Search This Blog

Tuesday, June 2, 2015

Overberg précis

The Bolero Maxitruck, now stripped of all creature comforts.
Why, Mahindra, why!?
Mens kry bakkies en bakkies. 
Party is net goed genoeg om rice crispies uit te eet, ander kan lorries sleep. Vandag op Overberg Wiele hoor ons watter bakkie tans die heel minste bied, en watter ene die verrassende wending is.
--
Watter bakkie bied die minste?
Sonder twyfel is dit die Mahindra Maxitruk -- dis werklik 'n ironiese naam daai, want daar is die absoute minimum in die sg. maksi bakkie.
Nou is dit vir my amper pynlik om iets teen die Bolero te sê, want die Maixtruk is eintik die uitsondering op die reel -- soos daai drug addict nefie in 'n andersins goeie familie met die waardige oom Mahindra Scorpio wat steeds Suid-Afrika se bargain bakkie is.
Maar wat die Maxitruck betref, die bakkie is so karig ingeklee dat ek nou omverskoning moet vra aan die ouens van Nissan, wie ek laasjaar so gekritiseer dat hulle so min gemakgoete in die Nissan Patrol se kajuit gesit het. 
Mahindra se boekhouers het nou Nissan se Patrol ontwerpers onttroon en stel die nuwe laagtepunt in ongemak. 
Die maxitruck bakkie bied werklik niks om die lewe vir die bestuurder makliker te maak nie.
Daar is byvoorbeeld nie eers luggate nie -- die enigste manier hoe jy lugvloei in die beknopte kajuit kry is om die venster oop te draai. 
Die kiersregop sitplek kan skuif, maar die kort kajuit laat net 'n cm of twee toe, wat meen langer bestuurders sit steeds met hul kniegge teen die paneelbord.
Die hele paneelbord is hol wel 'n fasade van vals knoppies. Jy het letterlik net hefbome vir die flikkers, ligte en ruitveër.
As jy die passasiersdeur wil oopsluit, wel, jammer vir jou, daar is net EEN sleutelgat, en dis in die bestuurder se deur. 
Maar midde al die gestroopde spartaansgeit is daar 'n lawwe harde plastiek houertjie aan die bestuurder se deur wat lyk geen ander funksie het as om in jou knieskuif in te sny. 
G'n mens kon my sê waarvoor die plastiekhouer is nie, dis te klein om 'n selfs pakkie sigarette te hou en die feit dat een of ander poepol die ding presies daar gesit het waar dit in mens se knie sny is onvergeefbare swak industrïele ontwerp. Dit wys mos vir die lede van die kommittee wat besluit het om soveel moontlik geld met die bakkie se bou te spaar,  voel 'n veer vir my as bestuurder.
Wat die prys betref, Mahindra gee jou wel 'n betroubare ou turbo enjin onder die kap en 'n groot 3 meter laaibak agter die klein kajuit, als vir onder die hondert ag-en-twintig-duisend rand.

This is what a bargain bakkie looks like, but get the 4x4.
Ek koop ek eerder vir my 'n demonstrasie JMC bakkie tweedehandse bakkie vir dieselle geld, want dan weet ek minstens my bestuurder sal gemaklik kan werk. Of spandeer so R40 duisend meer en koop die uitstekende, EN gemaklike Mahindra Scorpio. 
DAAI's nou 'n bakkie wat jou sal laat verstaan hoekom ek so van die nuwe Mahindras hou.

Die JMC bakkies, terluiks, is seker een van SA se bes bewaarde geheime, veral nou dat die Ranger vir die twee maand die Hilux onttroon het as SA se gewildste bakkie.
Ons kom nou nou terug na die JMC, want ek moet net vir al die Ford manne wat nou NOG verder van hulle elmboë af loop, daarop wys die Ranger is wellig net die top verkoper omdat al die Hilux manne wat weet, tans vir die nuwe Hilux wag wat volgende jaar doer in Durban gebou gaan word. 
If you HAVE to compensate, this previous-generation
Ranger from China is a pick-up offers good value.
En wyl ons van Ford Rangers praat, die JMC Vigus is ook ene. JMC bou die Ford enjins in China en die Vigus is onder die kap die vorige model Ranger wat ons nog steeds as die Everest kan koop.
En gaan kyk gerus na die Sjinees -- jy sal sien die neus is pure Mazda BT50 en binne die kajuit kan die Mahindra boekhouers alles leer van gemaklike items op 'n begroting insit.

en veilings, kan mens daar gaan wiele skop?
Man, Carike, ja. Die groot veilingshuise is goeie plekke om bargains te kry -- mits jy weet wat jy soek en MITS JY KONTANT KOOP.
Kan ek daai laaste deel herhaal -- jy koop nie veiling motors op skuld nie.
Om te weet wat jy soek kan op hulle webwerwe die week se motors onder oënskou neem
en dan MOET jy verseker jou kortlys se wiele gaan skop sodat jy nie op die dag blind gaan bie nie.
Want onthou, die sogenaamde Consumer Protection Act geld nie vir privaat verkope en vendusies nie.
Daar is nie afkoel klousules nie en jy koop jou voertuig voetstoots, wat meen as daai hammertjie afkom en die bod op jou toegeslaan word, mag jy nie as jy agterkom die kar werk nie, sê jy willie meer die wiele hê nie.
Al die karhandelaars wat daar koop het ook 'n truuk om die kommisies en admin fooie als in die hoogste prys wat hulle bereid is om te betaal, in te sluit. So bly jy rigied ONDER jou begroting.
Onthou een ding van veilings, dis die afslaer se werk om jou te kry om jou kop te bly knik sodat jy met als behalwe 'n bargain daar uitloop, en van die afslaers kwyt hulself baie goed in die taak.

Hoe kies mens 'n bakkie?
Daar is drie dinge waarvoor jy kyk: jy soek deesdae meer as 200 meter Newtons van net so oor 1200 toere uit die enjin, jy soek 'n 4x4 met lae strek, nie 'n All Wheel Drive nie, maar 4x4, en moet die wiele kontant kan koop.
Dis nou in die aanvaarding dat jy nie die klaaglik Spartaanse Bolero bakkie kry nie, want jy soek darem ook dinge soos gemaklike sitplekke, windgate en dakliggies.
Want vra jouself, hoekom koop jy 'n bakkie. Ek is een van die mense wat meen jy koop 'n bakkie net omdat jy minstens een keer 'n week in modder of sand moet ry om vrag af te laai, en dat bakkies moet WERK. 
Bygesê, ek ken twee ou boere wat met net 4x2 en 'n stel sneeukettings elke reen-seisoen die nat-gras modderbulte op hul plase uitkruie, so jy't nie altyd nodig om vir 4x4 te betaal nie. Maar dis handig om te hê as jy so maklik soos ek kan vasval.
Wat ek glad nie vestaan nie, is dubbelkajuite as familiemotors, ek is defnitief nie deel van daai kerk se mense nie. As jy 'n bakkie moet koop, kry 'n werksesel, en die vervaardigers het 'n intreevlak 4x4 waarmee jy kan geld maak in plaas van mors. 

The Iveco Daily 4x4 single cab, now THIS
is a workhorse.
Watter is die beste bakkie?
Die beste bakkie is altyd 'n paneelwa.
In my boek is daai paneelwa tans die Iveco Daily 4x4, maar jy kan net so maklik die Hyundai H1 paneelwa met of sonder 'n tweede ry sitplekke aanskaf.
Met 'n paneelwa is jou vrag klaar beskerm teen die weer en gesluit teen die skelms,
jou laairuim is onder kniehoogte so jy hoef niks spiere te rek om bo oor hoë laaiwande te strek nie,
en die crewcabs het meer plek as in enige dubbelkajuit bakkie vir vyf insittendes en hulle bergfietse agter in.
En die lang as afstande en relatief ligte bakwerk meen jy draai en stop in veel minder spasie as 'n dubbelkauit bakkie,
My preek vir al die broeders wat nog in die dubbelkajuitkerk is, sien die lig en gaan paneelwa swaer.
As jy eers een keer met 'n paneelwa gewerk het, gaat jy nooit terug na 'n lomp, stadig-om-te-stop, moeilik-om-te-draai dubbelkajuite toe nie.

The Ripsaw, for the man who already have oil wells. 
Jy het nou 'n ding begin met jou weeklikse weird wiele, so ons kan jou nie laat gaan sonder om te hoor wat is die vreemdste goed die week rond rol.
Dis die luukse, blitsige "Ripsaw", 'n voertuig wat die Ingilse weermag 'n gun noem -- in Ingils is 'n "gun" mos 'n tank, en 'n "rifle" is wat ons 'n geweer noem.
Vir die wat wonder wat dryf die wa aan, die konsep model wat die week gewys is, het 'n reguit 8 turbo diesel met 650 perdekrag, maar Howe en Howe vertel jy kan enige enjin insit wat jy kan bekostig, en jy sal ses maande moet wag wyl die wa volgens jou behoeftes gebou word. 
Die vreemde tank is egter met sy standaard diesel vinnig genoeg om wheelies te pop en self op daai kruiptrekker wiele te "drift". Weliswaar net op 'n ysmeer na die tenk teen amper 140 km in 'n draai gegooi word, maar neem in ag kruiptrekkerbande hou tot ys vas, so dis nogal indrukwekkend om op YouTube te sien hoe die tank skuins gehou word deur 'n draai.


Binne in die wa het als wat luuks is binne en tot twee deure wat soos 'n seeumeeu se vlerke bo die kajuit oopvou in die beste superkar tradisie.
Die blitsige tank word deur Howe en Howe Tegnologies gebou, en is gemik op die man wie se boorgate ru-olie uit pomp, so moenie eers vra wat die kos nie. As hy moet vra, kan jy dit nie bekostig nie.