Search This Blog

Tuesday, November 11, 2014

Radio Overberg précis

Flexible supercapacitors like this have these DJs very excited.
This talk started with more developments of foldable capacitors;
the trend to bullet proof anything from jackets to cars in Venezuela;
Nigeria's futile twitter campaign to shame government and contractors on their abysmal roads; 
new metal on the roads in the form of Renault trucks and -- staying in that stable -- Datsun Go, which did not do so well on India's collision tests, but who cares, right?

'n Ruk terug het ons oor kapasitors gesels en omdat ek so heilige respek vir hulle het, vang my oog dat Australia nou die jonste universiteit is waar navorsers myle en myle se kapisitors as te ware oprol en in karre laai. Het jy die ene gesien?
Ek was nog nie deur 'n kapasitor gebyt soos jy nie maar, ek hou hulle fyn dop ja -- dis Queensland se witjasse wat nou ook nano-tegnologie ingespan het om voubare superkasitors te maak.
Nou weet ek nie van julle luisteraars nie, maar vir my is 'n kapasitor 'n mengsel van wetenskap en pure toor.
Ten spyte daarvan dat ek AL die idioot-vriendelike boeke gelees hoekom die toebroodjie van elektodes om 'n elektroliet dan nou die potensiaal van elektriese lading in staat stel om soos water in 'n tuinslang van een punt na die ander te skuif afhangende hoe hoog jy die een punt hou, maar hoe kapasitors die krag letterlik uit die lug kan haal om hulself stadig oor tyd te laai, dit is vir my pure magic.  Maar terug na daai tuinslang, dis eintlik die verkeerde vergelyking, 'n inspuiting is nader aan die waarheid, soos jy agterkom het toe jy deur 'n kapasitor geskok is, die goed raak blitsvinnig van al hulle lading ontslae, en DIS presies wat die mense wat elektriese karre bou, mos soek -- 'n vinnige lading vir pap batterye.
So ek is baie opgewonde oor die voubare kapasitors -- en jy moet die videos kyk -- die materiaal buig 180 grade. Dit meen mens kan nou al die holtes in die wande van jou elektriese motor vol kapasitors konsertina, en die klomp potensiele energie sal dan weer jou battery vinniger volmaak as wat jy tans jou tenk by die vulstasie kan doen.
Van vulstasies gepraat, met petrol wat nou al R1000 vir 'n tenk beloop, waarsku die polisie vulstaises word al hoe gevaarliker wyl ons land vol honger jong mense is wat nie skroom om te skiet vir kontant nie. Ek meen amper ons petroljoggies moet koëlvaste baadjie kry.       

Ons het gister die luisteraars beloof ons vertel hulle van koëlvaste klere en karre -- waar het mens sulke goed nodig -- Johannesburg?
Nee, Caracas,  die  hoofstad van Venezuela, het tans vir Kaapstad en die Hondurras ontroon as die gevaarlikste stad op aarde. Die plek is soos Angola -- super ryk olie baronne en brandarm gepeupel, en die gepeupel ontvoer en moor na hartelus -- die regering sysfers daar is 65 moorde N DAG!. Ontvoerings van Vee Aai Pees wat die nuus maak beloop  drie 'n week. En die is regering syfers nê, so jy kan dink hoe erg dit eintlik gaan, die dat mense daar koelvaste baadjies teen so R10,000 stuk dra, en vir R100,000 sit hul koëlvaste alles in hulle karre sodat hulle veilig by die parties kan kom. Want die ander ding van Venusuela is die parties. Soos dit maar in arm lande gaan waar die rokkies korter word soos wat die beursies leger raak, is Venezuela ook die land met die meeste plastiek tieties en Mejufrou Wêrelde.  
Die mens kan vertel wat hulle wil oor hoe gevaarlik Kaapstad is, maar die gras is in die geval defnitief groener aan ons kant van die N1.

Gepraat van die gras wat eintlik diekant groener is, op twitter is daar nou 'n haastag my-pad-is-erger-as-joune, en dis in Lagos wat die mense so kla. Waar in Suid-Afrika meen jy ons paaie is slegter?
Jy meen erger as Napier se dorpspaaie na al die reen? Kyk, jy vra nou 'n vraag met stywe kompetiese vir die antwoord. Die N14 doer in Noordwes van Sannieshof af gee die lorriemanne nog steeds nagmerries lank na hulle nie meer daar ry nie, maar doer in Mpumalanga is die stuk pad tussen Bambi en Lydenburg wel, wat rym met pad?
Om van die klaaglike Vrystaat regering se paaie doer om die wes grens van Lesotho en verder oppad Memel toe, nie eers te praat nie! Jy wil versker nie 'n nuwe kar op die paaie ry nie.

Luister, ons moet darem seker iets oor nuwe karre ook gesels, wat is aan die gebeur in die wêreld van groot skuld en blink metale?
Ek was onlangs op twee lorrie bekendstellings, met Iveco en Renault wat nou albei aanspraak maak op sterkste lorries in Afrika. Ek lag in my mou hieroor, want eintlik sal die Russe ons gas gee met hulle Gaz lorries. Die goed is stêrrek.

Van sterk gepraat, Datsun se nuwe Go motortjie is toe nie so stêrrek in Indïe se botstoete nie?
Die Go is net so sterk soos die Polo en die i10 en die bes verkopende Honda Brio, die vraag is hoeveel geld wil jy betaal vir iets wat in elk geval ophou werk bo 60 km / uur, want dis bo die spoed waar net 'n mirakel jou aan die lewe sal hou in 'n kop aan kop botsing wat die spoed nou oor 120 km / uur maak.
Soos eergiseraan op die N1 waar twee manne -- toevalling in Renault en Isuzu lorries, morsdood is in 'n kop aan kop.
My argument is gooi weg die lugsakke, sweis in plek daarvan 'n assegaai se punt aan die stuurwiel vas sodat die skerp puntjie net net jou bors raak, en kyk dan hoe veilig ry almal skielik.

Ja nee, van 'n Datsun Go tot 'n duur Mercedes sal almal oppas, ons tyd is om en ons speel uit met 'On the Road Again'.