Search This Blog

Monday, July 14, 2014

Radio Overberg précis

A Russian boy and his dad's
amphibious truck 
This talk covered career choices as a driver, what with the rise of robot trucks and even tractors, the various systems being tested and their timelimes; and why the new Nissan Almera from Chennai, India, is a better choice than the built-in-South Africa Toyota Corolla Quest and finally, wishing SA brand guru Johan de Nysschen well as Cadillac boss. 

Toe ek klein was, wou ek 'n treindrywer word, maar deesdae se laaities wil eerder lorriebestuurders wees. En het het vir die jong manne goeie en slegte nuus? Vertel eers die slegte nuus.

Komatsu, Merc, Scania, Nissan en Volvo se robot lorries is algar reg om self te ry.

Sydney het robot trekker wat kan spuit en met arm selfs kan oes.
Al wat in die pad staan is wetgewing, want die vraag is wie om te dagvaar sou die robot skeef trek -- die mens wat in die voertuig ry of die ene wat die sagteware gekryf het, en watter deel van die sagteware blameer mens -- die lasers, kameras, gps of self stuurwielmotor?. 

En wat is die goeie nuus hier in vir aspirant bestuurders?
Die robotte is nog peperduur en dit sal nooit goedkoper as 'n gewone kar van vandag wees nie.
En elkeen van die robotvoertuie sal 'n robot minder benodig. 
Dan vertel vervaardigers die mikpunt is nie om lorriebestuurders te vervang nie, maar om hulle op snelweë te help ry.

Maar ek onthou van laasjaar dat studente in Britanje 'n navigeerstelsel vir motors gebou het wat hulle se minder as R2000 sal kos. Dis nie eers 200 liter se diesel nie. 
Goeie punt -- ek noem die ene die GP Butler, wat die stelsel sal glo vra of hy kan bestuur.
Om die goedkoper bestuur Butler te bou het  daai Oxford studente nie kameras en satellietskottels gebruik nie, maar laser straal aftasters wat die pad vorentoe voel-voel -- net soos 'n blinde mens met sy stok doen -- natuurlik als net teen die spoed van lig.
'n Groot rekenaar wat die hele kattebak volmaak memoriseer dan al jou roetes letterlik centimeter vir centimeter , en en 'n iPad op die paneelbord vra toestoemming om te bestuur NET as daar nie voetgangers en derglike kleiner-as-kar voorwerpe in die pad opgemerk word nie.
Onder sulke goedkoop opsies is daar ook die Amerikaners se lang optiese kabel in 'n kevlar tou -- die sg Leash -- waarmee omgeboude lorries presies op die spoor van die lorrie heel kan ry.
En die R2000 wat jy onthou vir die Britte se self-ry stelsel sluit nie die omskakeling van die voertuig in nie. Enige van ons luisteraars wat al 'n motor vir paraplegiese mos omskakel, sal kan vertel, motor-ombouings word vinnig 'n peperduur bedryf.
So, hoe lank voor robotte wel op ons paaie kan ry?
Die Oxford studente het laasjaar gemeen nog 15 jaar dan is hulle reg vir Engeland se paaie. 
Mercedes-Benz vertel hulle kan robotte binne 10 jaar laat loop, en natuurlik parkeer Merc se C-klas homself a klaar. 
Komatsu se lorries ry egter agfelope 13 jaar al in Chile en Doer Onder op myne, Die robotte stuurmanne is so akkuraat dat 4 lorries wat dag en nag om dieselfde draai, net een spoor trap.

Jy sê daar is ook 'n nuwe soort robot trekker, is die ding so slim soos ons koringstropers?
Die ding se naam is die Ladybird, en dis kleiner as 'n koringstroper maar amper slimmer, want koringstropers nodig nog steeds iemand om al die knoppe te druk.
Die Ladybird loop op sensors en kry sy krag uit rooi en swart sonpanele wat die hele robot soos 'n dop toemaak. 
Onder die dop lyk dit ding se geraame soos 'n goggamobiel-liefdeskind van 'n draadhanger en 'n Mecanno stel. 
Daar is een rugraat wat net onder twee meter hoog is en met driehoeke aan die vier wiele gekoppel is. Elkeen van die wiele het sy eie elektriese motor en kan enige rigting draai. Aan die rugraat kan mens tipies spuiters koppel om te bemes of gif te spuit soos wat die Ladybird op sy eie met die geploegde spoere op en af loop.

Maar hoe lank hou die sonpanele? 
Die sonpanele gee krag aan n bank batterye en die witjas-manne by Sydney se Universiteit het twee weke gelede hulle Ladybird vir drie dae en twee nagte laat werk op 'n groente plaas voor die battery pap was. Dis heelwat langer as ek en jy wat net 'n dag op 'n bord pap kan werk. Maar ons is nou darem nie deel van die presisie boerdery wat robotte gebruik nie.


Ons speel op die punt die 80s groep Styx se Mr Roboto.

Dis perfek vir die onderwerp, die Japanese lirieke vertaal mos aldus Wikipedia na:



Baie baie dankie Meneer Robot
tot die dag dat ons weer ontmoet 
Baie baie dankie meneer Robot
Ek wil jou geheime leer 


Dit was Mr Roboto,  'n treffer uit die jare 80s toe robotte nog 'n toekomsviesie was. Nou is daar 'n robot lorries en trekkers wat ons bestuurders se werk gaan verander. 
Gepraat van die toekoms, Alwyn jy is bekend vir jou voorspelling dat Henry Ford se monteerlyn-manier van karre bou uitgedien is; 
en dat ons kinders eerder hule eie, unieke voertuie om 'n standaard rolrame sal skoei. Maar intussen het Toyota darem met die Corolla Quest vir die mense op die monteerlyn doer in Durban werk geskep
Jy het nou al die Quest gery -- gaan ons kinders die kar kan erf?  

Ek meen Toyota Suid-Afrika het hier weer 'n Corolla wenner ja, maar dit gaan ook maak dat die 11e geslag Corolla verloor. Dalk net gou die geskiedenis -- al die Toyota fabrieke in die wêreld is getaak om bekostigbare modelle vir hulle eie markte te bou, en die Quest is Toyota SA se antwoord. Soos met die Tazz destyds kan ju hom net hier koop.
Die model is R30 duisend goedkoper as die goedkoopste Corolla, en vir mense wat tipies 'n Corolla koop, meen ek dis 30 duisend goeie redes om nie die nuwe 11e geslag Corolla te kry nie.

So hoeveel kos die Quest en wat kry jy daarvoor? 
Dis net onder R175 duisend, en dit gee tipies vir jou lugreeling, elektriese vensters en die nuwe Corolla se 1,6 enjin met 'n ses-gang ratkas, maar -- let wel -- nie 'n radio nie. Jy kry ook die  nuwe ligte en sitplekke -- trouens al wat oud is is die bakwerk panele, omdat Toyota SA die ou gietvorms gebruik.

Waarborge?
Vir die R175 kry jy ook Toyota se 3 jaar, 45 000 diensplan, met 'n drie jaar, 100 000 km waarborg.

Is die Corolla de beste keuse in jou boek?
Nou moet ek versigtig trap -- jy sal nie glo met watter venyn Nissan se aanhangers gereageer het oor my opinies oor die  Patrol nie, en daar was laasmaand maar net agt (x8) van die Patrollies verkoop, maar 'n hele paar honderd mense het 'n Quest aangeskaf. 
So, in kort, die Corolla Quest het foute as jy van bestuur hou -- die Corolla se 1,6 enjin is gebou om te hou eerder as om te verrig, so dit voel pap, en die motor is net 150 hoog, so knikke waroor ander motors ry, krap die onderstel. Maar as jy die soort motoreienaar is wat jou kar eerder aan sy kleur as sy krag ken, is die Corolla Quest tans my derde beste aanbeveling vir mense wat kinder moet rondry.

Derde beste -- wat is die eerste en tweede aanbevelings?
In plaas van die Corolla, gaan kyk die Nissan Almera.
Die Almera is amper R5k goeskoper -- amper R7 as jy Toyota se radio insluit, het 40 liter meer pakkplek in die kattebak, ry effens 11 mm hoër en die diensplan is 15000 km langer.
Maar belangriker vir my, as jy vet gee, beweeg die Almera dadelik in plaas van om so rustig soos die Quest op spoed te kom.
En as jy nie die vetgee tipe is nie en nie baie kinder se gewig hoef rond te ry nie maar meestal twee mense in die kar is, het ek net een keuse -- Renault se Sandero. Dis 'n klein enjin, maar is verassend sterk en natuurlik nooit dors nie.

New Cadillac boss from South Africa,
Johan de Nysschen
Ons hoop die Quest kopers raak nie kwaad nie en die Nissan kopers maak vrede. Ons tyd is op, jy wou nog spog met 'n Afrikaner wat nou Cadillac verkoop?

Jip, Johan de Nysschen is die Suid-Afrikaner op wie General Motors nou hul hoop plaas om Cadlillac se toekoms meer rooskleurig te maak.
Johan het sy naam gemaak by Audi en Nissan se luukse motors, die Infinity en staan is 'n brand building genius bekend en GM reken nou hy kan Cadillac help teen BMW en Merc, wat twee keer meer verkoop as Cadillac. Ons wens hom sterkte toe, doer in die States. 

Nou het ons oor Franse karre en Amerika gepraat, so al liedjie wat pas om mee uit te speel is Debbie Hays se French Kissing in the USA. Tot volgende week wanneer ons trokdrywerskrywersvriend alwyn Viljoen weer als wat nuut is in die wiele wêreld kom vertel.