Transcript of 'Wiele' broadcast on Radio Overberg, 08h15 Wednesday 29 January 2014. Topics Ryno's one-wheel motorbike, using a bicycle wheel tied to a string to see centrifugal force or torque in action and its pricing; the train truckers like pilots project and who to contact; and how ankles and wrists can save fuel.
Dis
Woensdag oggend kwart oor agt, wat meen dis tyd om te hoor wat gebeur in die
wêreld van wiele.
En daar
stop hy nou
[SOUND OF
TRUCK’S AIRBRAKES]
ons
trokdrywerskrywer vriend Alwyn Viljoen,
Goeie more aan al die Overberg ore. Ja, en dis baie om deur
te werk, so kom ons rol eerste die storie van die eenwielmotorfiets uit.
Soos alle goeie stories het die hele ding eendag lank gelede
begin, toe ‘n klein dogterjie haar karbouer pa gevra het of die koel sci-fi wiele
wat sy in haar comics sien, rerig kan ry.
En nou kan geen pa mos vir sy dogterjie nee sê nie, nog
minder die ingenieur Chris Hoffman.
Hy het daai regopstaan Segway fietsegoete goed deur gegekyk,
en toe plan gesien om die twee wiel karretjie met net een groot wiel te laat
werk, NET soos die fietse in sy prinses se comics.
Die Segway...
dis nou daai ding wat homself balanseer, en om vinniger te ry moet jy vorentoe leun,
om te draai kant toe, en so?
Dis einste wiele daai. As mens wil sien hoe dit werk – al
verstaan mens dalk nie so mooi nie – maak een as van ‘n fietswiel aan ‘n tou
vas, hang dan die wiel van die dak af, hou die ander as vas sodat die wiel
regop is...
...en gee dit ‘n goeie spin. As jy die wiel vinnig genoeg
draai, kan jy maar die as los en die draaiende wiel sal regop bly, asof dit aan
twee toue en nie net ene hang.
Die karbouer pa het dieselfde wringkrag beginsels ingespan om
die een, enorme wiel van die nuwe Ryno motorfiets self te laat balanseer. Hy en
sy vennoot het laas week die eerste prototipes aan Amerikaners uitverkoop en
teen volgende jaar kan die res van die wêreld ook die handgeboude, elektriese
eenwielmotorfietse bestel.
Maar waar
sit mens op een wiel?
Jy sit bo op ‘n saal bo op die breë wiel. Die enjin is binne
die wiel, met bree “speke” wat opgaan na die saal en die handvatsels, wat
eintlik net daar is om aan iets vas te hou, want net soos die Segway stuur jy
die Ryno eenwielmotorfiets deur met jou bolyf allerhande kante toe te leun.
J sê die
Ryno is handgebou, dit beteken mos duur?
Jip, in dollars sal mens al amper sestig duisend rand betaal,
en dan sit ons belastings mos nog amper helfte van enige voertuig se prys dop op
die invoerkoste by.
Klink na
goeie wins uit ‘n pa se bederf vir sy meisie. Wys jou net – as jy oplet in die
skeinat klas is die wolke jou perke.
Gepraat van
wolke, wat is die... oor lorriedrywers en loodse?
Dis ‘n beweging wat sy wortels in daai gru-ongeluk laasjaar
in Pinetown het, waar ‘n jong, onervare lorriedrywer mos op een slag twee dosyn
mense gedooi het.
Die hoofprobleem hier is dat enige nuwe lorrie vandag meer
knoppe en liggies as ‘n een-motorige vliegtuig het, en die outjie het gepanick
en begin briek trap in plaas van om sy Volvo se enjinrem te gebruik.
Dis die dat ek en ander trokmanne nou begin agiteer dat ons trokbestuurders
soos loodse moet oplei. Jy kan moes nie verwag dat ‘n nuweling wat nog net die lisensie
skool se skedonklorrie gery het, nou skielik ‘n moderne kajuit sal baasraak
nie!?
Dis so goed ek druk myself agter al daai knoppe in die studio
wat jy soos ‘n klavier speel.
Ek het
darem baie jare geleer wat die knoppe als doen, en ek leer nog steeds. Maar hoeveel
jare vat dit om ‘n lorrie liksens te kry?
Nie jare nie, weke! Jy kan met ‘n paar weke se leer jou
lisensie slaag en vir die kleiner operateurs begin ry.
Wat ons nou wil doen is om op dit wet te maak dat simuleerders
gebruik word om jong manne te leer en dat alle lorriedrywers jaarliks op die
simuleerder getoets word, net soos loodse. Dit sal meen lorriebestuurders moet
‘n log hou en sal ook beteken ons moet soos geskoolde arbeiders betaal word, en
nie vir R5000 ‘n maand werk soos daai jong man wat die vier en 20 mense
doodgery het nie.
Lorriedrywers
wat meer betaal word? Daai ene gaan ‘n kat onder die duiwe gooi. Waar kan
lorriemense meer hieroor lees?
Daar moet nog baie water in die see loop, maar enige
lorriemanne wat die proses wil steun kan ons epos op thedriverdigest@gmail.com.
Als een woord, thedriverdigest@gmail.com
Sterkte met
daai projek, dit klink na ‘n praktiese manier om die paaie veliger te maak.
Maar lyk my niks kan die brandstof goedkoper maak nie. Jy meen egter mens se
enkels en gewrigte kan help?
Ja, spesifiek die regter enkel wat die lepel trap en die
linker gewrig wat die ratte wissel.
Want die geheim van min brandstof ry is om die toere en die
windruk laag te hou.
Die winddruk is maklik, ry 80.
Maar lae toere ry vat bietjie dissipline, jy moet heeltyd
liggies op die lepel wees, en daai ratkierie so gou moontlik in die hoogste
nommer druk.
As jy eers op 80 is, en jou regter tone meestal in die lug hou
en jou linker gewrig meestal op jou skoot, sodat jy net die enjin so kielie -kielie
om jou momentum behou, sal jou toere – en jou brandstof uitgawes – laag bly.
Ons tyd loop
nou vinnig uit. In een asem,waaroor praat ons volgende week en watter
kar-musiek kies jy vir ons die week?
(DIEP ASEM) Ons
praat oor Chevrolet se nuwe Sonic RS en Toyota se nuwe Corolla
EN dan – “trike drifting” –
‘n nuwe gier onder die jonges in plekke met steiltes.
Vandag se lied is “Driving With The Brakes On".
Dis ‘n
mooie daai van die groep Del Amitri, en heel gepas, wyl ons nou stadiger moet
ry om brandstof te spaar.
SOUND OF
TRUCK LEAVING
Daar gaan
hy en ons sê dankie aan ons trokdrywerskrywervriend, Alwyn Viljoen, altyd met
iets anders hier op Wiele, net op Radio Overberg.