Search This Blog

Tuesday, July 1, 2014

Radio Overberg précis

To save fuel, start thinking about sharing rides.
The talk covered SA's most frugal driver heading to Sweden to compete in Volvo's World Drivers Fuel Challenge in mid-September;
- an insurer's driver challenge that will give out R1 million in fuel vouchers; and
- a few novel ways to save fuel, like ride sharing, syndicate car ownerhsip, and changing driver habits.

Daar stop hy nou, ons trokrywerskrywersvriend Alwyn Viljoen.
Terwyl hy mooi al die veiligheidsreëls nakom deur stert eerste trappie vir trappie met die lorrie se leer af te kom, wonder ek 
hoeveel mense weet hoe swaar lorries op brandstof is?

Alwyn, hoe ver loop 'n lorrie op 'n liter diesel?
Man dit is mos nou die miljoen dollar vraag daai.
Die lorriemanne werk  almal op persentasies -- want dis so goed jy vra my hoe lank is 'n stukkie tou.
Maar afhangende van jou vrag se gewig en die hellings op jou roete kan jy mik om tussen 2 en 3 kilometer per liter diesel uit 'n tipiese superlink oor 'n 600 km roete te kry. 
Dit hang natuurlik af of jy heeltyd berge ry == soos die ouens wat Durban-Johannesburg hardloop -- 
of meestal plat en afdraands -- soos die Mpumalanga-Kaap roete. 
Maar vir 'n pad met ewe veel oppe as awwe is tussen 2 en 3 km per liter normaal, enigiets meer as dit is bonusse werd, enige iets onder dit vra vir meer bestuurdersopleiding en 'n smeer diens.

Jy preek altyd oor smeerdienste, maak olie 'n groot verskil in enjins?
Olie is vir 'n enjin wat bloed vir jou lyf is. Vuil olie is so goed soos hoë cholesterol -- jou voertuig gaan 'n hartaanval kry.

Nou watter olies is die beste?  
Sjoe, daar's nou 'n kort vraag met 'n laaaang antwoord. Ons het so 'n week nodig om te gesels oor die verskillende viskositeite in die winter en somer asook bymiddels, so kom ek sê in 'n neutedop nuwe motors soek deesdae multi-graad sintetiese olies omdat hulle niks neerslag los nie, maar ou motors moet hoë kilos soek weer 'n mengsel van semi-sintetiese olies wat dikker is om al die uitgewerkte gapings vol te pak. 

Maak temperature 'n groot verskil?
Jaaa dit doen! Dink aan goue stroop. Op 'n koue dag kan jy die stroop amper nie uit die blik kry nie, op 'n warm dag sukkel jy weer om die stroop op die mes punt te hou. Dieselfde gebeur in die enijn, koue dae is daai olie so dik, die krukas kan amper nie draai nie; en op warm dae vloei dit so vinnig dat dele van die enjin nie behoorlik smeer nie.

Nou hier in die Overberg het ons mos meestal matige temperature -- waarvoor kyk mens op die kannetjie?
Vir multigraad sintetiese olie moet daar twee nommers op die kant wees, met 'n W vir Winter in die middel. Die nommer VOOR die  W wys hoe smeer die olie as dit koud is en moet kleiner wees, die nommer NA die W wys hoe goed smeer die olie in die hitte van die stryd, en moet hoër wees. 
Vir ons doeleindes is 'n 5 wee 40 sintetiese olie reg vir elke nuwe enjin, en daar is twee handelsname wat ook goeie olies vir ouer enjins maak. 

Kan mens glo wat op die kant van die bottel staan, ons het mos 'n ruk terug hier op Wiele gewaarsku party van die bymiddels is so goed soos hoendertand-olie?
Vir die bekende olie-maatskappye kan mens aanvaar dit wat op die kant van die kannetjie belowe word, sal waar word ja, maar dit geld nie vir alle bymiddelmakers nie, nee.
Die oliemaatksappye se fortuine is mos groot genoeg dat die prokurowers hulle gou sal dagvaar as selfs die kleur van die olie op die prentjie nie lyk soos die olie in die houer nie. Maar die bymiddels se vervaardigers is soms kleiner en armer en die prokurowers sien nie wins daarin om hulle beloftes te toets nie.

Maar terug na Suid-Afrika se top lorriebestuurder wat in Swede gaan meeding. 
Wie, wat, en wanneer?
Die man is Reggie Naidoo, 'n eienaar bestuurder van Hark Logistics in KwaZulu-Natal, 
Hy het laas week die minste brandstof gebruik in die plaaslike been van se Volvo internasionale kompetiesie.
Die mannse moes met 26 ton in 'n nuwe Volvo FHS 'n dag se werk doen, en is deur die Volvo Dyna vlootbestuurstelsel gemonitor.
Nou moet ek eers vir luisteraars verduidelik hoe slim die goed op lorries deesdae is, want dit gebruik 'n gps en topografiese kaart om die lorrie heeltyd presies vinnig genoeg te maak, dit sal bult af die lorrie self effe versnel om die momentum bult op te  behou, en driekwart bult uit weer van die pedaal afkom sodat jy met die momentum tot bo kan kom sonder om te vinnig aan die anderkant af te wees.
Reggie het die Dyna stelsel die beste gewerk en gaan nou soos 'n wafferse Springbok lorrieryer einde September doer in Gotenburg, in Swede, teen  25 ander lande se bestuurder meeding -- in die World Finals of the Drivers’ Fuel Challenge World Final 2014.

Ek hou van daai Springbok lorriebestuurder.
Jip, let wel hy is nie 'n Springbok nie -- maar SOOS ene.
Ek moet byvoeg die manne van KaaZettEnn het goed gedoen in die Volvo kompetiesie, met die tweede plek aan Tshepo Leshope van Willowton Logistics in Pietermaritzburg, en William -- ek meen Willem -- Briedenham van Leon van Vuuren Bulk Logistics van Potchefstroom is derde.

En dan meen jy daar's 'n versekeraar met 'n plan vir padveiligheid?
Ongelukkig 'n baie elistiese plan wat net op mense met die slimste van slimfone en baie lugtyd gemik is, maar mynsinsien het die groep -- hulle adverteer nie maar kan ons hulle naam een keer noem?

Net een ja
[Fluister] D i s  "D i s c o v e r y" [/fluister] met hull Driver Challenge app 'n stap in die regte rigting gevat om ons paaie veilig te maak.
Die kompetiese werk soos die tree-meters en draf-meters en gebruik jou slimfoon se gps en ander metertjies om te monitor presies hoe, waar en waanner jy ry en geen dan punte vir hoe min risiko jy het.

Nou wat meen jy met net die slimste slimfone?
Jy moet Android 4.0, met die versnellingsmeter, 'n  giroskoop, GPS, Wi-Fi en ander hardeware sensors hê. Dit meen  die iPhone 4 en op met iOS 7 of 'n jonger platform; 
die Samsung Galaxy SIII Mini of jonger, en die HTC 1 of LG G2. Hulle lys ook die Sony Xperia maar ek kon nie die app my kleinste Xperia ST27i aflaai nie.

Wys jou net, size matters. Die grootter Experia het al die goeters wat jy soek. So, watter pryse sou ky kon wen as jy die regte foon het vir die kompetiesie?
Wel, dt being met 'n warm gloed as jy beter as enige van jou vrinne ry, en dan is daar in totaal een miljoen rand se petrol wat 'n klompie liter op 'n slag weekliks tot einde Agusustus landwyd toegeken word, en dan is daar die groot prys, jy en drie pelle by die F1 in Monacco vanjaar.

So, een miljoen rand se petrol sal net agt weke hou? Dis hoe duur die voggies deesdae is, en die prys het natuurlik middernag aand weer op, vir almal van julle wat nog nie volgemaak het nie. Alwyn, hoe spaar ons petrol.
Die twee beste tegnieke wat ek van weet, gebruik een vinger en een van daai blokke groen Sunlight seep?

Sunlight seep, dit klink na 'n foefie -- vertel meer
Nee, eers die een vinger truuk om petrol te spaar. Jy vou vier vingers teen jou handpalm vas sodat jou duim vingerorent staan, dan gaan staan jy langs die pad en waai die duim rond. .
Serijas, die beste manier om petrol te spaar is om iemand ander se kar te ry, so ry bus, ry taxi of ry sels fiets. 
As dit nie vir jou werk nie, vat die wysvinger en draai dit in jou oor om 'n kopskuif te maak, en begin dink om jou kar in 'n sindikaar met ander mense te deel. 
Sindikaat karre verg van ons Suid-Afrikaners om 'n groot kopskuif te maak, want dit perk ons onafhanklikheid in, maar oorsee besit al hoe minder jong mense hulle eie kar, en is daar baie besige webwerwe wat veral studente wat leë sitplekke het, opmatch met mense wat sitplek soek. En dan is daar baie ouens wat hulle bakkies en lorries uithuur -- dit gaan al hoe meer met karre gebeur soos wat mense besef dit is sinneloos om soveel te betaal vir 'n ding wat 22 uit die 24 uur net staan, 

Goed, dit is als baie rasioneel en logies. Vertel nou hoe kan 'n blok Sunlight jou petrol spaar?
Maklik, jy sit hom onder jou petrolpedaal sodat jy nie meer so diep kan trap nie.
En as jy nou toevallig in gaatjie in jou kezaust het, kan jy met die seep die gaattjie tydelik toestop ook, alhoewel daar 'n argument is dat 'n freeflow kezaust eintlik meer effektief is as een met katilastors in. 
Serijaas weer, as jy moet ry, ry in 'n motor met skoon olie en filters, veral die lugfilters op ons stofpaaie.
Hou jou toere tussen 2 en 3 duisend revs per minuut en druk daai ratkieire so gou moontlik in die hoogste rat, en raak dan rustig.
Hoe vinniger jy ry, hoe harder word die lug voor jou, en die kurwe klim eksponensieel,
So, sit die radio op Overberg se lekker rock musiek waarvoor ons bekend is, sit terug en as jy ongeduldig raak, dink net hoe jy met elke kilometer wat jy stadiger ry, die regering wat jou so oorbelas, en die Arabier wat jy tans twee keer te veel vir ru-olie vra, deur die ore werk met al die brandstof wat jy spaar.

Hoeveel brandstof kan mens so spaar?
Deur net rustiger te ry, gaan jy minstens 12% minder brandstof gebruik -- die ouens wat al daai beloftes op die hoendertandolie-bymiddel se botteljies maak, weet dit, en die goedgelowige mense glo dan dis die sappies in die botteltjie wat werk, eerder as hulle rustiger ry. 
Maar as jy nou die dag begin oplet na windrigtings om saam met die win te ry en jou momentum so ver as moontlik behou deur die brandstofpedaal net hier en daar te kielie soos 'n ervare lorrie bestuurder, kan jong latte wat altyd so vinnig as moontlik ry, skielik met 'n halwe tenk dieselfde doen as wat hulle met 'n vol tenk kon doen.   
   
Alwyn, tyd is uit. Ons speel uit met "Car Crashes" van Standfast. Net hier op Overberg se Wiele hoor jy van hoendertandolie-beloftes, tot hoe om met 'n koekie Sunlight seep brandstof te spaar. Tot volgende week Woensdag, wanneer ons weer eksklusief als wat nuut is in die wiele wêreld hoor.