Search This Blog

Tuesday, March 10, 2015

Radio Overberg opsommming

Nasa's nuclear-powered Mars
explorer, Curiosity
Ons Wiele program saam met ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen het nou al berug geword vir al die raar maar waar wiele waaroor ons op Woendaeoggende kwart oor agt gesels, en more se wiele is weer propvol goeters wat op vreemde maniere rol.
Ons gesels oor die voertuigbouer wat na die sterre ryk, 
dan is daar 'n 4x4 skaatsplank wat 'n klein karretjie se prys kos,
en ons kyk onder die kap van die ou Fiesta wat die eerste been van dne nasionale tydren doer in die suikkerrietlande van KwaZulu-Natal die afgelope naweek gemaklik gewen het.
Nasa se reuse vuurpylplatforms is nou al 50 jaar oud maar kruie nog steeds teen loopstoed rond om groot goete op die lanseerarea te
kry, die maanlandingskarretjie uit die sestigs laat enige 4x4 vandag nog soos stabiel soos 'n yskaatskoen lyk, en dan is daar natuurlik die drie Marskarretjieswat sedert 2003 op die rooi planeet rondry. Die eerste is klein en loop op sonkrag, die jongste is die Curiosity en loop op kernkrag. 
Die Volksiegrootte, seswiel karretjie gebruik die hitte van 4,8 kg plutonium 238 waarvan die isotope stadig afwen om vir die colgende 14 jaar hitte op te wek, welke hitte energie in elektrisite stroom omgeskakel word om twee lithium ioon batterye laai sodat die nuuskurige Mars verkenner met sogenaamde fuzzy logic te kan dink hoe om oor Mars se rotse en deur dik sand te ry, klippe te boor, fotos te neem en monster te spektoskropies te analiseer.
Dis als natuurlik maklik as mens nie eers hoef te wonder hoe jy begroting spel nie. Koste van Mars sendings beloop lankal triljoene rande.
Ek spog altyd dat enige handige luukse ding in motors eerste in lorries gebruik was, maar ek moet erken, die tegnologie in die  Mars Rover is waar is die wortel van ons toekomstige selfry lorries is.

4x4 skaatsplank gebou deur Kanadese ontwerper wat vir rofweg elfduisend rand die plank met sy maple hout en aluminium onderstel aan jou sal verkoop. Wat die skaatsplank so duur maak is die verginopstet. Elke wiel op die wa het verstelbare dempers met kronkelvere en als lyk trouens soos miniatuur renmotor. Die R11k is egter nou op kickstarter. Wanneer die plank bemark word, sal die prys nader aan R20 wees met ons invoerbelastings.

Van renmotorvering gepraat, die Fiesta gaan skop toe beide die nuwe Yaris en die Polo se gatte doer in Scottburgh, met navigeerder Roger Houghton en bestuurder Mark Cronje wat gemaklik gewen het in hul viertrek S2000 Fiesta. Nou vra mense my gedurig hoe na aan die voertuig op die vloer is die S2000 Polo, Yaris en Fiesta wat so lekker oor die sandpaaie jaag, en die antwoord is baie, baie ver.
Die profiel van die panele wat bo oor die rolraam pas is geskoei op die drie luikruggies wat jy by VW, Ford en Toyota kan koop, maar van die rolraam af ondertoe is daar maar niks wat dieselfde is nie. Die motors het byvoorbeeld viertrek aandrywing, die sitplekgorldels is vier-band harnasse wat so styf span dat jy skaars kan asemhaal en die diep skottelsitplekke hou hou kletterpet ook knus vas dat jou nek nie afruk in harde landings nie.

Dit bring my by my gunsteling gesels -- die onnodigheid van lugsakke, het ons weer tyd om hier oor uit te wei.