Search This Blog

Tuesday, January 21, 2014

Only the half an ape in us buy cars

Transcript of weekly Wheels broadcast in Afrikaans on Radio Overberg, flighted We 22 Jan 2014. Discusses Dakar's fastest T4 truck drivers, the human instincts that drive new car sales, and the new Rolls Royce Ghost V-spec. Plays out with 'Brand New Car' by the Rolling Stones.


Host Gideon Joubert Q Soos elke Woensdag die tyd het ons ons trokdrywerskrywer vriend op die lyn, en ek sien ons gesels vandag oor peperduur karre en daai sosiologiese dryfvere wat mens die goed maak koop.
Maar voor ons begin, Alwyn, kon jy toe opspoor wie is daai Suid Afrikaanse trokdrywer wat so goed gedoen het in die Dakar?

Alwyn Viljoen: Ja, hy is Albert Johannes Geel, 'n jong man van Pretoria en 'n ware Dakar ridder, een van drie mechanics wat die ondersteuningslorrie vir Imperial Toyota se span gery het. 
Behalwe vir mechanic speel, moes hy die 6x6 Mercedes lorrie twee weke lank oor meer as 9500 km se berge en woestyne duine navigeer en langs die roete vele jaers bystaan. 
Oor die rendele was sy span by verre die vinnigste ondersteuningslorrie, hulle het in net onder twee-honder-sewe-en-twintig uur die hele Dakar gejaag, 'n hele drie-en-veertig uur voor die twee lorrie en twee-en-sewentig uur voor die derde ene op die podium.

Q Nou verstaan ek reg, jaag die ondersteuningslorries in die Dakar resies oor dieselfde roete as die karre? 

A Ja, hulle moet mos daar wees as die kar jaers opgee en die uitgesleep moet word, maar hulle mag net meganiese hulp gee op die stukke tussen die rendele, die sogenaamde "link stages".  
En maak nie fout nie - vanjaar se Dakar was die taaiste nog, minder as die helfte van al die jaers wat ingeskryf het, kon klaarmaak.

Q Ek dink ek is saam met baie luisteraars as ek nie verstaan wat dryf die mense om die wilde avontuur aan te pak nie. Gepraat van dryfvere, jy't laas belowe om ons meer te vertel van die menslike instinkte wat ons noop om karre te koop.

A: Hoeveel tyd het ons, ek kan heeldag hieroor gesels! Maar in 'n neutedop gestel, die guru op die onderwerp, Robert Audrey, het geskryf die mens se aard is half gevalle Engel, half opkomende aap. 
En die opkomende aap in elkeen van ons werk op baie streng morele reëls, wat ons instinkte noem. 
Die belangrikste instink is om eerstens jou groep se gebied teen mededingers te beskerm, en dan as die grense veilig is, die lede van die groep teen goete wat hulle kan seermaak. 
In die groep het elke aap natuurlik sy rangorde, en die halwe aap in ons is tog te gelukkig as hy of sy presies weet waar op die rangleer om te sit. 
Om ons status te wys, gebruik ons status simbole, en die afgelope honderd jaar is 'n blink motor die mens se eerste keuse om vir die ander te wys nie net aan watter groep jy behoort nie, maar hoe hoog jy in daardie groep se boom sit. 

Q So wat sê jy nou - dat net ape karre koop? 
A Jip, en dit maak my een van die grootste ape, met al die karre wat ek al gekoop het! Maar ja-nee, so het my oorle oupa ook altoos gesê, net ape koop karre, maar hy het uit 'n ander hoek as ek die selfde slotsom bereik - hy kon maar net nie aanvaar dat sy motorkarre so vinnig waarde verloor nie. 
Die dat hy jare lank sommer met sy stroper gery om te om waar hy moes oes - die wiele moet hulleself betaal, het hy altyd gesê.

Q En die halwe Engel in ons - wat doen die as dit by karre koop kom?
A Die halwe Engel in ons - en hierde is nou my persoolike siening nê - lyk my koop juis NIE karre nie, maar bou eerder stede om kerke in te sit en dan oorlog te maak oor wie nou eintlik die regte Jirre dien. 
Gelukkig vir die mens dan dat ons wel 'n halwe aap in ons het wat daai tweede-belangrikste gebod nakom, om vir die naastes in die groep lief te wees. 
...maar genoeg oor die instinkte wat mens laat karre koop, kom ons praat eerder oor die blinkste kar wat net tot Julie nog gekoop kan word.

Q Wat is DIE blink kar - 'n Rolls?
A Hoe't jy geraai? Maar dis nie sommer enige Rolls nie, dis die Ghost V-specification, 'n 6,6-liter, V12 monster wat Rolls Royce nou spog die sterkste Rolls in die stal is - maar as jy ene soek, moet jy spring. Hulle vat bestellings net tot in Julie.

Q Durf mens vra wat kos Rolls se nuwe Spookwa?
A Soos hulle in die Daytona Groep - wat die karre invoer - vir jou heel polite sal vertel, "meneer, as jy moet vra, kan jy dit nie bekostig nie". 
Maar ek weet wel dat die Rolls Royce Wraith, waarvan daai Durban se tenderpreneur egpaar mos in Desember sommer twee gekoop het, kos oor die agt miljoen rand stuk. 
Die Ghost sal natuurlik duurder wees.

Q Meer as agt miljoen, vir 'n kar!? Gelukkig sit ek klaar, anders het ek geval. Ons tyd is uit - watse wiele nuus gaan soek jy vir ons vir volgende Woensdag? 
A Nie wiele nie - maar wiel - ek kom vertel oor die wêreld se nuwe een-wiel motorfiets. 

Q Genugtig. En jou musiekkeuse om mee uit te speel? 
A In ere aan daai Rolls Royce, Rolling Stones se 'Brand New Car' ...mmmh, smells like caviar...

[music starts] Dit was ons trokdrywerskrywer vriend Alwyn Viljoen, met nuus en insigte oor wiele wat jy nêrens anders sal hoor as net hier, op Radio Overberg 98,4.