Search This Blog

Tuesday, September 2, 2014

Radio Overberg 89,4 FM précis

JMC's Vigus is a looker and a goer with a lot of Ford in it.
This talk covered
- the true news about Mazda South Africa,
- two brand new old classics in the Land Cruiser and Jaguar Mk II,
- we ask whether the latest pick-up from China is worthy of its premium pricing and scoop a test drive while we are at it, and
- reveal the seven things you want to see in the fine print of your insurance. 
All this only on Overberg Wiele, 89,4 FM each Woendnesday, quarter past eight.


Dis kwart oor agt en daar stop hy nou net mooi op tyd, ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen, 
met al die jongste nuus oor alles met wiele. Alwyn, jy sê mense wat gerugte versprei dat Mazda die land verlaat, lieg. Hoe so?
Dis soos daai telefoon speletjie -- Mazda is besig om as handelsnaam uit Ford se omhelsing los te wikkel -- 
die amptelike bekendstelling is oor twee weke, maar die handel en wandel het die nuus nou so verdraai dat verskeie handelaars my vra of ek iets weet oor "Mazda wat toemaak".
So, kom ons praat Russies -- soos daai blonds in die grappie -- en ek sê die mooi stadig:
Maazdaa   maaak   niie   toee  niiie,  maaar  ooop, die keer nie in 'n Ford handelaar nie, maar onder hulle eie naam.

Maar dis mos uitstekende nuus vir al die mense wat laasweek in daai Ipsos markoorsig so tevrede met hulle Mazda's was -- en nuwe handelaars beteken natuurlik meer werk vir tegnici en so -- maar is daar rêrig plek vir nog karverkopers in ons mark?

Ja kyk, dit raak al taaier om nuwe karre te verkoop, maar die Jianling Motor Maatskappy, oftewel JMC, meen daar is genoeg van ons wat 'n goedkoop werksbakkie nodig het -- daarom het die groep 'n ruk terug Colt-gebaseerde bakkies en Mitsubuishi trokies hier by 24 handelaars regoor SA begin verkoop. 
So twee weke terug het hulle ook stil-stil 'n nuwe, baie meer windgatbakkie in die mark gestoot, wat die vorige generasie Ford 2,4 turbo diesel of 'n Colt 2,4 petrol in agt dubbelkajuit modelle gebruik, met viertrek of tweewiel aandrywing.

Nou waarom sal JMC 'n nuwe bakkie -- nogal met 'n Ford enjin -- so stil-stil in Suid-Afrika bekendstel -- daai mark is mos veels te mededingend om jou talente onder 'n maat-emmer weg te steek?
Twee woorde -- kanaal konstipasie -- wat die Ingilse "channel stuffing" noem. Soos ek altoos op die program mor -- ons manier van karre maak is gebreek, want dit het niks met aanvraag te doen en alles met belasting rabatte en subsidies. Maar die blink randjie aan DIE ooraanbodwolk, is dat kopers elke paar maande groot afslag sien wanneer die vevaardigers besef hulle het alweer te veel karre vir die mark gebou, en dan die wiele teen laer pryse probeer skuif. JMC is juis in so 'n uitverkoping op hule gemiddelde bakkies waar mens tans van R30 duisend afslag kry. Ongelukkig is die uitverkoping nou net in tyd vir die aankoms van die baie mooi JMC Wie-kus .   

Die Jay Emm Siee Wiewat?
Die JMC Vigus, soos in die Engelse "fig", maar hulle bemarkers het seker gemeen dit moet ons meer aan iets soos "vigour" en diesulke woorde laat dink.   

Het jy nou al die vye-bakkie gery?
Jip, en dis 'n soet vy hoor. En nou moet ek spog, julle hoor die vanoggend heel eerste op Overberg, want ek is die heel eerste trokdrywerskrywer in die land om die Vigus 4.2 diesel te kon toets.
Onder die kap is daar 'n Duratorg, die einste Ford enjin wat 'n paar jaar terug -- voor die aankoms van die Amarok en meer onlangs die MHawk van Mahindra, die meeste Newtons vir die minste geld gelewer het. Die wa is baie netjies binne -- dink Isuzu en jy kry die idee. Die vering is egter selfs gemakliker as die Isuzu s'n, ek het hom redelik vinnig oor 'n rowwe grondpad gestoot en meen net 'n Nissan Navara ry lekkerder vir ons ouens wie se niere hoë kilos op het .

Ons het mos al 'n paar keer hier op Wiele gewaarsku mens moet nie alles glo wat jy hoor oor vervaardigers se kragsyfers nie, want die wiele lewer nie daai krag op die teer nie. So, wat kon jy uitvind?
Ek was by my pelle by 'n Bosch werskwinkel aan om daar op hulle dinamometer te kyk wat gebeur, daar waar die rubber die teer tref, en ten spyte van die warm dag waarin ons die toetse gedoen het, het die Vigus baie naby aan die beweerde kragsyfers gekom. 

Ja, ek het nou die aand weer gevoel hoe lekker 'n diesel bakkie loop as die temperatuur naby nul gaan draai. Maar hoe vergelyk hierdie soet-vy Sjinees met die ander Sjinese bakkies?
Hy lyk vir my die mooiste buite -- dink Mazda BT-50 en jy kry die prentjie -- maar jy betaal vir DIE looks hoor!
Die top Vigus se prys is van 30 tot 100 duisend rand duurder as die top GWM en Tata, maar die Vigus se kragsyfers hou nie vir hul nuwer enjins kers vas nie. 
Die JMC Vigus dubbelkajuit 4x4 se ou Ford enjin maak 88kw en 290nm  en kos amptelik digby R380k
Hierteenoor kos GWM se top Steed 5 dubbelkajuit 4x4 sowat R70K minder, maar Great Wall Motors se eie-geboude twee liter diesel maak so 20 kW EN Newtons meer;  
dan is daar die Tata Xenon dubbelkajuit,4x4 2.2L wat saam met die Steed kan trek, die basiese en amper hand-geboude Indiaan kos egter 'n hele honderd duisend rand minder as die Vigus.
En laat ons nie vergeet van die Foton Tunland nie, ek het die groot sjinees met die Cummins enjin mos ook op die dinamometers getoets, en was verras toe daai Amerikaanse enjin meer krag maak as wat die pakkie beloof het, en die Sjineese se "top of the range" bakkie kos so R30 duisend minder as die nuwe Vigus.

2 sekondes STILTE.
...Skuus ek wag vir jou om oudergewoonte iets oor die Mahindra te sê... 

Nee gits, Mahindra kry darem gans te veel gratis pryssange uit ons uit, so ek sal net noem die top Mahindra Scorpio het minder krag as die Vigus, maar is darem ook so R40k goedkoper as die top Vigus. Die duur pryse is alles nou vir die top 4x4 diesel  Vigus met16 duim bande en leersitplekke en 'n raakskerm radio en tot 'n stut vir jou elmboog. In die middel, waar jy die petrol of diesel 4x2 kan koop, is die JMC nogal mededinged.

JMC VIGO MODELS AND PRICES
(valid in South Africa in Spet 2014)
Petrol: (100 kW, 201 Nm)
2,4 LX 4x2 - R274 990
2,4 SLX 4x2 - R304 990
2,4 LX 4x4 - R355 990
2,4 SLX 4x4 - R365 990
Diesel: (88 kW/290 Nm)
2,4 LX 4x2 - R297 990
2,4 SLX 4x2 - R327 990
2,4 LX 4x4 - R355 990
2,4 SLX 4x4 - R379 990.

So, die nuwe Sjinese bakkie van JMC lyk so mooi soos die Mazda BT-50, ry amper so lekker soos die Navara, maar die amptelike prys is helemal te veel? 
Jy het dit in 'n neutedop opgesom, die sleutelwoord is egter "amptelik", want dansky die huidige kanaal konstipasie, is ons in 'n lekker kopersmark en jy kan by enige van die 24 JMC handelaars gaan arm druk vir ruim afslag.
Ons het nou lank Sjinees gepraat, so vertel gou van daai nuwe ou motors, die Land Cruiser en een my mooiste motors ooit, die Jaguar Mk II?
Cruiser se 30ste jarigheid, maak weer die reeks wat van 1984 gebou is, hulle noem hom die Land Cruiser 70, daar is 'n stasiewa en bakkie, albei kos sowat 360 duisend in Rande, maar hulle word tans slegs in Japan verkoop.
Wat die Jaaag betref, die Merk II is tans nog enig in sy soort, met net een motor wat spesiaal oor 18 maande vir Jaguar se baas van ontwerp, ene Ian Callum, gebou is. 
Maar gee kans, want die Classic Motor Cars maatskappy wat die motor se ou lyne vol moderne toerusting gemaak het, sal verseker nog 'n paar van hulle wil verkoop.   

Mens moet natuurlik so 'n rare kar verseker, en jy wil ons luisteraars van 15 dinge vertel wat hulle op hul motorversekering moet sien. Nou, mens kan gemiddeld net sewe dinge op 'n slag onthou, so vertel vir ons net die helfte hiervan? 
Onlangse studie het gewys die  gemiddelde versekerings dokument beslaan 20 duisend woorde. Dis 'n boek wat geskryf is om jou uit te vang. En om te keer dat hulle jou bol, sit jouself  in die versekeraar se skoene en dink soos iemand wat gaan verloor as jy skade kry -- die heel belangrikste om te kyk watter veligheid standaarde die versekeraar in die fynskrif vereis -- alarms, diefwering, honde, gewapende reaksie, ens?
Dan wil jy weet:
• Wat is jou bybetaling?
• Is al die name van die mense wat bestuur gelys?
• Is dekking mits daar 'n immobiliser of opspoor toestel is?
• Is besigheidsritte ingesluit?
• Mag jy oor landsgrense toer?
• Moet jy meer betaal as jou kinders leer bestuur?
• Is kar huur deel van die dekking
• Haelskade?

En vir ons wat motorverskering as deel van ons huisverskeeing het, waarvoor moet mens uitkyk in die fynskrif?
Waarvoor is jy gedek en waarvoor nie? 
Jy soek tipiese dekking vir skade agv 
vuur, 
weerlig, 
ontploffings, 
sabotasie, 
vallende takke, 
storms, 
vloede, 
gebarste pype of gebreekde geysers, 
inbrake en 
diefstal. 

Uit my ervarings kan twee hier byvoeg -- is jy gedek vir skade aan sleutelgate wanneer die boggers als met die inbreekslag verniel, en is jy gedek vir as jou krediet of bankkaarte misbruik word? Tja, met diefstal deel van ons lewe, sing ons tot daaroor in ons kunste, soos Klopjag doen met jul gewilde "Karloos".