Search This Blog

Tuesday, October 14, 2014

Radio Overberg précise

Old toppies like Des Fenner knows what 
the new buyer wants: a Datsun Go. 
The talk covered:
- the affordable Go hatchback, which Datsun launched in South Africa at less than ZAR90,000 (about US$8100);
- mused over the use of the third row in small seven seaters, such as the Honda Mobilio, Suzuki Ertiga and FAW Sirius;
- discussed the main benefit of buying a lesser-spotted brand -- the much lower theft profile;
- talked about Iveco plant in Rosslyn, north of Pretoria, which dwarfs the company's investments in Libya and Ethiopia; and 
- sung the  praises of the Iveco Daily 4x4, which competes with the Mercedes-Benz Unimog but costs a lot less.
Daar stop hy nou ons trokdrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen, is Datsun nou terug?
Inderdaad, met 'n luikrug genaamd die Go, wat in twee modelle verkoop word, die intree een vir minder as R90 000 en die LUX vir minder as R100,000. Maar vertel nou eers, ons almal wat no al 'n vier voor ons ouderdomme kan sit, het mos 'n Datsun gery, watter ene het jy gery?

'n Pulsar, wat net na die naamverandering gemaak is, maar vertel, hoe ry die twee Go karretjies?
Lekker lewendig in stadsverkeer danksy lang tweede rat en wringkrag wat teen lae toere inskop, maar wat my meer imponeer is die verbruik uit die 1,1 drie silinder enjin. Die enjintjie maak 20 km uit elke liter in die stad. Op die oop pad sal dit natuurlik effens beter wees, maar ek sal nie graag die wa ver wil ry nie en dis ook nie waarvoor Nissan die Datsuntjie ontwerp het nie. Trouens, as mens die twee-en-'n-half bank voor kyk, is parkeer in die vryerslaan die waentjie se doel.

Waar word hulle gemaak -- ook daar in Rosslyn?
Nee, in Indïe, en hiers nou 'n raar maar waar feit, Malcolm Kinsey, die ou wat elke jaar kyk watter karre het die goedkoopste onderdele, vertel my 6 uit 10 karre in die klein-karretjie segment word deesdae in Indïe gemaak.
 
Watter ander modelle gaan hulle invoer?
Des Fenner, die baas daar by Datsun, vertel hulle het nie tans ander planne as die bekostigbare Go nie. In Indonisïe verkoop Datsun egter 'n sewe sitplekker, maar hulle eers most nie baie biltong aan daaikant van die oseaan nie, so hulle lyfies kan wel in die derde ry van die sewe-sitplekkers inpas. 

Ek sien Honda het ook nou n sewe sitplekker, kan daar darem grootmens agter inpas?
Man, Carika, ja... maar net as jy nie baie van daai grootmense hou nie. Al die sewe sitplekkers is maar vir petite lyfies en stadsverkeer gemaak.  

Watter sewe sitplekkers kan wel grootmense vat?Ek meen die Suzuki Ertiga. Die sitplekker slaan maklik plat.
Suzuki huh? Nooit geweet hulle maak ook sewe sitters nie, hoe verkoop die minder bekende name teen die ander?Toyota het laasmaand 515 karre en lorries per dag verkoop. Ek herhaal graag, 515 per dag en om die getal in perspektief te sit, dis so 200 meer as wat bv GWM in September verkoop het. Suzuki is hier by die 400.

Ek sou dink die grootste voordeel van minder bekende naam koop is minder misdaad?
Inderdaad, daar's nie aanvraag vir die onderdele nie.
Lugsakke is een van die goed wat onderduimse paneelkloppers soek en veral as die kar in sy duisende verkoop, maar lugsakke is onnodig. Sit net jou sitplek gordel aan!

Laaste maar nie die minste nie, wat jou baie nader aan die hard lê as klein karretjies, lorries. Wat maak die mense op die baie wiele?
Mario Gasparri has big plans
to entrench Iveco in Africa.

Ongelukke, as ek die N2 en die N3 so kyk, en dis als omdat ons te lang bestuur, ek wens ons kan ook ure inperk soos  EU en nou VSA. Maar terug na die goeie nuus, Iveco maak groot fabriek in Rosslyn oop en beplan uitvoere na Afrika.
Iveco het mos daai Unimog mededinger, hoe doen sy verkope?Mario Gasparri vertel heel goed en dis darem rerig ;n indrrukwekkende wa, daai Iveco Daily 4x4. 
So daar het jul dit, vir die beste 4x4 Ry Italjaanse lorrie. Ons tyd is om en ons speel uit met The Clash se 'London is Calling'.