Search This Blog

Thursday, January 23, 2014

Dakar is nie 'n resies nie, dis 'n reis


A mechanic clean sand off a T4 truck axle in the Dakar 2014. 
Die mede-bestuurder in vanjaar se vinnigste ondersteuningslorrie in die Dakar, Albert Geel van Pretoria, het nie geskool om te filosofeer nie.
Instede het by by Tuine Tek in Pretoria van spênners geleer. Maar vra hom hoekom hy weer die kans aangegryp het om vanjaar sy derde Dakar te ervaar, dan soek die 26-jarige renmotorspesialis eers woorde om te verduidelik hoe die wêreld se taaiste veldren nie ’n resies is nie, maar ’n reis om jouself te vind. 
“Die Dakar is die swaarste tyd in jou lewe, jy word liggaamlik en sielkundig heeltemal uitgeput. Maar jy kom baie sterker en baie nederiger terug van die Dakar.”
Te nederig hoef hy egter ook nie te wees nie – danksy Imperial Toyota se betroubare Hilux renbakkies met goeie jaers agter die stuur was die span se T4 ondersteuningslorrie by verre die vinnigste oor die hele ren, en die derde-vinnigste 6x6 vragmotor in die Dakar.


Fans pose as close as possible as Ales Loprais race his Tatra
during stage 7 through Chile in the 2014 Dakar
Geel werk al van net na sy matriek eksamen onder leiding van Glyn Hall, Suid-Afrika se voorste bouer van veldrenmotors en deesdae deel van Toyota Motorsport. Grootbek soos net ’n Tuine Tek matrikulant, het hy sommer vir Hall trompop geloop en gevra wanneer kan hy vir hom begin werk.
“My grootmaak pa, Frikkie Tennant, het ook renmotors gebou en ek het van kleins af saam gegaan na die rallies toe en appy gespeel,” vertel hy. Geel is wees gelaat toe vier jaar oud is, het sy ma se broer, Tennant, het hom geskoei en geskool.
Soos ’n “goeie Pretoria seun” het hy jonk getrou met sy eerste liefde, Nicole, en hulle het ’n dogtertjie Chantoné (3).
Albert Geel plans to go back for more head-cleaning
Dakar suffering in 2015.
Geel vertel Hall het hom vroeg laasjaar, terwyl hy die span vir vanjaar se Dakar saamgestel het, gevra of hy in die T4-3 lorrie wou ry in plaas van om weer in die bivouac vir die jaers te wag. “Ek het dadelik ja gesê, maar ek het nie ’n idee gehad waarvoor ek myself ingelaat het nie!”
Hy was die groentjie in drie-man span wat in hul T4 6x6 Mercedes-Benz rentrok onderdele vir verskeie motors en motorfietse, van enorme skokbrekers vir die trok tot wiele vir drie KTM motorfietse, agter die jaers aangejaag het. “Meeste handelaars in Suid-Afrika dra nie soveel onderdele as wat ons op die lorrie moes saam ry nie,” vertel Geel.
Die twee-weke lange Dakar het elke dag 4 am vir die jaers begin, met ’n yskoue stort in die woestynnag se koue. “Maak nie saak hoe moeg jy is nie, daai stort maak mens goed wakker!”
Na 'n vinnige ontbyt van pasta en tamatiesous word daar in die lorrie ingebelt om dan tot na middernag of onophoudelik te skud, of naarstiglike herstelwerk te doen op motors en motorfietse wat in die woestyn onklaar geraak het. 
“Dit skud so, jy kan nouliks jou hand en jou mond bymekaar kry, maar naderhand word mens honger genoeg om ’n energie staaf in die kies te prop.”
Saam met die gestamp kom noodwendig beserings, en Geel moes ’n paar keer op die span se chiro-dokter se bed gaan lê vir ’n rugwerwel wat begin pla het. Dis sulke tye wanneer elke Dakar-jaer stilweg besluit, “nooit weer nie, dis net te swaar”.
“Maar dan kom jy huistoe en jou kop is so skoon soos die blou hemel bo die woestyn en jy weet jy het baie swak plekke maar dat jy hulle elkeen kan wen... So, ja, as als uitwerk is ek verseker volgende jaar weer daar.”
The famous Iquique descent drops the Dakar racers from a 3km
altitude to sea level in about 3 km. The trucks go down here too.
Hy verduidelik dat die T4 ondersteuningslorries op presies dieselde roete as die motors jaag, en die minute waarin herstelwerk vir hulle span gedoen was, word as rentyd gereken. “Maar ons bakkies breek mos nie sommer nie. Waar die ander T4 lorrie spanne ure spandeer het om hulle karre reg te maak, of ver gaan verdwaal het tussen die duine, het ons net agter die Hiluxe aangejaag; en ek sweer my bestuuder, Arnaud (Missaggia) kan deur duine sien, want hy het elke een presies reg ‘gecrest’ sodat ons nie daar afrol nie.
Geel benadruk die duine doer in Argintinïe en Chilie laat ons Namib s'n soos babaduine lyk. “As jy bo is, lyk die trokke onder soos miere.”
Om ’n Dakar te ry was een van sy drome. Lorries is ’n ander. Geel sê hy het nog nie sy trokliksens nie, maar dis volgende op sy emmer-lys vir die Dakar. Dan kyk hy ook deur duine soos 'n regte Dakar ridder.
Carried in Die Burger and Beeld.