertel ons wat is nuus uit Switserland.

In twee woorde: Kleiner, en prakties.
Kom ons kyk eers hoekom ek kleiner gebruik: Anders as ander jare toe vervaardigers net met hul grootste bling gaan spog het, het die uitstallings op die Geneefse skou vanjaar die kollig laat val op witwarm klein luikruggies en kleiner sportnutse.


Onder die luikruggies stel Nissan nuwe standaarde met die Sway en Lexus met hul gekurf-keepde LFSA konsep. Ons petrolkoppe kan net hoop en bid die lyne van die twee motors verskyn eendag op ons  paaie want albei is baaaie pragtig.
Al die lyne op Nissan se Sway mik vorentoe en die glasdak spog met amper onsigbare B en C pilare sodat dit kompleet lyk of die panoramiese dak op die terugswiepende A-pilaar dryf.
Lexus se LFSA het 'n knutse onwerp wat so gespierd daar uitsien soos 'n ry 100-meter atlete se boudspiere as hulle wag vir daai afsetter se skoot.
Beide die Lexus en Nissan ontwerpte is ongelukkig nog net konsepte, en nie een van die Japense vervaardigers het die gewone geluide gemaak om te vertel die luikrugge is amper produksie-gereed nie. 
'n Model wat wel reg is om later vanjaar op ons paaie gesien te word, is die lang-verwagde nuwe Honda Civic Type R, wat beloof om teen 'n skreuende 7000 toere per minuut weer 'n hele nuwe generasie jong petrolkoppe se harte te steel met nek-ruk versnelling, klitsgras-klou vermoë om die hoeke, kortgooi ratte wat perfek inklik, en enjins wat -- soos die Ingilse sê -- bulletproof is. Honda sê dit gaan hulle vinnigste motor tot op hede wees.
Die prys van die vinnige Civic R is nog nie bekend nie, maar hy sal meeding met die ewe vinnige Mégane Renault Sport, wat vir digby R400,000 sal verkoop en het 'n hoog-getoerde, breed-gekeelde en kort-geslagarmde 2,0-liter enjin het, wat in net ses sekondes van nul tot by 100 km/h spring 
Heelwat goedkoper as beide die Civic en die Mégane is die nuwe Opel Corsa, met 'n 1.6-litre turbo-aangejaade enjin wat ook beloof om ook blitsig te wees, soos ek mos al in 'n ander Opeltjie op 'n mooi dag vir jou tussen Napier en Bredasdorp gewys het.

Behalwe vir die nou al oral-gesiende klein Jeep Fiat Renegade, was daar onder die nuwe kleiner sportnutse -- die sogenaamde CEE OU VEES vir Cross Over Vehicles -- nie veel wat my hart meer roer as wat die ou Ford Kuga lankal gedoen het nie -- maar dit was vir my interressant om te sien dat al die vervaardigers nou op die kleiner hoogry voertuie fokus in plaas van die grootter sportnutse wat nog so gewild is ter plaatse. Die rede hiervoor is mooi verwoord deur Volkswagen se baas, herr doktor professor Martin Winterkorn, wie benadruk het dat die goedkoop ru-olie wat ons tans geniet, nie ver altyd gaan hou nie en alternatiewe kragbronne is daarom steeds 'n fokuspunt vir die meer as 38 000 navorsers en 1 000 rekenaar spesialiste by Volkswagen.

The Foton Sauvana
Daar is natuurlik altyd 'n uitsondering wat die reël bewys, en die week is dit Foton, wat aangekondig het hulle oorweeg om 'n groot sportnuts bo-op die onderstel van hul Foton Tunland in Suid-Afrika bekend te stel. 
Dis nou soos die Fortuner wat op die Hilux onderstel loop, en ou Ford Everest wat op die vorige model Ranger onderstel is.
Ek noem spesifiek die twee handelsname eerder as die ander groot Sjinese sportnutse, want daai Foton bakkie het my goed verras en met sy Cummins diesel enjin bied hy die derde-meeste wringkrag, na die Nissan Navara en Ford Ranger. 

Om na die Geneefse skou terug te keer, wat daai praktiese deel betref -- tot Koenigsegg -- die superkarbouers uit Swede wat spog hulle s'n is altyd die sterkste motor, het vanjaar van 'n vier-deur model gepraat op 'n onlangse Top Gear program.
Dit meen mens sal 'n 1500 perdekrag motor hE om die kinders mee skool te vat.
Ek kan net hoor hoe my laaitjie my sal aanpor met 'n "trap hom, pappie!".


Fuso's new fetcher, this one for humans.
En jy het nuus van 'n nuwe lorrietjie wat eintlik 'n bus is?
Dis van ons Fetch Fuso Fetch vervaardigers, wat by die buskonferensie doer in Pretoria laasweek die mensevervoer mark betree het met 'n spesiale onderstel wat spesifiek vir die sogenaamde BRT --- vir Bus Rapid Transport -- ontwerp is.
Die onderstel is laer en langer om inklim te vergemaklik en ek was beïndruk met die aandag wat aan die bestuurder se kant spandeer is.
Gewoonlik maak sulke lorrie-na-bus omskakelings dit amper onmoontlik vir die busdrywer om by die stuurwiel uit te kom. Ek het een keer 'n Sjinese bussie in die klas bestuur wat die B pilaar reg in die deur-opening gehad het, sodat mens of jou lyf soos 'n paaldanser moes buig om agter die stuur in te skuif.
Maar die nuwe Fuso bussie is van voor af om die bestuurder gebou -- en van al ons busbestuurders groot dankie daarvoor aan Fuso se ontwerpers.
En ek wil net vlug iets oor die bus rapid transport mark noem -- die operateurs is almal hande in die hare want die onwettige taxi bestuurders steel dan nou hul passasiers en brand hulle busse terwyl die bus operateurs wag vir meer regeringssubsidies. 
Nou voor julle net soos ek sarkasties wil sê: "haai siestog, kyk die worry in maai aai", neem in ag busse soos Golden Arrow is by verre veiliger en goedkoper as enige ander vorm van publieke vervoer.
En verskeie kundiges by die buskonferensie, wat ek twee dae lank by die WNNR geboue bygewoon het, het aan my benadruk: As die busse ophou loop, gaan die aantal dienslewering-proteste regoor die land letterlik en figuurlik ontplof.
Een kundige, Philip van Ryneveld, meen die drie proteste wat Gauteng tans 'n maand sien, sal minstens nege word, en Lisa Seftel van Kaapstad se BRT waarsku prontuit die onwettige en woeilige taxi industrie kan nog die bus sektor hier in die  Kaap in duie laat stort.
En dit meen jou kinders en oumas gaan in onveilige taxis MOET ry, soos wat 70% van ons mense tans doen. So, waar jy kan, gaan gee vandag jou busbestuurder 'n drukkie. Ons het hulle nodig.