Search This Blog

Tuesday, November 18, 2014

Hino in 'proper' Japanes

Why did the chicken cross the road?
Cos they were dead and frozen in these Hino 300 refrigerator 
trucks, driving all over Namibia.
Die eerste ding wat jy deesdae hoor as jy uitvra oor die Toyota Groep se reeks lories, is dat die korrekte uitspraak eintlik ‘hie-nou” is, nie ‘haai-nou’ nie.
Hie’ onne’ inni Kaap val die uitspraak nogal maklik oppi tong. Maar o wee, die oor-ronders fon Pittorio sokkel so ’n bietjie om sulke suiwer “Joponees” te prott.
Maar of jy dit nou haai-nou of hie-nou uitspreek, die lorries is Suid-Afrika se mees-vetroude naam
onder entrepeneurs. En lankal nie net die klein Dyna lorrietjie waarvan daar nog so baie modelle uit die 1970s rond ry nie. Hino het Mei maand ’n R55 miljoen aanleg in Prospekton geopen, waar 65 personnellede 12-uur skofte werk om van die kanniedood Dyna tot die enorme voorhaker Hino 700 te bou. Die monteer lyn is een van net 19 globaal, en volg rekord plaaslike verkope laasjaar, wat teen 3 461 eenhede die negende-beste te wêreld buite Japan was. Dit ondanks die feit dat Hino in Suid-Afrika met goeie lorries uit Europa, die VSA, Sjina, Indïe en Korea meeding.

As 'n Nambïer hom laaik...

Die Hino 300 val net mooi in die middel van die reeks Hino trokke en Namib Mills het die maand vir 18 nuwe 300s geteken om pasta, meel en dier voere regoor ons reuse buurland af te lewer. Die groep het ook ses koeltrokke bestel om bevrore hoender karkasse mee af te lewer. Serco Kaapstad het die koeltrokke op die vastebak 915 modelle van die Hino 300 gemonteer.
Nou sal vlootbestuurders jou vertel as ’n Namibïer meen ’n lorrie gaan op hulle paaie hou, kan enige ander land maar gerus daai lorrie se bande gaan skop.
Die Hino 300 is egter nog ’n rare gesig in die Kaap. Een van die verkoopsmanne by Imperial Hino Truck in Parow vertel hulle verkoop veral die vyf-tonners, wat aan hulle nommers geken word as die 814, 815, 915. “Ons verkoop hulle in enige vorm, van seil-kante tot valkante,” het die verkoopsman vertel. Maar nie soveel agt tonners nie.
“Ons het tot onlangs toe nog baie van hulle (agt tonners) verkoop, maar sal nou eers vir die volgende paar dekades moet wag dat die lorries eers oud word voor ons weer nuwes kan verkoop,” meen die verkoopsman. 

Hier om te bly

En terwyl Ford laas week afgekondig het hul wonder of hulle verder in hul fabrieke in Silverton, Pretoria durf investeer midde al die stakings van die  metaalwerkers en vragmoterbestuurders, is die Hino naam nou te goed ingegrawe om kop uit te trek.
Toyota Suid-Afrika se grootbaas, Dr Johan van Zyl, vertel die Hino monteerlyn langs die Toyota fabriek in Prosecton is net een van ’n string bellegings van oor R1 triljoen wat Toyota onlangs in Suid-Afrika bel& het. Ander monteerlyne in Prospecton die afgelope paar jaar sluit die Siyaya en plaaslik-ontwerpde Corolla Quest in.

Intussen is Hino se handelaars ook besig om in nuwe toerusting en geboue te belê.  Nie-uitvoerende raadslid Sindi Mabaso-Koyana vertel baie van die handelaars is al sedert 1972 in die Hino stal en sy nooi enige een wat nog weet hoekom mens “hie-nou” en nie “haai-nou” nie, om in te loer en agter te kom hoekom die lorries so lank aanhou aflewer.
(First published in the motoring supplement of Die Burger.)