Search This Blog

Tuesday, September 9, 2014

Radio Overberg 89,4 FM précis

The ultimate vehicular nose job:
A Vespa with a mini splitwindow combi. Cute, hey?
This talk covered two nose jobs on the Nissan Almera and Polo Vivo;
asked why South Africa's taxi bosses are not using apps like Uber to get to passengers faster;
answered by explaining Uber is an ad hoc subsidy towards the cost of private car ownership, but is not profitable for taxi operators;
discussed which budget seven seater is best (the Suzuki Ertiga); and
talked about the list of bargain 4x4 double cabs on sale in South Africa.

Daar stop hy nou, Alwyn Wat is die twee nosejobs?
Nissan Almera, wat ons mos hier op Wiele beter as die Toyota Quest ag, danksy al daai kattebak spasie en beenruimte, en SA se bes verkopende kar, die Polo Vivo. Enjins dieselle, bietjie chroom, opsionele radios nou standaard op van die modelle, en die pryse natuurlik 'n paar duisend duurder.

Die Almera natuurlik uitstekend vir mense wat op die nuwe Uber diens wil taxi speel. Verstaan ek reg dan enige mens met 'n kar met Uber kan lys, en dan mense begin rondry?
Dis die teorie, die praktyk nodig PrDP en taxi base wat nie gewere dra nie.
Van Bombaai tot Benoni tot Burmigham is meter-taxi bestuurders onsteld oor hoe Uber hulle werk oorneem sonder om enige van die belastings en permitte te betaal wat taxi bestuurders se winste soveel minder maak.
Maar tja, dis net SO lekker en gemaklik om presies te weet waar en waneer jou taxi jou gaan kry, dat Uber orals bly groei -- ironies genoeg VERAL wanneer taxi bestuurders staak oor Uber, soos onlangs in New York en Parys gebeur het. Dis nou daai Parys van Fankryk, nie die Parys oppad na Frankfort nie.

Nou kan taxi base nie eerder inkoop in die Uber omwentelig -- as om dit so teë te staan nie?
Die kort antwoord is nog nie, sien, Maar ek het laasweek met 'n lid van Santaco oor die ding gesels en gee kans, ons taxi base sal weldra self die gemak van weet waar en wanneer in hul taxi in werk -- Santaco het alreeds 'n loodsprojek om wifi in al hul Soweto taxi te sit.
Ek moet ook net 'n lansie breek vir die taxi base, hulle het 'n nuwe slogan -- from trenches to boardrooms, die manne dra deesdae dasse en werk hard om taxi industrie meer professioneel en kliënte-vriendelik te maak, so hulle sal wel aanstons nog hul eie applikasie -- of dan nou "app", kry om taxis beter met passasiers op te lyn.
Maar hulle sal nie Uber se model kan gebruik nie, want dis 'n subsidie wat jy meskien kan kry om met jou kar 'n geldjie te maak, so dit werk spesifiek vir privaat eienaars, en in plekke soos Kalifornïe en Swede, waar hulle minder karre meer wil laat ry, sal Uber help om hulle kar beter te benut..
En alhoewel Uber goedkoop klink -- hulle vra R20 minimum plus R7,50 per km -- is dit baie duurder as die paar rand wat elke mens in 'n vol taxi per km betaal. Ek sien egter uit wanneer Santaco hulle eie app gaan hê wat mens 'n taxi kan nader roep sodat mense nie so vinger in die lug hoef te staan en wag nie. 

Dit sal die lewe darem baie makliker vir miljoene pendelaars maak nê, om nie langs die pad te wag en wag nie, maar te weet jou taxi man is oppad en hoe laat hy min of meer gaan stop

Ja nee, dit sal, maar ek wil terugkom  oor daai stelling van jou dat die Almera 'n lekker taxi maak -- dit geld versker vir Uber bestuurders -- maar nie vir manne wat bv daagliks 'n pendeldiens lewer nie. 
Hiervoor is daar sewe stiplekkers.

Wat, soos die Toyota Avanza? 
Dis een van drie wat ek aanbeveel, maar die Avanza is die duurste teenoor die FAW Sirius en die Suzuki Ertiga.


Die FAW dis mos Sjinees, so die ene is seker die goedkoopste?
Nee, toe nie -- want die  Suzuki is nie Japanees soos wat die naam aandui nie, maar Indies, word deur Maruti gebou seder 2012, en is goedkoop maar duursame wa. Die intree Suzuki Ertiga kos 160 duisend, 'n hele paar duisdend onder die medingers maar met als wat hulle in het.

Maar die sewe sitplekkes is mos soos sinlike werk stewels -- nie rerig mooi nie en ook nie rerig gemaklik nie.

Ja, die beenspasie in die agterste rye is vir mense met kleiner beenstrukture as ons vleis eters gebou -- maar jy kan wel sewe volwessenes inpas -- let wel sonder bagasie -- en al drie die waens se ratverhoudings is kort in die begin vir krag en lang inn die top vir min petrol gebruik.

Nou wat kos die Suzi tenoor die ander?
Pryse

Jy vertel jou jaarlikse bakkiekragopname het 'n verassende wending, wie is die sterkste goedkoopste bakkie?
Foton Tunland, SsangYon Actyon Sports, en Tata Xenon. Vir 'n oomblik gedink Tunland is minder sterk gemaak -- maar dis toe net klerk se fout op die webwerf.


The Nissan Navara currently sells the strongest
bakkie in SA, at 550 Nm.
En waar pas hulle tussen al die bakkies in?
Nissan Navara, 550, Ford Ranger 470, en dan die Tunland, wat ek getoets het  op amper 380 Nm.

So, as jy vir die familie 'n lekker 4x4 dubbelkajuit wil koop en nie top pryse wil betaal nie, wat beveel ons vandag hier op Wiele aan.
Wel, onthou ons reel, die beste kar is die ene wat jy kontant kan koop en jou buurman kan regmaak. As jy nie kontant of 'n tegniese buurman het nie, is die vlge beste die handelaar naaste aan jou huis se tweedehandese wa. As die handelaars die waens het, is die top 5 goedkoopste 4x4 dubbelkajuite in SA tans:
Tata Xenon 3.0 TD 4x4: ZAR192,995   
GWM Steed 5 2,4i Mpi 4x4: ZAR239,900   
Tata Xenon 2.2 TD L 4x4: ZAR249,495   
Mahindra Scorpio 2.2 mHawk DE 4x4: ZAR266,995   
Tata Xenon XT 4x4: ZAR279,495
Ek beveel oudergewoonte die Scorpio aan.

Net om te vergelyk, wat kos 'n Hilux?
Die intree 4x4 Hilux dubbelkajuit kos naby R426k, hiervoor sal Tata aan jou twee 4x4 Tata Xenons en 'n Venter sleepwa verkoop.

Tata will take a long time to live down the Telcoline,
especially its oil-soluble plastic gearwheel.
That shows even BMW how to make-it-to-break. 
Kan mens al Tata se diens vertrou?
Man, Carike, ja... als hang van die  tegnici en die handelaars af, party is goed, party is klaaglik. Gaan sit maar eers in die wagkamer en hoor wat vertel die ander mense voor jy op 'n handelaar besluit. Tata moet hier nog werk maak om soos Renault, hulself by alle konsessiehouers goeie naam te gee.    


Wyl ons nou so 4x4, ek sien Ford is oppad Nam toe en VW volg Voetspoere in Afrika. Hoekom spandeer die vervaardigers soveel geld op die avonture.

Wen Sondag, verkoop Maandag beginsel -- en dan het 8000 mense gepoog om op daai Ford Oddysey avontuur te wees, net 17 uit SA is uiteindelik gekies -- so mense speel graag saam. Die wat nie kan nie, kyk. Ons wil mos almal bietjie webreek.
We all feel like running away from it all sometimes.