Search This Blog

Tuesday, October 7, 2014

Radio Overberg précis

Imagine how fit you'll get if the boss orders this desk...
Daar stop hy nou...
Alwyn ons het nou twee weke lank rondgery eerder om hier oor alle soorte wiele nuus te gesels, so vertel, wat is aant gebeur in die wereld van goeters wat op aste rol? Begin sommer met daai hamster wiel vir mense. 

Rob Godshaw, hun Autodesk CAD ontwerper - staan mos vir computer aided design, het met sy ou skaatsplank se wiele rondgespeel en toe nogal mooi 'n hout wiel gemaak waarin mens kan loop wyl jy op jou lessenaar werk.

Maar ek verstaan nou nie -- waar pas die lessenaar in en hoe staan als stil as die wiel draai?
Die groot wiel rus op die skaatsplank wiele, en deur teen die helling voor jou af te trap, draai die wiel. 
Die lessenaar is 'n staan-lessenaar wat eenvoudig los gebout en toe weer aanmekaar gesti is sodat die blad deur die wiel steek. Mens moet natuurlik nou nie jou blad of rekenaar tot teen die bewegende wiel stoot nie, dan werk als heel
goed. Kan jy nou net dink hoe mooi jou abs en glutes sal word as Overberg nou vir die studio so 'n reuse hamster wiel insit?

Reginal Naidoo
Reginald Naidoo het einde laas maand van Swede af terug gekom waar hy mos teen die wêreld se beste lorrie bestuurders gaan ry het in die Volvo Diesel Spaar uitdaging. Hoe het hy gevaar?

Ek het lekker met Regie gesels voor en na die toernooi, en ek moet eers verduidelik die was rêrig soos 'n wêreldbeker vir lorrieryers. Uit elf duisend het net 23 bestuurders van regoor die wêreld dit tot in Swede gemaak en Reggi eas een van hulle. Hy is 'n eienaar bestuurder van doer in die noorde van KZN, nogal naby onse president se plekkie in Nkandla, maar hy ken nie van aan die regterkant van die pad in 'n linkerhandstuur lorrie ry nie. 
Dit ten spyt was onse Reggie baie mededingend en het hy o.a Duitsland, Engeland, Tasmanïe en Italïe se bestuurders onder loep gesteek. Maar hy vertel  die top tie ouens was so na aan mekaar dat daar letterlik net 'n spoegie diesel tussen die eerste en die 10e ou was. 

Ons het al eenkeer gesels oor hoe swaar lorries op diesel is, maar herinner bietjie ons luisteraars hoe ver ry 'n man soos Reggie op een liter met 'n vol lorrie?
Wel, as jy net bietjie meer as twee kilometer per liter kan average, soos die  manne praat, doen jy uitstekend. Maar dis op die  gelyke N1. Op die landse se besigste snelweg, die N3 is 1,3 km per liter baie goed. Dis trouens met so 'n syfer wat Regie as die suingiste dieselgebruiker in SA aangewys is.

So teen amper 15 rand per liter kan ons dit afrond om te herinner lorrieryers betaal amper R10 per kilometer in brandstof om 'n vrag af te lewer. Dis nou voor tolle en stukkende bande en so. Nou verstaan mens hoekom soveel ouens van tranesport gesels, eerder as transport. Maar kom ons praat nie oor trane nie, maar oor die goeie nuus, jy meen dis 'n kopers mark vir ouens wat karre soek - maar wie kan deesdae 'n nuwe kar bekostig?

Lyk  my almal wat 'n staatswerk het, het 'n kar skema  en die ouens wat Duitse motors of Toyotas verkoop, vertel my hulle is besig genoeg in die harde tye. Maar al die ander handelsname sukkel erg, en dis hoekom dit 'n kopers mark is. Let wel, dis nie net vir nuwe motors nie, maar ook tweedehande motors.
Omdat die motor verkope tans in 'n trog is, is almal bereid om beter pryse te maak en daar's elke week groot afslag op al wat 'n model is.

Dave Hughes
Jy't laas genoem Mazda is besig om te vernuwe -- maar is daar plek vir 'n nuwe groep in die die trog waarvan jy praat?
Net so bietjie agtergrond, Mazda is nog steeds globaal aan die heup met Ford verbind -- hulle het 50 jaar se R&D met nog jare se enjins wat nie gestop kan word nie. In SA het Mazda egter besluit dis sommer strooi lat hulle met 1 auntie wat doer agter in die Ford se kantore in Silverton, Pretoria mos Mazdas verkoop, en hulle het nou daai auntie en nog 40 mense om -- in die nuwe MD, Dave Hughes se woorde -- "Mazda motors hul regmatige plek in die mark te gee".

Die ander Japanese motors gaan mos die Mazda's harde bene laat kou in die kopers mark?
Ek meen ook so, maar meneer Hughes mik nie om met die Toyotas en Hondas en Suzukis mee te ding nie -- hy mik vir Audi en BMW en VW. Want in Japan is Mazda 'n premie voertuig soos die drie Duitsers, maar in SA was die ou 323 luikruggie mos lank die land se top verkoper. 
Meneer Hughes waarsku egter dat die nuwe Mazda nie meer cheap and cheerful gaan wees nie, maar "packed with value premium."

A hot rod prepares to race at Hakskeenpan in 2013. 
Ek meen die Mazdas is darem baie sag op die oog. Maar gepraat van cheap en cheerful, hoe het jy toe gevaar met jou Kalahari Speedweek in daai Daewoo Matis 4x4 hibriede konkoksie van jul.
On jinne, ons het nie gevaar nie. Soos enige goeie renspan het ons helemal te laat begin werk aan die motor, ons was al dae laat toe ons nog die laaste "fyn instellings" maak. Dit fyn instellings met 'n twee meter koevoet, terluiks. Maar dit die bou van die wêreld se eerste 4x4 hibride Daewoo Matis was als groot pret en die  motor staan tans reg om 'n paar ander geskiedkundige mylpale in die vervoerbedryf te vier.

Die groot vraag wat ons nou het is of mense bereid gaan wees om so R20k te betaal om 'n privaat kar om te skakel in 'n hibriede motor.

Ja, ek hoop dit gebeur nog in my tyd, al die alternatiewe opsies om motors aan te dryf.
Watwo jou tyd, ek luister graag rap en hip hop om te hoor wat dink die jeug -- ons toekoms -- kuns is mos 'n spiegel vir die realitiet -- en as ek gou 'n lansie kan breek vir een van ons beste kunstenaars -- Jeremy Loops of dan nou Jeremy Hewwitt soos sy regte naam is, die jong manne met die baarde dink groen. Wanneer Loops nie snags musiek maak nie, plant hy bedags bome as Hewwit. Dan is daar 'n ander kitaat slaner met 'n baard -- dis vir my baie vreemd hoe die 20 jariges nou weer baarde en weglê snorre het -- maar nietemin, meen stoom is die mees hernubare kragbron, so stoom fietse en stoom karre is nog jou voorland in jou tyd.

Ons tyd is uit, dankie aan Alwyn vir al die interessantse wiele nuus regom die  wêreld, Tot volgende week Woensdag die tyd , 8h15 luister ons weer na als wat nuut is op wiele, is en ons speel David Bowie se Major Tom.