Search This Blog

Wednesday, May 27, 2015

Overberg précis


The Hilux has come a long way, but remains South Africa's
top-selling vehicle, like the Ford F150 is in the USA. 
Vandag op Overberg Wiele speel ons raai raai, met die eerste raaisel -- wat was SA se top verkoper voertuig laasjaar? 
Hilux het in 2014 37561 eenhede ter plaatse verkoop, dis meer as 120 n dag, Sondae uitgesluit in 2014. 
Nuwe ene nou in Tailand, waar hulle net so bakkiemal is soos ons. Nou wil ek net duidelik stel, ek is nie anti-Hilux nie. maar anti-bakkie. 
Ek meen paneelwaens bied beter oplossings, want jou vrag is klaar toe en jy kan maklik in die laairuim kom, maar duidelik beteken my opinies niets, seinde al my pelle in Hilux bakkies ry omdat hulle meen hulle kan maklik goed
laai en die kinders inpas.

en die die tweede raaisel: Hoe kan suikerlorries jou die winter warm hou?
Timber24 runs the second-longest lorries on South Africa's roads.
Timber24 het tweede langste lorries in die land, ry van die suiker in jou warm beker tee, tot die hout wat die dak bo jou kop hou en die hout wat die sementsak word wat jou stene vashou, aan.
So, daai lang lorries gee jou tee en skuiling, maar die tegnologie om swaar vragte te ry is die wonderlike ding vir my. Wettig aan te ry, ek meen. Ons kan gerus ons boere met die oorlaaide waens kry om die voorbeeld te volg, sodat ons nie die teer uittrap op warm somersdae nie, want mense, sonder paaie het ons nie 'n ekonomie nie. 
Richard's Bay Minerals runs the longest road trains in South Africa.
Ons vreemde wiel die week is 'n elektriese winkeltrollie. 
Israeliet wat een van daai hoekom-het-ek-nie-hieraan-gedink idees gehad, en 'n motor in een wiel gesit wat 120 kg kan dra. Dis gemik op ou kugels in Israel wat eerder op 'n Zimmerraam moet leun, maar ek meen die idee gaan nog posvat rondom die aarde.
Seker met gps?
Nog nie, maar dit kom, ek lees graag wetenskap fiksies spesisiek om te kyk watter voorspellings oor vervoerstelsels gemaak word, en toevallig so paar weke terug lees ek van slim winkeltrollies wat self pryse oplei en jou vat na die rak waar die ding is wat jy soek. Als op wiele gaan mettertyd gps kry Merc het juis gister aangekondig hulle is met groot gps groep in bed om hulle karre te plaas en basies in groot selfoon te verander. 
Daar het ons dit, als van die langste lorries tot toekomstige winkeltrollies, net hier op Overberg Wiele, waar ons die die kloutjie agter die oor kry.